Swaar reën vir noordooste voorspel

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Inwoners van die noordoostelike dele van die land kan hulself staal teen swaar reën wat Maandag in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat voorspel word.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vir Maandag ’n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die hele Gauteng, die westelike Hoëveld van Mpumalanga, suidwestelike dele van Limpopo en die oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes.

Volgens die weerdiens kan tot tussen 30 mm en 50 mm reën in hierdie dele van verwag word.

Volgens Lulama Phene, ’n weervoorspeller verbonde aan die weerdiens, word ontwrigtende weer in bogenoemde provinsies tot laatmiddag verwag. Teen Dinsdag sal die reën in die meeste van hierdie provinsies opgeklaar wees.

“Geen reën word vir die res van die week in hierdie provinsies verwag nie. Wolke sal eers weer teen die komende naweek opbou,” het Phene aan Maroela Media gesê.

Die Stad Tshwane se nooddienste is reeds vroegoggend op ʼn hoë vlak van gereedheid geplaas.

Die weerdiens waarsku dat die swaar reën met moontlike oorstromings van formele en informele nedersettings en paaie gepaard kan gaan.

“Inwoners moet versigtig wees by laagliggende brûe en geboue met swak infrastruktuur wat moontlik kan oorstroom,” waarsku die weerdiens.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddiens, het motoriste ook aangeraai om laagliggende brûe te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak. Hy het inwoners ook gewaarsku om versigtig te wees by geboue met swak infrastruktuur wat moontlik kan oorstroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marius ·

Nog ‘n media versinsel. Dit is PRETORIA en word bevestig op al die groen pad predikante op ons hoofweë. tswane is die naam van die metropool of eerder die stadsraad se gebied.

Koen ·

Ek bid God se genade ook vir jou, Marius en Elize dat julle gemoed kan lig en julle die lig sal sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.