Te min boetebessies in die Noord-Kaap

Argieffoto (Foto: @rtia_aarto/Twitter)

Die getal provinsiale verkeersbeamptes in die Noord-Kaap neem teen ʼn kommerwekkende tempo af.

Dit is veral kommerwekkend aangesien dit die grootste provinsie is met ʼn uitgestrekte padnetwerk wat omvattende polisiëring verg om padveiligheid behoorlik te reguleer, sê Ofentse Mokae, die DA se woordvoerder in die Noord-Kaap oor vervoer en veiligheid.

Sedert die begin van die finansiële jaar het die getal provinsiale verkeersbeamptes van 147 afgeneem tot slegs 108. Dit is twee weke gelede deur die departement onthul toe hulle die jaarverslag aan die provinsiale wetgewer voorgelê het, sê Mokae.

“Sowat 25 van die 108 beamptes word boonop aangewend vir administratiewe pligte by munisipaliteite en by die provinsiale verkeersdepartement. Daar is dus slegs 83 provinsiale verkeersbeamptes wat aktief die paaie kan polisieer.”

Toe die departement laas in 2008 verkeersbeamptes gewerf het, het die provinsie 300 beamptes opgelei. Volgens die departement van vervoer, veiligheid en skakeling het die Noord-Kaap minstens 500 verkeersbeamptes nodig om doeltreffend padveiligheid te verseker.

“Munisipale verkeersdienste het ook ʼn beduidende gebrek aan personeel en hulpbronne. Die provinsie is baie kwesbaar vir verkeersoortredings.”

Mokae sê dit is ʼn groot kommernis gegewe die toenemende getal noodlottige ongelukke op die land se paaie. “Veral nou dat ons die feesgety binnegaan.”

Die provinsiale departement swyg egter oor die afhandeling van ʼn verkeerskollege in die Noord-Kaap wat die getal wetstoepassers ʼn hupstoot kan gee. “Die DA doen ʼn beroep op die departement om dringend die vakante poste te vul en ons versoek dat die finalisering van die verkeerskollege geprioritiseer sal word. Inwoners van hierdie provinsie verdien nie om met hul lewens te betaal vir ʼn gebrek aan polisiëring nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Staal ·

Asseblief Maroela!! Boetebessies verwys na vroulike verkeersbeamptes.

vuurvliegie ·

verkeersbeampte is een van die winsgewende werke in SA. Al die fakante poste sal in 10minute gevul word.

Pieter ·

Nee asseblief, ons soek nie nog korrupte verkersbeamptes nie

SjN ·

Tjo tjo geld is glo deel van die pakket, jy moet net nie uitgevang word nie.

Danie ·

So daar is n tekort aan personeel en dan gaan daar dan seker aangestel word , kan iemand dalk die vraag beantwoord ,hoeveel voertuie is beskikbaar vir die beamptes om hul werk te doen? Te veel personeel in 1 voertuig kan ook nie werk want dan is dit n gekuier en die werk word nie gedoen,

Roek ·

Onthou hulle moet dan BMW’s enGTI’s koop met al toe toerusting nie soos ons wat met 1600 toytas en fords moes patroller nie , vandag is dit regtig ‘n luukse !

Adri ·

Nee wat, ons het nie nog van die betrokke amptenare nodig hier in die Noord-Kaap nie. Ons weet hoe om onsself te gedra. Ek dink 50 sal die ding kan doen t.w.v. die reisigers van elders.

Jixy ·

Die wat hier is sit en slaap in hul voertuie onder die bome.
Moet asb nie vir ons nog sulkes stuur nie

Roek ·

Ooooo- gaats pasop vir die MRK , wat eens onskuldig was kan nou gesien wrd dat jy na ‘”n insek verwys !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.