Talle sangers ondersteun Steve ná Ghoema-besluit

Steve Hofmeyr

Talle sangers het vir Steve Hofmeyr in die bres getree nadat die musiekvideo van “Die Land” van die benoemingslys van die Ghoema-musiektoekennings verwyder is.

Van die sangers het ook aangedui dat hulle nie vanaand die toekenningsgeleentheid sal bywoon nie. Die sanger Jay, een van die kunstenaars wat saam met Hofmeyr “Die Land” sing, het in sy aanvanklike reaksie gesê: “Dit is so belaglik! My bek hang oop … Bye bye, Ghoemas. Vaar je wel.”

Hy het ook aangedui dat hy nie die toekenningsgeleentheid sal bywoon nie. “Die toekennings is nou vir ewig gekwes. My vorige Ghoemas gaan nou almal asblik toe. Dit is nie eens meer goed genoeg om die deur oop te hou nie,” het die sanger gesê.

Bobby van Jaarsveld en Bok van Blerk, wat albei ook saam met Hofmeyr en Jay “Die Land” sing, het ook gesê hulle sal nie die geleentheid bywoon nie.

“As ons musiek nie welkom is daar nie, is ons ook seker nie welkom nie. Raak moeg om stil te bly terwyl hulle ons boelie,” het Van Jaarsveld gesê. Van Blerk het op sy beurt die besluit om die video se nominasie te onttrek as “baie hartseer” beskryf. “Ek gaan definitief nie by die Ghoemas gesien word nie,” het hy laat hoor.

Corlea Botha het gesê sy is teleurgesteld oor die belaglike besluit terwyl Dewald Wasserfall bevestig het dat hy ook nie die toekenningsgeleentheid sal bywoon nie.

Jay du Plessis (Foto: Facebook)

Bok Radio het Dinsdagaand aangekondig dat hy sy betrokkenheid by vanjaar se kykNET Ghoema-musiektoekennings onttrek.

Maroela Media het vroeër berig MultiChoice het versoek dat die video onttrek word weens Hofmeyr se deelname daaraan.

MultiChoice het gedreig om sy borgskap van dié geleentheid te beëindig indien die musiekvideo nie onttrek word nie. Joe Heshu, MultiChoice se groepshoof vir korporatiewe bestuur, het die versoek skriftelik aan die organiseerders van die Ghoema-musiektoekennings, die Ghoema Musiek Trust, gerig.

Heidi Edeling, hoof‑ uitvoerende beampte van die Ghoemas, het gesê daar is toe by wyse van ʼn demokratiese stemproses besluit dat “Die Land” se musiekvideo aan die benoemings onttrek word.

Arnold Coleske van Coleske Artists het die Ghoema Musiek Trust se besluit om wel die video te onttrek as “ʼn klap in die gesig van kunste, vryheid van uitdrukking én vir die bevordering van Afrikaans” bestempel.

Edeling het alle verdere navrae na kykNET verwys. ʼn Woordvoerder van kykNET het egter navrae na Joe Heshu van MultiChoice verwys. Maroela Media het navrae aan Heshu gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

329 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

My hart klop trots vandag. Ek haal my hoed vir julle af. Dis tyd dat ons opstaan vir mekaar. Magtag ons lewe in ‘n land met vryheid van spraak,maar sommige is vry en ander moet stilbly. Whooooooop vir julle almal. Julle sal my ondersteuning behou. Jul musiek is BAKGAT!

Mariaan

En so gee multichoice en Ghoema gratis publisiteit aan Steve, kie en die lied Die land. Ek wonder nou wie wen

Cathy

Ek voel dit is absolute haatspraak en boelie van Steve. Sy demokratiese reg om sy se te se word hom ontneem deurdat hy oral geboikot word by multichoice. Van nou af is Multichoice virmy NOChoice.

Ons staan saam jou Steve!!!

Karinda

Trots op al die kunstenaars wat opstaan teen hiedie tipe diskriminasie! Kom nou! Hoe slapbroekig kan die ander wees. Verseker sal ek hierdie kunstenaars ondersteun waar ek kan. Ek stel voor almal wat opgehou het om Huisgenoot te koop skenk dit wat hulle sou betaal aan Afrikaans is Groot sodat hulle nie afhanklik is van borge wat eensydig rasisties is nie! Staan op vir jou taal. Die het niks met haatspraak te doen nie ek het awesome swart/bruin vriende wat ook hulle tradisies en taal liefhet en wie ek respekteer! Stop diskriminasie op ALLE vlakke!

Lynette Whitehead

Staan op my Volkie…..ek kry nuwe respek vir julle wat bereid is om op te staan……..waarom moet ons elke keer as hul blaf ….koes soos n bang hond…….vir die res wat jul Ghoemas ontvang………sit die goue kalf op jou rak