Tandarts moet operasie ondergaan ná aanranding

Markus Botes ná die voorval. (Foto: Verskaf)

“Ek is die rustigste mens en nou vat my reputasie ʼn knock.”

ʼn Tandarts van Pretoria sal Dinsdagaand ʼn operasie moet ondergaan om ʼn breuk in sy wangbeen te herstel nadat hy Sondagoggend buite ʼn kuierplek in die stad deur ʼn jong man oorval en aangerand is.

Markus Botes (26) het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy en vriende het Saterdagaand by ʼn kuierplek in Lynnwood gekuier waar hy ʼn meisie deur gemeenskaplike vriende ontmoet het. “Sy is een van my vriende se sussie en het my deur die loop van die aand vertel dat haar ekskêrel ʼn bekende rugbyspeler is.

“Ons het almal saam gekuier en is later na ʼn ander kuierplek waar ons lekker gedans het,” vertel hy. “Die ekskêrel het nooit gesien hoe ons kuier nie. Hy was nie daar nie. Hy het eers opgedaag toe ons later besluit het om huis toe te gaan. Dit was die eerste keer dat ek hom gesien het,” vertel Botes.

Volgens Botes het hy reeds ʼn Uber-taxi bestel en die meisie buite die kuierplek gegroet toe die ekskêrel (21) daar aankom. Hy het die meisie gekonfronteer terwyl Botes elders gestaan en vir sy rygeleentheid gewag het.

Markus Botes ná die voorval.

“Die Uber was gereed en terwyl ek [na die motor] geloop het, het ek die ou hoor roep: ‘Markus, het jy haar gesoen?’ Ek het net omgedraai, toe is hy op my. Hy het my ’n hou gegee en ons het grond toe gegaan. Dit het baie vinnig gebeur, maar hy het ’n paar houe ingekry voordat mense hom van my afgetrek het.”

Botes vertel dat hy in die Uber geklim het waarna die man nog ʼn entjie langs die motor aangehardloop het. Botes is huis toe, maar het die volgende oggend besef iets is nie pluis nie. “Ek het dadelik geweet iets is fout. My kop het geklop – ’n breinklopping.”

Hy vertel dat hy hospitaal toe is om skanderings te laat doen waar die dokter bevestig het sy wangbeen is op twee plekke gebreek en verplaas. Hy het ook harsingskudding gedurende die voorval opgedoen en sukkel steeds om sy mond ordentlik oop te maak.

Markus Botes se wangbeen is op twee plekke gebreek en verplaas. (Foto: Verskaf)

ʼn Mond-en-kaakchirurg het vanoggend besluit dat hy ʼn operasie moet ondergaan sodat hy sy mond weer normaal kan gebruik.

ʼn Saak van aanranding is intussen by die polisie aanhangig gemaak.

“Dit is nie net die aanranding nie. Hy het my lewe vir hierdie maand opgefoeter. Ek moet nou geopereer word en kan dan vir twee weke nie werk nie. My pasiënte hoor van die voorval en dink nou ek is die soort persoon wat betrokke raak by ʼn bakleiery in ʼn kuierplek,” verduidelik Botes.

“Ek is kwaad. Dit was onnodig. Dít is hoekom ek kwaad is. Hy sit my deur al hierdie goed vir niks.”

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Wonder ·

Wonder net hoekom sal iemand pakslae kry en media toe hardloop as hy NIKS gedoen het nie???? waar ‘n rookie is, is ‘n vuurtjie!! Sal nie weet nie, maar dalk het jy ‘n pakslae verdien! As jy reg is voel ek jammer vir jou, maar hoekom die media insleep?

Siener ·

@Wonder. ‘n Skuldige ou sal beslis nie media toe hardloop nie. Enige mens kan sien die ou is aangerand en hy probeer sy sy reputasie en beroep beskerm. Dis tyd dat hierdie rugbyspelers vasgevat word vir hulle rampokkery. As jy iemand aanrand hoort jy in die tronk. Opkikkers kan jou lelike goed laat doen.

Zax ·

Media is n goeie idee om n hoe profiel loobaan te beskerm in so geval. Ek meen….lees van die komentaar reeds. Is goed my maat sue hom of sy ouers as hy nie kan betaal nie.

Kwaaitjie ·

Ag asb tog.
Hy het ‘n goeie reputasie en moet sy naam skoon hou.

Hb ·

Ek hoop jy ry die aanvaller bloots en sorg dat sy lewe ook tot n stilstand kom vir n ruk

Bullebakke ·

Hierdie breindood ape wat net wil slaan!
Hulle is altyd by die kuierplekke en soek skoor. Kompenseer vir lae selfbeeld.

Helder ·

Mense kan so kortsigtig wees en dink nie voordat hulle net kommentaar lewer op aanlyn platforms! Wonder moes eerder maar aanhou wonder het en net stil gebly het!

Blaarman ·

Jy redeneer nou soos jou agterent.

Wie sê hy het media toe gehardloop? Dalk was dit een van die bystanders.

Tweedens, of hy die meisie gesoen het is nie hier-of-daar nie, tensy dit sonder haar toestemming was (geen aanduiding dat dit die geval was of hy lieg nie). Die perd het geen rede gehad om hom te slaan nie.

Leser ·

Ek stem saam, hy sou nie die media betrek het as hy self skuldig was nie. Jaloesie is ‘n vieslike ding, en dit het waarskynlik gelei tot die rugbyspeler se (kinderagtige) woedeuitbarsting!
Ek sou ook in die geval my naam wou skoon hou. Ek hoop reg geskied.

Liefde ·

Wonder ek wonder of jy nie die speler ken nie ?
Die dat jy sommer die victim aanvat..dieselfde gesindheid wat ons aanvaller gehad het? Besluit sommer wie kort ‘n pakslae? Julle bring rugby spelers in ‘n swak lig … nie almal wil alles reg slaan nie.
Maak nie saak of hy haar gesoen of met haar gedans het nie.. .die jong dame klink my wou hom jaloers maak… en nou betaal ‘n onskuldige man vir die Kinderagterheid.
Markus moenie dat hulle jou intimedeer nie, sue hom!

Michael P ·

Mense hierdie land is net vol geweld maak nie saak waar jy gaan nie.

Jakes ·

Ek hou nie van sulke berigte nie, ek wil weet wie en waar. Berig wie is die rugby speler en by watter plek dit gebeur het. Dan weet almal mos die feite. As daar n saak gemaak is soos bevestig is, is daar verseker n naam want mens kan nie n saak maak teen Meneer Anoniem nie!!

JeanB ·

Ten minste is die meisie op die regte pad…van ‘n rugbyspeler na ‘n tandarts. Dit kan net beter word.

Osie ·

Die rugby speler is ‘n voormalige Bloubul wat tans in Europa rugby speel…..sodra die hofsaak opkom, weet ons almal wie hy is….

Zettie ·

Die media het verneem van die geval en berig daaroor. Daar is mos niks vreemds daaraan nie. Die rugbyspeler se naam word weerhou weens die regsimplikasies. Hoop die boosdoener kry sy loontjie! Siestog, nog so aantreklike tandarts ook nog. Baie sterkte.

Tobie ·

Kuierplek . . . Sondag? Waar is die dae dat jy geweet het dat teen 23:59 moet jou vroulike metgesel by haar tuiste wees.

Blommie ·

He He He, toe ek die opskrif lees het ek gedink hy het dalk n groot man te seer gemaak deur sy tand te trek en hom uit pyn n hou gegee.
Maar die ou storie, ag nee man…
Sommige dames weet ook presies hoe om iemand onnodig kwaad te maak, as hy geweet het daar is niks meer tussen hom en haar nie. Dan sal hy heel moontlik nie sy kop verloor het nie. Ek dink sy deel ook maar in hierdie skuld en Markus mense is nogals skerp en as jy niks verkeerd gedoen het nie. Glo ek nie jy sal sommer onnodig geoordeel word nie. Maar n storie het altyd 3 kante. My kant, jou kant en die waarheid.

Nico ·

Dit is opmerklik hoe daar altyd iewers ‘n Blou Bul of oud Blou Bul in sulke tipe situasies betrokke is.

HM ·

Meisiekind los daardie ou met sy vinnige vuiste vinnig uit. Hou op om die tandarts so aan te val. Hy het volle reg.

Pop ·

Rugbyspelers kry baie geld, so sue die rook uit hom uit. Laat hom vir die res van sy lewe weet om nie sy vuiste so mildelik te gebruik nie. Tree soos n skollie op, siesa.

Hb ·

Ek hoop jy ry die aanvaller bloots en sorg dat sy lewe ook tot n stilstand kom vir n ruk

Kallimaari ·

“Vader, vergewe mý, nét soos ek die vergewe wat téén my sondig.”

(Of anders gestel – ” as ek die wat my seermaak nie vergewe nie, moet my ook nie vergewe nie, asseblief”)

Gert van Wierdapark ·

Gee die slaner ‘n Rooi Kaart, en nie nog ‘ n Bell’s nie! Verder:as hy skuldig bevind sou word, laat die tandarts sy verstand-tande terugsit!!!

Tienie ·

Rugby speler….

Hoekom is ek nie verbaas nie. Geweld is mos aan die orde van die dag.

Laat hy betaal vir alles en jou verliese.

Maroela. Ek dink ons behoort te weet wie die botterbul is.

NET EK ·

Tienie net nie n rugby speler nie …. maar n blou bul rugby speler

LR ·

Lyk my baie van PTA se jong rugbyspelers is n klomp kriminele.

flip ·

Klink of almal maar lekker gekuier het op die sappies, en ek dink dis die hoof oorsaak Los die beledigende kommentaar vir later as die hele waarheid uitkom.Rugby spelers hang by sulke plekke uit, tand artse moet maar versigtig wees

Magda ·

Tipies van die fris mannetjies wat rugby speel. Hardloop WEG as hulle geslaan het. Hoekom nie op die toneel bly om sy storie ook te vertel nie.

Marais ·

Net iets wat my opval……n Tandarts maar hy moet met Uber ry???

Annie ·

Ja want hy dink bietjie verder. Heel moontlik geweet dat hy dalk ‘n drankie of meer gaan drink en nie die kans gaan vat om self te bestuur nie. Dis nie te sê mense wat van Uber gebruik maak het nie hul eie vervoer nie, hulle is net meer verantwoordelik wanneer hul uitgaan.

SêNet ·

‘n Stukkie waarheid: Die meisie het te kenne gegee dat sy enkellopend is, alhoewel dit later geblyk het dat haar FB profiel steeds meld dat sy in ‘n verhouding met die rugbyspeler is. Feit: Die meisie het behoorlik met die “tandarts” gevry op die dansbaan om haar kêrel jaloers te maak. My opinie: Die “tandarts” voel sekerlik in sy eer gekrenk dat ‘n 21 jarige hom ‘n pak slae gegee het. Hoekom het sy doelbewus haar kêrel uitgelok?

Blaarman ·

Sênet, Marais, Jean, Wonder, watookal jou naam is. Dis duidelik jy is ‘n enkel persoon wat probeer om onder verskeie skuilname en met swak argumente die tandarts onder verdenking bring.

Die berig sê duidelik die ekskêrel (rugbyspeler) was nie daar toe hulle gekuier het nie, en dat hy die tandarts van agter af getakel het in die parkeerarea.

Maar al sou al jou baie verdagte eise wel waar wees, is dit nogsteeds GEEN geldige rede vir die rugbyspeler gewees om die tandarts aan te val nie. Punt.

charmaine ·

Spiere ne geld is waarop hulle staat maak, deesdae moet jy mooi dink voor jy jou hande lig dis gou dat moelikheid kan losbars en dan was alles onnodig. Die 21jarige seun se ego was seker gekrenk na die meisie nie hom as die enigtse vis in die see beskou nie. Shame!

Anna ·

As ek Markus is, sal ek toesien dat die “rugbyspeler” tot verantwoording geroep word vir sy dade. Ek mag nie veralgemeen nie, maar dis algemene kennis dat daar rugbyspelers is wat steroides gebruik. en dat hulle dan ook loop en skoor soek net waar hulle gaan.

Dalk moet hierdie rugbyspeler wat vir Markus aangeval het, sommer ook getoets word vir verbode middels.

Die meisie moet duidelik ernstig daaroor dink of sy haar naam (en lewe) in hierdie rugbyspeler se hande wil plaas.

SjN ·

Die meisie is dus die skuldige en het die probleem veroorsaak.

Blaarman ·

Dit is sommer nou nonsens! Die meisie kan dit nie help as ‘n siek vent haar agtervolg nie.

ES ·

Geweld vir so ‘n nuttelose rede moet met ‘n harde hou deur ‘n hofgedink getakel word.

As dit ek was, het ek hom siviel gedagvaar vir ‘n week se praktisynsverlies, hospitaal onkostes en seker gemaak dat die staat hom krimineel vervolg. Maak nie saak vir wie hy rugby speel nie, daar is tandartse wat meer geld in een week maak as wat sommige mense in ‘n jaar maak, so laat dit sy sak byt. Hy behoort hom te skaam. Dis ‘n verdomde skande!

Laat so jong mannetjie sommer van vroeg af leer dat jy nie als met jou vuiste kan reg maak nie.

Terloops – hoe het die rugbyspelertjie geweet dat die meisie by daardie spesifieke kuierplek was op daardie tyd? Iemand moes vir hom vertel het. Sy klink vir my soos te veel moeilikheid.

Hou maar verby my maat. Jy kan beter doen – dit spreek boekdele van die meisie ook…

Blaarman ·

Al waaroor boekdele gespreek word is jou vermoë om vreemde gevolgtrekkings te maak sonder een jota-of-tittel van bewys nie.

Hoe sê die berig enige-iets van die meisie se karakter? Waarskynlik pes en agtervolg die rugbyspeler haar.

maraai ·

Rugbyspeler is n jaloerse ,”X” kerel wat met agresie enigge moonlikke toekomstigge belangstellers wil beheer. Tensy die verhouding tussen die speler en die meisie nognie regtig verby was nie. Dan was die tandarts steeds die onskuldigge slagoffer. Hy het niks te make met die onstuimigge en duidrlik ongesonde verhouding waarin sy haar bevind of bevind het nie. As ek dir meisie was hardloop ek ver van die speler ag groot rooi ligte flikker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.