Teffo weer in hegtenis geneem

Malesela Teffo. (Foto: Twitter / Malesela Teffo)

Malesela Teffo se regsprobleme word al meer.

Die voormalige advokaat wat vroeër van die rol geskrap is, is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, aanranding, opsetlike saakbeskadiging en onwettige betreding.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, het dié nuus Woensdag aan Maroela Media bevestig. Daar is tans min besonderhede rondom die inhegtenisneming beskikbaar.

Nevhuhulwi sê Teffo sal Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Teffo was ten tyde van die inhegtenisneming uit op borgtog nadat hy van aanranding en onwettige betreding aangekla is en toe versuim het om in die hof te verskyn.

Teffo, eens die regsverteenwoordiger van vier van die vyf beskuldigdes in die opspraakwekkende moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa, is verlede jaar van die rol van advokate geskrap.

Dit nadat daar 22 bewerings van wangedrag teen Teffo by die regspraktykraad geopper is. Dié bewerings sluit onder meer in minagtende gedrag in die hof, die misleiding van die hof en die wanbesteding van geld.

Teffo is in Mei verlede jaar, nog geklee in sy toga, in die Pretoriase hooggeregshof in boeie geslaan nadat daar ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frank ·

Wens soms ek kan voor sulke outjies gaan staan en lekker in sy gesig lag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.