Tafelberg-lyk: Vrou se identiteit bekend

Charlotte Nikoi. Foto: Verskaf

Chris Nikoi, die man van Charlotte Nikoi wat op 21 Maart op die Platteklip-ravynroete op Tafelberg in Kaapstad verdwyn het, het Saterdag bevestig die ontbinde liggaam wat Dinsdagoggend op die berg gevind is, is dié van sy vrou.

EWN berig DNS-toetse het bevestig dat dit Charlotte (50) se liggaam is. Volgens die nuusagentskap sal Chris (57) vandag vanuit New York na Suid-Afrika vlieg.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vrou se liggaam is Dinsdag omstreeks 10:15 deur speurders van die provinsiale speurtak en wildbewaarders van SANParke gevind. Die liggaam is in die omgewing van die Platteklip-ravynroete gevind waar Charlotte, ʼn assistent-direkteur van Unicef, verdwyn het toe sy saam met haar man en een van hul drie dogters op 21 Maart (Menseregtedag) op die roete gaan stap het.

Charlotte het halfpad teen die berg op besluit om om te draai en terug te stap. Sy het met haar man en dogter afgespreek om hulle by die voet van die berg te ontmoet. Chris en hul dogter het verder opwaarts gestap, die kruin bereik en is later met die kabelkar af na onder, maar Charlotte was nie daar nie.

Chris het haar die volgende dag in Johannesburg as vermis aangemeld nadat hulle haar nie in Kaapstad of Johannesburg kon opspoor nie. Twee weke later het die gesin ʼn R50 000-beloning uitgeloof met die hoop om haar op te spoor.

Unicef het Saterdag ʼn verklaring uitgereik om te bevestig dat Charlotte se liggaam gevind is. “Ons almal by Unicef is baie hartseer oor hierdie nuus en betuig ons innige simpatie met haar familie. Charlotte was ʼn toegewyde kollega wat die afgelope 18 jaar van haar lewe gewy het aan die werk en waardes van die Verenigde Nasies. Haar warmte en volgehoue ondersteuning sal gemis word deur almal wat haar geken het,” lui die verklaring.

Unicef het ook die Suid-Afrikaanse owerhede bedank vir hul pogings om Charlotte op te spoor. “Ons versoek dat haar familie se privaatheid in hierdie baie moeilike tyd gerespekteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oom Walker

En die oorsaak was ‘n ongeluk of was dit misdaad?

Johann Marx

Kom ons dink vir ‘n oomblik hieroor….jy en jou vrou en jou dogter gaan stap teen Tafelberg uit. Jou vrou wil omdraai…en jy laat haar? As sy omdraai omdat sy sleg voel of moeg is….is dit des te meer ‘n rede om haar te vergesel….jy en jou dogter kan op ‘n anderdag die berg kom uitklim. Dan ry jy af met die kabelkar…en kry jou vrou nêrens nie. Nie op haar foon nie, nie by die hotel nie, nie by ‘n familielid nie, nie by vriende nie….nêrens nie. En wat doen jy dan? Jy vlieg 1800km Johannesburg toe en meld… Lees meer »

Cherokee

Hy het Saterdag bevestig dat dit die lyk is van sy vrou maar hy vlieg vandag uit New York.

Wern

Dis baie jammer. Sterkte aan die familie.

Allet Venter

Sjoe. Ek verstaan nie… jou vrou is vermis en jy gaan eers trrug Johannesburg toe en meld haar daar as vermis aan en nie in Kaapstad waar sy vermis is nie. Dan vlueg jy New York toe en gaan aan met jou lewe.
Hoe werk dit?