Talle vrae oor drie liggame in Pta-huis

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Die polisie wou Maandagoggend weinig besonderhede bekend maak oor die ondersoek na ʼn voorval waartydens drie mense se liggame Saterdag in ʼn huis in Menlopark aangetref is.

“Ek kan bevestig dat ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen word. Ongelukkig is dit in hierdie stadium al wat ons kan sê,” sê kol. Nxolo Kweza, polisiewoordvoerder.

Die liggame van Theo Kleynhans (60), Mario Pretorius (23) en Chariska Kloppers (30) is Saterdag deur ʼn besoeker aan die huis in die ooste van die stad aangetref.

Nog twee vroue is bewusteloos in die huis gevind. Een van hulle was in ʼn bedenklike toestand, terwyl die ander se toestand na verneem word nie so ernstig is nie.

Daar is in hierdie stadium egter meer vrae as antwoorde oor wat tot die drie se dood kon gelei het.

Pretorius se stiefpa, Colin Forbes, het die private ondersoeker Mike Bolhuis intussen aangestel om die omstandighede rondom die drie se dood te ondersoek.

Volgens Bolhuis was daar verskeie CCTV-kameras op die perseel – selfs in die kamers in die huis – en dié beeldmateriaal sal na verwagting heelwat lig werp op die gebeure voor die drie se dood.

Die huis het glo aan Theo Kleynhans, een van die oorledenes, behoort. (Foto: Facebook)

ʼn Nadoodse ondersoek van die drie slagoffers moet ook nog afgehandel word. Daar word ook gewag op die uitslag van ʼn toksikologie-ondersoek.

Verskeie skedule-medisyne, dwelms en groot hoeveelhede drank is in die huis gevind. Die groep het glo ander kuierplekke aangedoen voordat hulle na die huis in die ooste van die stad is.

“Daar is in hierdie stadium geweldig baie moontlikhede van wat kon gebeur het. Ons moet eers alles ondersoek, maar die beeldmateriaal en selfone [wat gevind is] gaan vir ons baie sê,” het Werner Koekemoer, ʼn oudpolisieman en lid van Bolhuis se spesialisspan, gesê.

Bolhuis se span het die perseel ook vir leidrade gefynkam nadat die polisie op die toneel was en het verskeie bewysstukke versamel wat deel van die ondersoek sal vorm. Een van die vrae wat hulle hoop om te beantwoord is of daar ook ander mense in die huis was en wat die perseel moontlik verlaat het voordat die slagoffers se liggame gevind is.

Bolhuis sê beeldmateriaal van minstens 24 uur voor en 24 uur ná die gebeure sal ook gefynkam word. Verskeie rekenaarhardeskywe is gevind en sal vir leidrade ondersoek word.

Dit lyk nie in hierdie stadium of enige geweld tot die drie se dood bygedra het nie. Die moontlikheid bestaan wel dat die slagoffers dalk ʼn vergiftigde middel kon gebruik of op ʼn manier ingekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

As jy vir mense sê los die dwelms en die drank uit, word hulle kwaad, kap terug met “wat is daarmee verkeerd” en beskuldig jou van inmeng in hulle privaatsake en selfs van on christelik wees. Ek het al moed opgegee. Mooi praat, “tough love”, meer as eenkeer betaal vir rehab: dit alles help niks.

Keith ·

Ek het n’ famiielid wat daagliks alkohol misbruik, en sy het voorheen ook dwelms gebruik. Ek het ook 6 jaar gelede n’ sake kollega as gevolg van dieselfde probleem “verloor”. As ek iemand vra waarom hy/sy so baie drink, beantwoord hy/sy dikwels dat hulle “van die smaak hou”. Naturally a huge lie ! You cannot reason with adults who behave in this way, unfortunately. I know how you feel. Non-Christians are also very good at “throwing the book” at Christians who try and help.

Charmaine ·

As n dwelm verslaafde nie uit hul eie wil ophou gebruik nie gaan geen rehab help nie. Die wil moet daar wees.

Danie ·

Hoekom is jy verras is hulle super heilig. Dit gebeur in enige buurt van die armste tot die rykste.

Onnie ·

Straat dwelms is baie gevaarlik – daar kan enige iets van rottegif tot Vim in wees

Charmaine ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense hulle met dwelms kan ophou. En dit volwassenes. Dit klink vir my of dit n partytjie huis was as ek so na Mike Bolhuis se inderhoud op Jacaranda geluister het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.