Tembisa-hospitaal erken oorbevolking

‘n Skermskoot van die plasing op sosiale media.

Die Tembisa-hospitaal in Gauteng het Donderdag bevestig dat ernstige siek pasiënte toegelaat word ondanks sale wat hul volle kapasiteit bereik het weens die hoë aanvraag na gesondheidsorgdienste in Tembisa en omliggende gebiede. Dié hospitaal loop veral oor van swanger pasiënte aangesien hulle nie weggewys kan word nie.

Woedende sosialemediagebruikers het uitgevaar nadat foto’s van oorbevolking by die hospitaal aan die lig gekom het. Die foto’s is oënskynlik deur verpleegsters uit frustrasie op sosiale media geplaas.

Die foto’s wys ʼn oorvol kraamsaal waar personeel in ʼn stadium na 192 pasiënte moes omsien in die saal wat geskik is vir slegs 51 pasiënte.

Die hospitaal het sedertdien in ʼn verklaring erken dat om meer pasiënte te akkommodeer as wat die fasiliteit kan hanteer nie ideaal is nie, maar het in dieselfde asem gesê dat die toename in siekes dit egter onvermydelik gemaak het.

Die hospitaal het gesê die situasie is vererger deur die gebrek aan ander hospitale in die omgewing waarna pasiënte verwys kan word.

Luidens die verklaring is van die inligting op sosiale media egter misleidend. “Eerstens was die saal veronderstel om vier vroedvroue te hê, maar omdat een van die vroedvroue siek was, was daar slegs drie aan diens en nie twee soos in die plasing vermeld nie. Daarbenewens was daar drie ingeskrewe verpleegsters en een operasionele bestuurder. Daar was altesaam sewe personeellede [aan diens] in die saal.

“Tweedens het die saal 80 swanger pasiënte gehad, nie 96 soos beweer word nie. Die hospitaal bedien ‘n bevolking van 1,2 miljoen mense en meer as 1400 babas word per maand daar gebore. Dit beteken dat die tweede meeste aantal babas in die land daar gebore word,” lui die verklaring.

Die hospitaal het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om van gesondheidsentrums en klinieke naby aan hul huise gebruik te maak indien moontlik sodat die hospitaal sy hulpbronne aan meer ernstige pasiënte kan toewy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Db ·

Genugtig 1400 babas per maand net daar! Geen wonder ons land bars uit sy nate uit nie

Nienie ·

Gesinsbeplanning het duidelik in d hek geduik. Dis ons grootste krisis ooit.

blom ·

Hoekom sou hulle ophou – hulle word dan betaal per maand om kinders te kry??

Sarel ·

Laat my dink aan bekende advertensie van jare gelede wie moet ons bedank Govverment!!!!

Nienie ·

Die nee stem sou nie d oorbevolking gekeer het nie…..net vir n rukkie uitgestel het.

Tilla ·

Daar is nie 192 pasiente nie, dit was 96 volgens die inskrywing. 192 siele, dis ma en baba.

Gert van Wierdapark ·

Miskien moet pres CR eers oor dienslewering in SA begin droom en sy “Superstad” bietjie op Ys/Ace sit!!!

Susan ·

Jy weet mos hoe mrer babas hoe meer Sassa uitbetalings. Lekker man lekker!!!

KaterinaKat ·

Dis nie volhoubaar nie..ek weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie. Al hoe meer witmense verlaat die land, baie van die wat nie kan ontsnap nie, het nie werk nie as gevolg van hul velkleur. Daar is soveel werkloses van alle etnisiteite in hierdie land. Waar moet die Sassa geld bly vandaan kom? As daar nie so n frenetiese aanwas gewees het onder swart burgers nie, sou mens miskien nog kon dink dat dinge maar so kan voortploeter. Maar die aanwas Is freneties, so ek weet nie..hierdie Sassa storie is nie volhoubaar nie.

jakes ·

Dis niks anders as ‘nation building nie’ 6 miljoen mense sit sonder huise of werk in SA maar steeds bou hulle die nasie teen n reuse tempo. Dit voorspel groot treurmare.

Anel v rensburg ·

Ja en dan word daar van die handjie vol belasting betallers nog steeds verwag om die magdom te dra!!!

willem Botha ·

Die selfde met tronke in SA oorvol en geen nuwes nie so wat volg.

Pitty ·

Beperkte opvoeding, maar baie mense wat manipulier kan word om oor 18 jaar vir n groep te stem wat klaarblyklik nie met kwalifikasie en kennis kan voruitgaan nie.

Gawie ·

Dis nie net die kraamsale wat oorvol is nie – ek was onlangs self by dié hospitaal opgeneem na ‘n ernstige motorfietsongeluk. In ‘n saal wat 24 pasiënte moet huisves, het ten minste 45 mense gelê. Wagtyd vir ‘n oparsie vir ‘n gebreekte arm – ten minste drie weke.
Ten spyte van dit, was die behandeling wat ek ontvang het uitstekend – die kos was eenvoudig, maar baie geurig en vullend. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam, en het die beste gedoen met die beperkte hulpbronne tot hul beskikking.

Suster ·

As almal net so positief wil wees, ek weet almal is nie engele,maar ek glo elke verpleegster en suster het nie begin verpleeg met n houding nie ,maar n wil om te help. n Dankie en n woordjie van empatie omdat jy sien hulle probeer hulle bes onder swaar omstandighede sal jou ver bring. Next time as iets verkeerd loop in n hospitaal, moet asb ook nie dadelik die verpleegsters sleg maak nie, dis nie maklik om onder daardie omstandighede te werk nie en sekere dinge is net nie in hulle beheer nie. Dis nie maklik om positief te bly as almal heeltyd se verpleegsters is sleg nie. Die probleem le by die staat self en hoe hospitale bestuur word. Onthou, jou dokter is 10min langs jou bed, daai 3 susters en 3 verpleegsters is 12 ure daar en aangesien dit staat is, is daar nie eens n dokter, die susters doen die bevalings, bietjie respek. Die personeel is niks minder as fantasies om die tipe van sale te kan hanteer!

Jessica ·

No wonder they die of hunger they sleep with any man that pass them on the road, they greet, stop and chat, next thing they pregnant. Collect the grant, drop the babies of with the oldest grannies in the homelands, come back spend the grant on them self, then a few months and the pregnant again, and so it carries on for the grant money.

johan ·

Skaars 15 km daarvandaan staan die ou Kempton Park hospitaal leeg en vergaan.Kan dit nie gebruik word nie ?

Danie ·

As die mens swaarkry vermeerder hul. In die natuur as dit droog is lam die wild nie.
Bevolkingsgroei floreer in jou derdewereldlande. Is daar ‘n totale afwesigheid van gewete??
Blameer die Minister en LUR’e vir toetand in hospitale. Hulle doen NIE hul werk. Het skynbaar ook geen gewete of pligsbesef teenoor gemeenskap. Kom al baie lank(25 jaar) aan!

Frm ·

Hoe kan die kiesers nie die goed sien en in opstand kom nie. Dis mos onmoontlik om maar net stil tebly en sulke goed te aanvaar. Aggenee man niks maar niks werk meer nie en die grootate deel van die bevolking aanvaar dit. Miskien moet ons eerder hoop op n sterk swart leier wat die anv kan stop.

Foxi ·

Goeiste….. te lekker man. Bou n nasie…..die land het baie geld.

ne ·

maar cr droom van ‘n nuwe stad? Wat van die bestaande stede wat so tot niet gaan? Hospitale oorvol!

Sonskyn ·

Wat nog meer hartseer is – my ma (afgetree en 85 jaar oud) wat vir 60 jaar aan Transmed (SAL se medies) behoort word ook soontoe verwys met ‘n hartaanval in ‘n kritieke toestand.

Heleen ·

Daar is ‘n ma én ongebore baba om te monitor en te versorg… Verpleegsters kan nie die werk doen vd vroedvrou nie… Dus slegs 3 susters wat dit kan doen……
Dis vreeslik… Weet nie hoe die personeel daarmee uithou nie..

GM ·

Meeste van hulle kan nie eers vir hul kinders by die huis sorg nie, dan kry hul nog. Maar dis apartheid se skuld dat almal so sukkel. Dis mos makliker om 7 monde te moet voed as wat dit is om ‘n gesin van 3 te moet voed (Vader weer hoe daar geredeneer word). Die belastingbetaler sal mos sorg.
Al hierdie dinge sal na ‘n paar jaar regkom indien elkeen aan sy eie genade oorgelaat word en daar nie ‘grants’ gegee word vir kinders kry nie.

Chivago ·

Die hospitaal moet eintlik ‘n beroep op die gemeenskap doen om voorbehoeding te gebruik. Hierdie massa aanwas is nie volhoubaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.