ʼn 23-jarige man wat daaraan skuldig bevind is dat hy twee seuns, 11 en 12 jaar oud, beroof en verkrag het, is in die hooggeregshof in Bethlehem in die Vrystaat gevonnis.
Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê Mpho Petrus Mofokeng is tot 100 jaar tronkstraf gevonnis.
“Die beskuldigde het die twee seuns voorgekeer terwyl hulle op pad was winkel toe. Hy het hulle beroof en na ʼn bouval geneem waar hy die seuns elkeen twee keer verkrag het,” het Mophiring gesê.
“Hy is ʼn dag ná die voorval by die polisie aangemeld is, in hegtenis geneem.”
Mofokeng is ook later daarvan beskuldig dat hy twee medegevangenes verkrag het. Albei gevangenes het aanklagte aanhangig gemaak maar kon nie opgespoor word nadat hulle na Lesotho uitgelewer is nie.
Gemors!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Sonder die doodstraf sal daar nooit n einde aan al díe misdaad kom nie. Moord en verkragting het glad nie n vreeslike straf in die land nie. Niks maak hul bang, kry gratis kos en verblyf in die tronk.