‘The Bachelor’ se Jozaan verloof

Jozaan Digue en haar verloofde, Stephan du Preez. (Foto: Verskaf)

Jozaan Digue, wat in 2019 aan die eerste seisoen van Suid-Afrika se The Bachelor deelgeneem het, is verloof.

Kykers sal onthou dat Jozaan, ʼn prokureur van Centurion, in die slotepisode van die seisoen met ʼn stukkende hart huis toe gestuur is nadat Lee Thompson sy finale roos vir Gina Meyers gegee het.

Jozaan het destyds aan Maroela Media vertel dat haar hart aan skerwe was en sy nie verwag het om daardie dag met leë hande huis toe te gaan nie.

“Ek dink die regte liefde sal mý vind, ek hoef dit nie te gaan vind nie. Ek glo altyd dat dit wat vir jou bedoel is, jou sal vind. Ek is oukei om enkellopend te wees, ten minste vir nou,” het sy gesê.

Sowat ʼn jaar na dié liefdesteleurstelling het Maroela Media berig dat liefde wel aan Jozaan se deur geklop het nadat haar en Stephan du Preez se paaie gekruis het.

Sy het in 2020 ʼn foto van haar en Stephan op Instagram gedeel waarin hulle ooglopend smoorverlief is en daarby geskryf: “Jy is die beste ding wat ek nooit beplan het nie.”

Stephan het op 30 Desember in Praag in die Tsjeggiese Republiek op sy knie neergesak en die jawoord gevra.

“Ons het op vir ewig besluit,” het Jozaan agterna op Instagram by ʼn foto van die paartjie geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christine ·

Ja, as jy nie iets goed kan sê oor geluk iemand gevind het nie, bly maar eerder stil. Baie bly vir Jozaan. Sy is ‘n oulike mens en verdien geluk.

Hennie ·

Nog nooit van haar gehoor nie. Kom ons beweeg vinnig aan….

Leonard ·

Gelukkig is ék geskei, en is ék rustig alleen met my dogtertjie van 10jaar oud

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.