‘Swendelaar’ vinnig vas ná ontsnapping

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Verhoorafwagtende is binne ure aangekeer nadat hy hom Dinsdag as ’n medegevangene voorgedoen en uit aanhouding ontsnap het.

Dale Robert Harmse (48) het net ná 07:00 uit die Mosselbaai-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap nadat hy voorgegee het dat hy ’n gevangene is wat vir ʼn geringe oortreding aangekeer is en vrygelaat moes word.

Harmse was met ’n rygeleentheid op pad na Oudtshoorn toe hy enkele ure ná sy ontsnapping by ’n motorbandonderneming weer in hegtenis geneem is.

Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê Harmse se ontsnapping volg kort nadat hy Maandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn het op aanklag van bedrog.

Dié aanklag spruit uit bewerings dat Harmse hom as ʼn advokaat voorgedoen en ’n sakeman van Oudtshoorn uit R500 000 geswendel het, berig AlgoaFM.

Harmse het Maandagnag in die plaaslike polisiestasie se aanhoudingselle deurgebring voordat hy vanoggend na die gevangenis in Oudtshoorn oorgeplaas sou word.

Pojie sê Harmse sal terug na Mosselbaai geneem word waar hy nou ook van ontsnapping uit wettige aanhouding aangekla sal word.

Volgens Pojie sal ’n departementele ondersoek parallel met die strafregtelike ondersoek loop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Blikke ·

Dis nou wat ek sou noem…vindingrykheid….as jy dom is moet jy suffer…

Hasie ·

Dit is di 33% slaag syfer …. Maklik om.met mense se breins te smokkel as jy weet hoe.

Frank John ·

Dié land is ‘n misdadigers paradys. Hul pop nou oral op.

My2Sent ·

Duidelik is die man baie goed in wat hy doen. Hy is aangekla van bedrog en daar bedrieg hy sommer ook die gevangenis. Gits, ek dink hul sal vir hom toegewyde wagte moet kry, anders gaan hy waarskynlik weer losloop nes die wagte skof ruil.

Swerwer ·

Nèè Meneer Harmse, so maklik gaan jy nie van jou misdaad ontsnap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.