SUT-student verkrag

Argieffoto bloot ter illustrasie van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein. (Foto: SUT/Facebook)

ʼn Student aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein (SUT) is oor die naweek verkrag.

Die student se vermeende verkragter is reeds in hegtenis geneem.

Die universiteit het geen besonderhede rakende die voorval bekend gemaak nie.

Prof. Alfred Ngowi, waarnemende visekanselier by SUT, sê wel in ʼn verklaring die universiteit se bestuur is Saterdagoggend van die verkragting in kennis gestel. Die universiteit se welstandsentrum bied sedertdien die nodige ondersteuning aan die student.

“Ons vrouestudente is daarop geregtig om al die vryhede te geniet wat in die Grondwet uiteengesit word,” sê Ngowi. “Hulle is geregtig op die beskerming van hierdie regte. Hulle het ʼn wettige aanspraak daarop om vreedsaam vanaf hul koshuise tot by die kampus op straat te stap, om die vrede en rustigheid van hul omgewing te geniet sonder daardie vrees, besorgdheid en onsekerheid wat voortdurend hul lewensgehalte verminder.”

“Die universiteit beskou dié betreurenswaardige voorval as ʼn ernstige maatskaplike siekte en doen ʼn beroep op almal om na te dink oor wat ons as gemeenskap kan doen om dié uitdaging wat ons samelewing in die gesig staar, aan te pak.”

Die verkragting volg enkele maande nadat ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch (US) ʼn klag van verkragting by die polisie aanhangig gemaak het nadat sy glo deur ʼn medestudent op die universiteit se kampus seksueel aangerand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Groen-oog ·

Rekkie kan werk maar daai seekat hande gaan daai rekkue vinnig afhaal.

Groen-oog ·

Foto en al sy info sou bekend gewees het …. met 1001 gedraaide stories daarby net soos die Ermelo boer . Daars bewyse die boer is Onskuldig maar hy moet sit.

Chris dupreez ·

Dit sal nooit verander as opvoeding nie by hul ouerhuis verander nie

Swerwer ·

Met geoei na denke soos daar in die berig verwys word moet dissipline teruggebring word in DIE LAND. Opvoeding begin by die huis en aangesien die Kommuniste nie hou van wet en orde nie is ons land gestroop daarvan. Bring wet en orde terug asook die doodstraf, slegs dan sal daar daadwerklik opgetree kan word.

Chillipit ·

Nou Maroela? Die ander student wat sy koshuismaat se besittings nat gepp het, se gesig en naam en video was oral gewys… iets baie ernstiger as daardie, word steeds onder die dekmantel gehou, soos die ander verkragtingsaak by dieselfde instituut. Is daardie student ook permanent geskors en hoekom hoor mens niks daarvan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.