Talle dood na gebou in Johannesburg brand  

(Foto: Skermskoot uit video/@RobertMulaudzi/Twitter)

Minstens 20 mense is dood en 43 beseer nadat ʼn brand in die vroeë oggendure in ʼn gebou in die Johannesburgse middestad uitgebreek het.

Brandbestryders en nooddienspersoneel is omstreeks 01:30 na die toneel op die hoek van Albert- en Delversstraat ontbied, het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddiens, gesê.

Met hul aankoms het brandbestryders en nooddienspersoneel begin om die gebou te ontruim terwyl daar gepoog is om die brand te blus.

Daar is aanvanklik op 10 liggame afgekom, maar volgens Mulaudzi het die dodetal intussen tot 20 gestyg.

Die beseerdes is na verskeie gesondheidsorgfasiliteite vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die brand is tans nog onbekend en word ondersoek.  Geen verdere inligting is in die stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shakespeare ·

Waar daar n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Waar daar ‘n Afrikaan is, is daar ‘n vuur(tjie).

Roek ·

Baie brande deesdae, moontlik perseel kapers wat soos bendelede nie saam stem nie !

skurweberg ·

Land in chaos!!! Ons moes dit geweet het. Dit help nie om nou te thangk nie.

Oe la la ·

Dis hartseer ja… maar wonder wie moet nou vir begrafnis betaal en die oorlewendes huisves…

domheks ·

Gebou gekaap. So krag en water is verniet. Eienaar moet maar betaal vir begrafnisse. Hoekom toegelaat dat die plakkers oorvat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.