Taxi-staking: Hofbevel teen geweld

Polisielede in Kaapstad te midde van die voortslepende en gewelddadige taxi-staking. (Foto: SA Polisie)

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die hofbevel verwelkom wat die hooggeregshof in die stad toegestaan het teen die geweldpleging weens lede van Santaco se voortgesette taxi-staking.

Die bevel bepaal dat geen mens, voertuig, taxi of bestuurder enige voertuig op enige openbare pad in die metropool onbillik mag versper, daarmee inmeng of op enige manier blokkeer om passasiers te beseer of die vloei van verkeer te verhinder of te vertraag nie. Die interdik verbied voorts enigiemand om in te meng met die bedryf van enige vervoerdepot.

“Die stad sal die oppergesag van die reg handhaaf sonder enige vrees of vooroordeel soos [Maandag] gesien is met die verwydering en skut van voertuie wat hoofroetes versper. Die interdik bemagtig ons verder in ons werk saam met die polisie om ons paaie oop te hou, ons busse en pendelaars te beskerm en diegene verantwoordelik vir die ordeloosheid, in hegtenis te neem,” sê Hill-Lewis.

Die burgemeester het ook benadruk dat geen verdere besprekings met Santaco hervat kan word tot die geweld gestaak word nie.

“Ons doen ʼn beroep op Santaco om die geweld dadelik op te skort en vreedsaam na die onderhandelingstafel terug te keer,” sê hy.

Hill-Lewis sê ook die “oppergesag van die reg is nie oop vir onderhandeling nie”.

“Ons sal nie onderhandel met ʼn wapen [letterlik] teen ons kop nie. Daar kan geen verdere beraadslaging met die plaaslike Santaco-leiers wees tot hulle geweld stop nie. Eenvoudig. Ons doen ʼn beroep op Santaco om die geweld dadelik te staak.

“Ons kan nie onderhandel oor watter gedeeltes van die wet vir sommige gaan geld en nie vir ander nie. Dit is nie die manier hoe ons ooit ʼn suksesvolle samelewing in Suid-Afrika gaan bou nie. Wetgewing geld gelyk vir almal. Ons sal die wet sonder vrees of vooroordeel toepas.”

Die burgemeester sê inwoners en pendelaars word beskerm deur die oopmaak van paaie, die vergesel van busse en die inhegtenisneming van oortreders. “Ons eerste prioriteit is om inwoners teen gewelddadige taxi-boewe te beskerm.”

Hy het ook gewaarsku dat indien Santaco kies om nie die staking op te skort nie, die stad bereid is om sy eie optrede enduit vol te hou.

“Ons is bereid om dit te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pannies ·

Stuur die weermag in om deelnemende taxis te verwyder en te vernietig. Dis al taal wat hul sal verstaan en voor luister. Versoeke en mooi vra word as swakheid gesien en moedig hul net aan. Hulle het geen respek vir ander mense se regte en eiendom nie. Ook nie vir wet en orde nie. As hulle goed seer gemaak word sal hul tweekeer dink voor hul weer deelneem aan n geweldadige staking.

Retha ·

Watter Weermag? Die van jare gelede sou die moeite werd gewees het, maar nou s’n wag net vir die geld wat aan die einde betaal sal word

Tsek! ·

Hou hulle eerder in die skut want as dit vernietig word kan hulle teen versekering eis maar nie as hulle deur SAPS geskut word nie. Daar kan hulle vergaan tot in lengte van dae!

melaney ·

Santaco sal nie rede verstaan nie. Hulle wil die stad regeer op hulle manier.

Pieter ·

Dis darem maar lagwekkend dat geweld teen die wet is en steeds moet die HOF besluit… Die HOF gaan nie die mense se minds verander nie… Dis omdat julle hierdie dinge toelaat…

henndrik ·

Dit is vir my baie erg dat dit nodig is om ‘n hofbevel te moet kry om onredelike en onwettige gedrag stop te sit. Die polisie moes dit mos van die begin af hanteer het

Colin ·

En wat is jou oplossing? Dieselfde trant oor en oor. As SAPD nie hul werk doen nie, is ‘n hofbevel om hulle te dwing om op te tree die enigste redelike uitweg.

Sean ·

Roer hulle Die wet is die wet!! Ek sou lankal die weermag ingeroep het Het julle niks geleer met die “lootings” nie???

Pannies ·

Jy verstaan duidelik nie die rol van n opposisie party nie.
Sonder n sterk opposisie party is ons gedoem. Ondersteun hulle eerder al stem jy nie met alles saam nie. Wees dankbaar daar is nog mense wat bereid is om te probeer veg teen alles wat verkeerd loop.

Pannies ·

Ja wat stel jy voor?
Hoe sou jy die probleem hanteer en blywend oplos?

domheks ·

Santaco stem seker vir cANCer! Die howe is mos cANCer gesind! Steek al die geskutte taxi’s aan die brand dan sal jy sien hoe gou stop die bollie.

Wiehann ·

Santaco moet die verantwoordelik gehou word vir die skade en die ekonomiese impak. Hul moet die verlies aan werkgewers en werknemers betaal as ook enige skade aan eiendom; privaat en publiek. Enige verlies aan lewens moet as ‘n strafsaak aan Santaco se deur gelê word en die aan beheer moet vervolg word!

HPJ ·

Hierdie is n bewys hoe hulpeloos en hipokreties die DA is DeWinde wou Putkin arresteer Nou waar is daai wonderlike polisie van hom Met hulle moes daar nie eers n probleem gewees her nieEn belasting geld mors met n hofbevel wat in elkgeval geen uitwerking het nie

Hierdie is n bewys hoe hulpeloos en hipokreties die DA is DeWinde wou Putkin arresteer Nou waar is daai wonderlike polisie van hom Met hulle moes daar nie eers n probleem gewees her nieEn belasting geld mors met n hofbevel wat in elkgeval geen uitwerking het nie

Lydia ·

Hoekom HPJ jy en gee nie jou volle name nie. So se ons, wat het jy gedoen om hierdie geweld te stop. Wie dink jy gaan vir al die skade betaal, JY, nee ons belasting betalers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.