Vanjaar is dié vyf podsendings die meeste op Taaltoffie geluister.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Desember 2022
Wat ouers moet weet van kuberafknouery
Anders as afknouery waarvan jou kind op die skoolterrein kan wegstap, kan ʼn aanlyn boelie moeiteloos die veilige ruimte van die huis betree om jou kind 24 uur lank, sewe dae per week te teister en seer te maak. Talle kinders en tieners wat só geboelie word, ly eerder in stilte wat net die negatiewe uitwerking op hulle vererger.
Kom besoek Kaapsehoop
As jy binnekort weer wegbreek uit die stad kan jy gerus die N4-deurpad vat en by Kaapsehoop kom inloer. Jy gaan vir seker jou hart verloor.
Fase 4-beurtkrag is terug
Eskom het Woensdagmiddag fase 4-beurtkrag begin toepas.
Foto’s: Olifantkalf van gewisse dood gered
’n Olifantkoei in die Krugerwildtuin het Dinsdag geduldig gewag en sélfs ʼn naderende luiperd afgeweer terwyl daar ure lank gespook is om haar kalf uit ʼn poel te red.
200 dae van beurtkrag in 2022
“Die impak op gewone mense en sakeondernemings is byna onmeetbaar.”
Mans vas, in hof ná Maselspoort-bakleiery
Johan Nel en Jan Stephanus van der Westhuizen van onderskeidelik Bothaville en Brandfort het Woensdag in die hof in Bloemfontein verskyn.
Boksburg-tragedie: Dodetal styg verder
“Dit word by die dag moeiliker.”
Bestuurder van gastenkwa vrygelaat
Die bestuurder van die gastenkwa wat op Oukersdag in Boksburg ontplof het, is reeds Dinsdag vrygelaat.
Pous Benedictus ‘baie siek’
Emeritus pous Benedictus XVI (95) se gesondheid gaan vinnig agteruit.
R6 miljoen in 6 weke vir twee besighede geïn
Beleggers wat die potensiaal in dié twee besighede raakgesien het, het binne ses weke meer as R6 miljoen daarin belê.
Kind (10) verdrink by Wildernis
’n Jong man van George word intussen vermis nadat hy Dinsdag vir die laaste keer in die water in Victoriabaai gesien is.
Só verstaan jy Wagter beter
Het jy al ooit gewonder waarom Wagter sommer so skielik begin rondhardloop, aan ander honde se agterstewe ruik of hul sterte jaag asof dit in ’n speelding verander het?
Talle vlugte by OR Tambo vertraag
Chaos het Woensdagoggend op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park geheers nadat talle vlugte vertraag is weens ’n “brandstofuitdaging”.
Aussies maak dinge baie warm vir Proteas
Ondanks Anrich Nortjé se heldedade – David Warner het gesê dit was die vinnigste boulwerk wat hy nóg in sy toetsloopbaan trotseer het – is die Suid-Afrikaners op koers om die toets en die reeks te verloor.
Reaksionêre eerder as konserwatiewe politieke verskuiwing in Europa
Verskeie gebeure in Europa die afgelope jaar het die gevestigde politieke orde versteur wat tot groot ongemaklikheid onder die politieke elite in Brussel maar ook in hoofstede oor die hele Europa heen gelei het.
Afrikaanse komediereeks spot met oud word
“Die goue draad van vereenselwiging wat deur die episodes loop herinner ʼn mens dat ons ʼn bietjie mag lag oor presies hoeveel ons almal eenders is.”
Vermiste paartjie se liggame gevind
’n Man en sy hoogswanger vriendin se liggame is in ’n oop stuk veld in die Vaaldriehoek gevind. Drie verdagtes is intussen in hegtenis geneem.
Resep: Garnale met paprika en bier
Verbeel jou jy is by die see en berei hierdie smaaklike garnale vir die hele gesin voor.
Gedagte vir die dag: Om te onthou
As julle klomp slegte mense net goeie dinge vir julle eie kinders gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader dit dan nie doen nie? Ek verseker julle: Hy sal selfs die Heilige Gees met sy groot krag gee aan almal wat ernstig tot Hom bid. (Lukas 11:13)