Tiener, hond tydens bendegeweld geskiet

Die gewonde hond in paramedici se sorg. (Foto: Netcare 911)

’n Tienerseun is Woensdag tydens ’n vermoedelike voorval van bendegeweld in die middestad van Kaapstad doodgeskiet. ’n Hond is ook tydens die skietery ernstig gewond en is inderhaas deur paramedici gestabiliseer.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is Woensdag net voor 13:00 na Voortrekkerweg ontbied. ’n 17-jarige seun is met paramedici se aankoms op die toneel leweloos aangetref. Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir hom kon doen nie en hy is dood verklaar.

Dayne Olsen, Netcare 911 se bedryfsbestuurder, het met verdere ondersoek ook op ’n hond op die toneel afgekom wat “alleen en bewegingloos” op die grond gelê het. Die ouerige teef het in dié stadium gesukkel om asem te haal en getjank van die pyn.

Olsen het ’n ingangs- en uitgangswond aan die hond se bors en bekken opgemerk en die dier is op ’n binneaarse drup geplaas en pynmedikasie toegedien om haar gemakliker te maak.

Die hond is van daar af na die plaaslike diereskuiling Animal Anti Cruelty League gehaas waar sy in ’n veearts se sorg geplaas is.

“Paramedici is vanoggend (Donderdag) na die skuiling om die gewonde hond te besoek. Hulle is egter met hul aankoms meegedeel dat sy Woensdag laataand aan haar beserings beswyk het.

“Dankie, Dayne en die personeel van Animal Anti Cruelty League, vir julle onbaatsugtige werk om die mens se beste vriend te help,” sê Herbst.

Maroela Media het ’n navraag aan die Wes-Kaapse polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Die bende geweld wat Kaapenaars altyd gedink het is daar iewers ver weg van hulle af, kom al nader en nader…..Rondebosch, Nuweland, Claremont, Constantia, Bishops Court. Hoeveel bende dwael koeels het nie al in 2022 lewens geuis nie?

Di ·

Lyk my of bendegweld ook dele van die Kaap oorgeneem het. As dit nie die Taxis is nie, is dit bendes. Ons land het seker die ergste misdaad syfers in die wereld vandat die kommuniste oorgeneem het en die grense oop is van almal om oor te loop

George ·

Jy leef in n droom wereld as jy nogsteeds die “buitelander” blameer vir die crime rates. Hierdie is als proudly South African.

BullsBabe ·

Daar is meer wapens en “guns” op straat as wat daar “sweets” in die winkels is……Lekker man….ons gaan bos!

Sonneblomkind ·

Dankie aan die Paramedic jy verdien n purple hart. Jy sal ryklik geseen word

Cherokee ·

Dan droom die Kapenaars daarvan om in die Wes-Kaap onafhanklikheid te eis.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons kan nie terugsit en toekyk hoe ons geliefde Kaap tot niet gaan nie. Die WK moet losgemaak word van die hool. ‘n Sterk professionele polisie en weermag, en nasionale diensplig sal wet en orde handhaaf. Ons het die derde grootste ekonomie in die hool, maar die meeste geld wat gegeneer word gaan na Pretoria. Ons het ekonomiese en mense potensiaal om die hool verby te steek. Gesonde bevolkingsontwikkelingsprogramme en jeugontwikkeling sal sake binne ‘n 12 jaar omdraai. Moet ook nie die politici se rol vir die huidige gemors onderskat nie.

Annelize ·

Dit lyk my mos na ‘n Pitbull teef daardie. Hoekom die ras nie op die naam noem nie MM? Maar julle is vinnig om dit uit te basuin as iemand aangeval was deur een.
Die tienerseun is seker haar eienaar, en sy het hom natuurlik probeer beskerm, dis wat Pitties doen, sal hulle lewe vir hulle eienaars gee. Net bitter jammer sy kon hom nie teen ‘n koel beskerm nie.

Nella ·

Hier huil ek nou snot en trane. Honde is eintlik heel onskuldig en word afgemaai. Vanoggend gehuil oor ‘n hond wat jare terug so lief vir sy visserman-pa was dat hy in die see gespring het om hom te red en toe in ‘n stroom beland het en self verdrink het. As dit kom by diere, dan raak my hart baaaaie sag en seer.
:-(

Oosie ·

Nie ooit gedink ek sal dit sien .. Netcare 911 wonderlik van jul.. knop in keel wat mens kry.. jammer oor die seun..

Delia ·

Baie dankie Dayne. N lewe is n lewe, of dit nou mens of hond is.

Danie ·

Klink na die dae van cowboy and crooks.Die skietery hou net nie op nie magdom van wapens in omloop.

Jacobus ·

Die ANC het mos belowe hulle sal die Weskaap onregeerbaar maak. Ek het nuus vir hulle en spesifiek Cele, julle gaan nie regkom nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jacobus, jy is die minister van polisie in die afgestigde Wes Kaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.