Talle vlugte by OR Tambo vertraag

Vertraagde vlugte by die OR Tambo-lughawe. (Foto: Twitter)

Daar heers chaos op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park nadat talle plaaslike én internasionale vlugte Woensdagoggend vertraag is weens ’n uitdaging met brandstof.

Die lughawe sê hy het vanoggend ’n tegniese uitdaging beleef met outomatiese brandstofvoorsiening en dus moes vliegtuie se brandstof handmatig aangevul word.

Tegnici het intussen die probleem opgelos, maar vertragings duur voort.

Talle reisigers wag op die lughawe. (Foto: Twitter)

Soos Maroela Media verstaan, moes sommige reisigers vroegoggend langer as ’n uur en ’n half in afwagting aan boord van die vliegtuig sit voordat hulle eindelik meegedeel is dat alle vlugte vertraag is en aangesê is om van die vliegtuig af te klim en na die lughawe terug te keer.

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, sê sy het vanoggend met die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) in verbinding getree en die maatskappy het haar die versekering gegee dat hulle hard daaraan werk om die probleem op te los.

“Ek wil namens die regering groot om verskoning vra aan alle geraakte reisigers vir die ongerief wat die vertragings veroorsaak. Ek is daarvan verseker dat stelsels nou in werking is om die vertragings op te los,” sê die minister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.