Thabo Bester se dokter-vriendin onder vergrootglas

Thabo Bester en sy vriendin Nandipha Magudumana

Die dokter wat glo in ʼn romantiese verhouding met die reeksverkragter en veroordeelde moordenaar Thabo Bester is en hom boonop help ontsnap het, se betrokkenheid by die saak word nou deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) ondersoek.

Dr. Nandipha Magudumana, Bester en ʼn Mosambiekse burger is Vrydagaand in Tanzanië vasgetrek nadat hulle glo weke vantevore in ʼn huis in Johannesburg geskuil het.

Bester was sedert Mei verlede jaar op vrye voet nadat hy sy dood vervals en uit die maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein ontsnap het.

Volgens HPCSA neem hy kennis oor die bewerings wat teen Magudumana gemaak is en “as reguleerder vir die gesondheidsberoepe sal die HPCSA sy eie ondersoek na die saak instel”.

Die HPCSA sal hande vat met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die departement van gesondheid – provinsiaal én nasionaal – die departement van binnelandse sake en die departement van korrektiewe dienste om te verseker dat die ondersoekproses omvattend is.

Dr. Mmereka Ntshani, beter bekend as “Dr Pashy”, win ook nou regsadvies in nadat Magudumana na bewering haar identiteit aangeneem het terwyl sy saam met Bester gevlug het.

Kort nadat Magudumana en Bester in hegtenis geneem is, is daar glo verskeie paspoorte met verskeie identiteite in hulle besit gevind.

Die Dr Pashy-stigting het in ʼn verklaring sy kommer hieroor uitgespreek en sê nóg hy nóg Ntshani was bewus daarvan dat Magudumana dalk haar identiteit aangeneem het.

Regsadvies word nou oor die beweerde identiteitsdiefstal ingewin.

“Sou die bewerings waar wees, sal die saak wetlik hanteer word,” lui die stigting se verklaring.

Die stigting en Ntshani het dit ook onomwonde gestel dat hulle nooit in hulle persoonlike of professionele hoedanigheid geld van Magudumana ontvang het nie.

Intussen sal die parlementêre portefeuljekomitee van justisie Woensdag en Donderdag vergader om die omstandighede rakende Bester se ontsnapping beter te verstaan.

Mava Lukani, woordvoerder van die komitee, sê hoewel die komitee tans in reses is, het hy die aangeleentheid geprioritiseer “om sy grondwetlike mandaat te vervul om toesig te hou oor die werk van die uitvoerende gesag”.

Die komitee se sitting oor die saak is verlede week uitgestel nadat die voormalige bestuurder van die Mangaung-gevangenis, G4S, slegs ʼn regsverteenwoordiger gestuur het om die saak te bespreek.

ʼn Afvaardiging wat deur die polisie se adjunk- nasionale kommissaris, lt.genl. Tebello Mosikili, gelei word, bespreek ook reeds die uitleweringsproses vir Bester met Tanzanië se amptenare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tewis ·

Jammer ek sit ń GROOT ??? agter die store daar was laas week al gesê hulle is reeds daar vir samesprekings nou sit die klomp nog steeds daar ??

Janice ·

Hierdie hele insident klink soos iets wat vir ‘n rolprent geskryf is. Om elke hoek en draai is daar nog ‘n WWWAAATTT!!!!??? oomblik.

miche ·

‘ n Ander nuuswerf het berig dat Thabo Bester se vriendin ( die dokter ) reeds 2 jaar terug nie meer as Dokter mag praktiseer nie. Kan MM dalk dit opvolg asb.

Amelia ·

Hier klink iets nie lekker nie Die “dokter” het in huis gebly van r12miljoen by watter hosp sy gewerk vir daai tipe geld Het niemand iets agter gekom nie bv bure Is hier nie weer n geval word ‘bekerm ‘ nie Hoeveel geld het die mense glo nie al die mense wat hul gehelp het het dit verniet gedoen nie jnie 1 van hul nie en waar kom die miljoene vandaan Is dit dalk alweer tender bedrog of banjtjies vir boeties
en toe val als uitmekaar????

JohanR ·

Sy het hom al die pad gehulp. Sekerlik moet sy ook tronk toe gaan? Dink ons kan verwag dat Dali Mpofu sal die twee verdeedag?

Magda G ·

Geld het seker weer gepraat. Dit snoer mos monde. Is hulle kroonwild? ????????

TruthDealer ·

Ek kan net nog steeds nie glo, hoe so n mooi slim suksesvolle vrou met klein kindertjies haar lewe so kan weggooi nie. Dit breek my brein. Volgens ander berigte was sy ook getroud met n pediater. Die perfekte lewe waarna duisende en miljoene mense smag. En as haar huwelik ongelukkig was kon sy mos maar net skei. Nee kyk hierdie sal ek Nooit verstaan nie.

Etienne ·

Dokter? Dokter in wat? Skelm streke en korrupsie?… waar kry sy haar geld vandaan? Dit sal interessant wees om te weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.