Swaar tronkstraf vir oud-plaasbestuurder wat steel  

Harold Gerald Henry (46)

Harold Gerald Henry (46) . (Foto: Valke, Oos-Kaap).

ʼn Plaasbestuurder van Addo in die Oos-Kaap wat erken het dat hy miljoene rande by sy werkgewer gesteel het, is 18 jaar direkte tronkstraf opgelê.

Harold Gerald Henry (46) het Woensdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Gqeberha verskyn waar hy ingevolge ʼn pleitooreenkoms met die staat gevonnis is.

Die Valke se span vir ernstige handelsmisdaadondersoeke in Gqeberha het Henry in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem. Die eenheid is betrek nadat ernstige bewerings van diefstal, inmenging met ʼn rekenaarprogram en ʼn rekenaar-stoorstelsel asook bedrog teen Henry gemaak is.

Ten tyde van die ondersoek was Henry werksaam as finansiële bestuurder van die Strathmore Farm Trust.

Hy het erken dat hy in dié hoedanigheid geld van die trust in sy eie private bankrekeninge oorbetaal het, asook in dié van sy naasbestaandes. Henry het ook verskeie betalings gedoen aan versekeringsmaatskappye vir sy persoonlike beleggings.

Hy het die transaksies verbloem deur dit te laat lyk of hy krediteure en lone vir werknemers op die plaas betaal het. Sy bedrog het aan die lig gekom toe verskeie krediteure en werknemers begin kla het. Tydens die ouditproses is fiktiewe fakture ontdek en is daar vasgestel dat Henry tussen Maart 2019 en Desember 2021 altesame R14 miljoen verduister het.

Ná sy inhegtenisneming is die saak teen hom van die landdroshof op Addo na die hof op Kirkwood verwys. Hier is borgtog aan hom toegestaan.

Henry het nog ʼn paar keer in die hof verskyn totdat sy saak oorgeplaas is na die handelsmisdaadhof, waar hy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Die hof het sy pleitaansoek aanvaar en hom 18 jaar tronkstraf sonder die opsie van ʼn boete opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sobymykoolkop ·

14 miljoen vir 2 jaar se ” werk “. Kry 18 jaar. Sit so 6 en tree gemaklik af.

Casper ·

Ai tog,hoelank het hy gedink gaan hy weg kom daarmee.Crime does not pay.

Vonny ·

Mnr 14 miljoen…jy klink asof jy vir Anc kan werk. Genade…waarop spend jy sooo baie geld?!!!

Prikkie ·

Nou ja, wie sal nou die geldjies spandeer wat jy opgegaar het meneer?

Eintlik moet die mense aan wie jy geld “geskenk” het saam met jou tronk toe gaan. Deler is mos so goed soos die steler sê die ou spreekwoord.

AH ·

Dit maak nie sin dat hy ‘n swaarder straf as baie moordenaars en verkragters kry nie….

Koen ·

@AH…Dit gebeur. Moord is nou sommer ‘n ou ligte mistakie. Soos mense deesdae argumenteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.