Swaar reën, kitsvloede dié naweek verwag

Reënval (in mm) vir ʼn 24-uur periode vir 4 Desember 2021 volgens die Unified Model NWP (Bron: SA Weerdiens/Unified Model)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens monitor die moontlike risiko van oorstroming van paaie in Gauteng en ander provinsies dié naweek (4 en 5 Desember 2021).

Inwoners in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes asook die noordelike dele van KwaZulu-Natal en die Oos- en Wes-Kaap moet bewus wees van die risiko vir kitsvloede, veral in laagliggende dele, sê Hannelee Doubell, woordvoerder van die Weerdiens.

Reën word oor meeste dele van die land hierdie naweek verwag. Inwoners in informele nedersettings, veral diegene wat langs riviere geleë is, word gewaarsku teen moontlike oorstromings.

Motoriste word ook gewaarsku dat toestande op die pad waarskynlik gevaarlik kan wees weens swak sigbaarheid en gladde paaie. “Wees ekstra versigtig op brûe en laagwater-oorgange.”

Die Weerdiens waarsku ook teen klein haelkorrels wat skade aan voertuie of infrastruktuur kan aanrig. Sterk wind kan Saterdag ook gevaarlike seetoestande tussen Cape Columbine en Agulhas veroorsaak.

Weerstoestande sal na verwagting Sondag na die ooste van die land beweeg.

Die oostelike dele van die land kan van Maandag tot minstens Donderdag volgende week weer die bekende siklus van middag tot vroegaand donderstorms te wagte wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Samuel ·

Ek hoop dat die reën hierdie keer in die Oos-Kaap gaan val. Daardie mense het dit baie nodig.

Alet ·

As munisipaliteite stormdreineringstelses onderhou sal daar minder kitsvloed wees op paaie

Grassie ·

Kitsvloede is noodsaaklik al doen dit soms skade. Ons land word al vuiler, veral weens die korrupte munisipaliteite se onvermoë om rioolplase en vullesverwydering behoorlik in stand te hou. As voorbeeld, die eens pragtige Vaalrivier het ontaard in ‘n rioolsloot wat Witwatersrand se rou riool wegvoer see toe.. Kitsvloede is moeder natuur se manier om terug te veg. Dit is soos ‘n ma wat haar vuil kind skoonskrop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.