Talle dakloos ná brand in Pretoria

Honderde mense is na die brand dakloos gelaat. (Foto: REZA/Twitter)

Nagenoeg 400 mense van die Plastic View- informele nedersetting in die ooste van Pretoria is dakloos gelaat nadat ʼn brand Saterdag daar uitgebreek het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê brandweerlede is na die dig bewoonde gebied ontbied waar talle hutte reeds in vlamme opgegaan het.

“Drie mense is vir rookinaseming en een vir minder ernstige brandwonde aan die gesig behandel,” het hy gesê.

Twee mense is na hospitale geneem, terwyl twee ander pasiënte hospitaalbehandeling van die hand gewys het.

Vier mense is vir rookinaseming en ligte brandwonde behandel. (Foto: REZA/Twitter)

“Nagenoeg 400 inwoners is deur die brand geraak en die getal hutte wat heeltemal verwoes is, staan op 79.”

Die Plastic View-nedersetting, wat ʼn paar jaar gelede aan die buitewyke van die ooste van die stad ontstaan het, is deesdae die tuiste van ʼn groeiende aantal Suid-Afrikaanse gesinne, maar ook talle buitelanders uit hoofsaaklik Zimbabwe, Swaziland en Lesotho.

Die nedersetting met sy duisende inwoners loop gereeld onder brande deur, veral in die winter, wanneer die verarmde inwoners vuur maak om warm te bly of kos te kook. Benewens brande het die nedersettings ook al onder swaar reën deurgeloop en talle hutte is al in kitsoorstromings verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Spyker ·

Gee hulle vliegkaartjies terug dan het die geld wat vir SAL bestem word gedeeltelik sy doel gedien. Vergeet maar van huise bou

Japie ·

Die Demokratiese Alliansie (DA) wat so graag Pretoria (Tswane) saam met die EFF wou regeer is besig om infrastruktuur te skep om vir die inwoners van Plastic View lae koste behuising op te rig. Water pype is al gele. Die DA bring kriminele in ons area in. Gelukkig sal hulle nie weer naby genoeg stemme in n volgende verkiesing wen sodat hulle koalisies met ander partye kan skep nie. Die DA het n gemors van Pretoria gemaak. Hulle moet nog leer dat jy nie op 2 stoele kan sit nie. Meeste van die inwoners in Plastic view is onwettige buitelanders

Pieter ·

Moenie hulp verskaf nie, soos in die geval van ons boere deur die regering. Klimaatsverandering gaan veroorsaak dat sulke gebeure meer dikwels sal gebeur. Dieselfde flou verskoning wat vir ons boere gegee is deur die regering.

Isabella ·

Nou gan hul plak op boere se plase want dis n goeie verskoning …hoe ht hul huise afgebrand wie is die oorsaak vr dit??…vra mar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.