Thandi Modise nie in hof ondanks dagvaarding

Thandi Modise. (Foto: Phando/Jikelo/ANA)

Thandi Modise, voormalige voorsitter van die nasionale raad van provinsies en tans speaker vir die nasionale raad, sou vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse streekshof verskyn op aanklagte van dieremishandeling.

Haar regspan het egter aangevoer dat sy weens haar verantwoordelikhede as parlementêre speaker en voorsittende beampte by pres. Ramaphosa se staatsrede in Kaapstad nie in die hof sal kan verskyn nie.

AfriForum se privaatvervolgingspan het egter aangevoer dat die parlementêre speaker se posisie haar nie bo die land se howe verhef nie. Die dagvaarding om in die hof te verskyn is op 15 Mei 2019 aan Modise oorhandig.

Die saak volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid verlede jaar aangekondig het dat hy Modise namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg. Die verhoor is tot 22 Julie 2019 uitgestel.

Adv Gerrie Nel, Grace de Lange (NDBV), Adv Phyllis Vorster en Elias Maangwale.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid verwelkom die verhoor, sodat Modise uiteindelik verantwoording kan doen vir hierdie wrede geval van dieremishandeling. Selfs nie die speaker van die parlement behoort vervolging te kan vryspring bloot omdat sy ’n politieke hooggeplaaste is nie.

“Ons betrokkenheid onderstreep die respek wat ons vir die NDBV se onbaatsugtige werk het,” sê Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte ontvang van een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die welsynsorganisasie nóg teëgekom het.

Grace de Lange, bestuurder van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, het gesê Modise se plaas was besaai met karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke.

Die oorlewende diere, waaronder varke, skape, hoenders en bokke, is sonder kos en water gelaat en was in ’n haglike toestand. Die NDBV moes 162 diere weens die nypende omstandighede van kant maak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ronel Nortje ·

Watter skande! En dan is sy te papbroekig en wys haar gesig en daag op by die hof. Ek sou my dood geskaam het!!!!

Andreas ·

Cyril, klap die sweep! Maar ek het eerder idee as Steve vir haar beduie om te spring, sal sy vra; “hoe hoog”.

Ronel Nortje ·

Skandalig verby – ek sou ook te skaam gewees het om my gesig te wys.

Sou my dood geskaam het as ek die een was wat verantwoordelik was vir sulke lyding van onskuldige diere! Sies!!!

fred ·

wat n voorbeeld vir die gewone mense….het altyd gedenk minagting van die hof is n ernstige saak en roep vir tronkstraf?????
maar dit was in die oue zuid afrika…..skande

Antz ·

@Alida, ek stem, as ons in die hof moet verskyn en daag nie op nie dan word daar n lasbrief vir ons inhegtines name uitgereik. Hoekom nie met haar nie?? Omdat sy n die Speaker van die Nasionale Raad is?? Dis absolute bog

Johan ·

Ek is nie ‘n profeet nie. Tog het ek haar nie-verskyning voorspel!

Issabelle ·

Ja nee …. tipies deel van ANC wat maak & se net wat hulle wil …. want CR is mos daar om haar te beskerm …. sy is beslis nie bo die gereg verhewe nie …. sy het mos ‘n baie belangrike pos in die parlement & die hof moet maar wag …. !!! Wonder wat gaan haar volgende verskoning wees wanneer sy weer in die hof moet verskyn …. seker ‘n siek nota vir die hof stuur ….. ja nee …. al hoe meer skandes kom uit van die geliefde CR se
parlement se leke wat nie hulle poste vedien nie …. nog minder hulle werk …. nog een van die ” clowns ” van die parlement ….

Emma ·

Waar dit by diere kom raak ek absoluut woedend vir hulle wat nie na die diere kan omsien nie. Is n skande as jy voor in die parlement sit en jy kan nie eers na jou diere omsien nie. Dan het jy n verkeerde persoon aangestel want dit is n skande

Gert van Wierdapark ·

Zeno daar is ‘n verskil want ‘ n Nul kan nog vir iets gebruik word. Wat van iets soos Nutteloos?

Denise ·

Julle is almal verkeerd,mense!!!
NIKS gaan met haar gebeur nie!!
Haar velkleur en party is RÉG!!
SY mag maak net WÁT SÝ WÍL !!
SÝ IS NES JULIUS VERHEWE BO DIE REG EN DIE LAND SE WETTE!!

"Our Land" ·

Dan is dit die mense wat huil oor “our land”, maar as hulle ‘n plaas het, kan hulle nie eers na die arme diere omsien nie!! Dit is hoe die ekonomie gaan groei vlgs CR!

Antz ·

Het nou net op die vier uur nuus gehoor hulle het n lasbrief vir haar uitgeruik. Wel gedaan Gerrie, jy ken jou storie!!

SjN ·

Sluit haar toe sonder kos en water soos gemaak met die diere.

ne ·

As sy wil boer moet sy BOER nie ander verpligtinge voor die diere op die plaas voorkeur gee nie.
Voorheen het die werker gekla dat sy hom nie betaal het nie! Waar is die wette nou?? Kan nie eers haar broers betaal nie – waarheen vat dit die NUWE SA?

Naomi Berger ·

Sal graag die uitkoms hiervan wil sien en vergelyk met met ander mense wat skuldig bevind word.

Michelle ·

Mos bo verhewe die wet gaan vat ‘n lasbrief soos met almal en sluit toe. Almal moet onder dieselfde kam geskeer word.

Andre ·

Haar aanstelling wys net die swak vlak waarop die ANC aanstellings maak. Sy kon nie eens na die diere omsien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.