Tieners beroof glo stapper in Tafelberg Nasionale Park

(Foto: Sanparks – Table Mountain National Park/Facebook)

Drie mense is in hegtenis geneem nadat ʼn groep stappers in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad beroof is.

Luidens ʼn verklaring van die park het ʼn bewaarder Vrydag omstreeks 12:30 ʼn groep van omtrent 10 stappers in die omgewing van Seinheuwel om hulp hoor skreeu.

Een van die stappers is glo van sy persoonlike besittings beroof.

Volgens die park is drie vermeende rowers uitgewys en parkbeamptes is dadelik ontplooi. Met die hulp van die taktiese reaksiespan, die vloot én die polisie is die gebied gefynkam.

“Die Tafelberg-kabelspoor het kameras vir moniteringsdoeleindes geïnstalleer en dit het gehelp om die verdagtes dop te hou, wat tot hul spoedige inhegtenisneming gelei het,” het die park gesê.

Die drie is aan die polisie vir ondervraging oorhandig.

ʼn Silwer slagmes is onder meer gevind, het die verklaring gelui.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die vermeende rowers is onderskeidelik 15, 16 en 17 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Patrys ·

Wat n tyd mors, net om hul aan hul ouers se toesig terug te besorg. En die vraag is waar was die ouers toe hul geroof het? Hul is binne n paar dae weer terug op vrye voet om weer te roof. Tipiese van hierdie helhool van n land se grapkas regstelsel wat so ontwerp is om die krimineel te beskerm. Siek plek wat die A en see geskep het. En dit sal nooit verander nie. Kyk net na die res van donker Afrika.

colleen ·

As jy met ‘n mes daar rondloop is dit beplande roof. Mob justice vir hulle.

leser ·

15, 16 en 17 jaar oud, ons het dit net vir die “fun” gedoen
as hulle mense beroof is hulle nie meer minderjarig nie, gee hulle die straf wat toekom

Marlene ·

En wat gaaan die ouers doen. Sjame my bloetjie het gespeel. Skade aan ander is ernstig. Arresteer hulle. Hulle het geweet wat hul doen. Hul is nie vyfjariges wat gedink het dis fun nie. Opvoeding begin tuis.

aj ·

Die stappers moes seker tussen 6 en 10 jaar oud gewees het om hulle te laat beroof deur 15 jariges?

Lamsakkig!

sweis ·

Reeds kriminele op so jong ouderdom, maar ten minste het die springbokke die wêreld rugby beker gewen.

Jaco ·

In ons huis werk dit so.
As my kids aan jag brand hul agter stewe.
As hul will SAPD toe gaan sal ek hul persoonlik vat. As jy ni kan Ali warm maak nie kan j nie deseplieneer nie en as jy dit ni kan doen ni gaan j kids se lewe vi die wolwe

RP ·

Sweis, daai argument raak nou vervelig. As jou vrou n koek bak sê jy dan vir haar:”Dankie liefie die koek lyk heerlik, maar wat van die ekonomie?”

Jaco ·

MM.
Hkm is hie nou advetensies tussen die nuus. Dit juis hkm ons nuus hier Lees en ni op ane pleke ni

Jakes ·

Wys weereens dat hierdie knape op jong ouderdom al hul stokperdjies begin uitleef. As hulle n ordentlike opvoeding gehad het sou hulle respek vir ander mense se besittings gehad het.

RP ·

Ordentlike opvoeding, n stabiele familie struktuur en dalk net eenvoudig n dak oor hul kop. Die kinders ken nie liefde nie, hulle weet nie hoekom dit nodig is gehoorsaam te wees en ander te respekteer nie, want in hul lewens het niemand waarskynlik ooit vir hulle gesorg en respekteer nie.

Christa ·

Die goed Moet after tralies Bly tot na feesseisoen. Hulle is net n skande vir die land

Boertjie ·

Dis nou hier waar jare terug se lystraf-as-straf baie goed van pas sou wees. So ‘n paar goeie houe met ‘n ligte rottang en die jeug-oortreders sou nie weer daaraan dink om iemand te beroof nie.

RP ·

Ek dink nie enigiemand besef die sosio-ekonomiese omstandighede waarin hierdie kinders hulself bevind nie. Lyfstraf sal nie help nie, want daar is nie n pa om dit toe te pas nie. Mens roof nie iemand met n mes op 15 vir die lekkerte nie, jy doen dit want jy weet nie van beter nie en jy het geen waarde vir lewe nie, want heel waarskynlik in jou eie lewe was baie mense al wreed vermoor en aangerand. Mense, hierdie is diep probleme in ons land en n eenvoudige rotang gaan dit nie red nie.

Attie. ·

Slagmesse word van roesvrye metaal gemaak maar hierdie slagmes is van silwer, ‘n uiters waardevolle mes want daar is vreeslik min messe in die wêreld van silwer. MM skryf nie of dit sterlingsilwer is of 50% (Ag) silwer is nie , in elke geval beslis ‘n versamelstuk.

DLR ·

Kom ek wet jou. Hulle is klaar gekeur vir die parlement eendag….

SjN ·

Hul ore moet oopgemaak word, lyfstraf vir sulke oortredings moet heringestel word.

sannie ·

RP dit is seker só hier by ons op die plaas is ‘n man van so 24 hy is deur baie goeie ouers grootgemaak wat net die beste wou gee. Hy is dorpskool toe en daar het hy met die verkeerde mense deurmekaar geraak. Hy is nie so gebore en grootgemaak hy het deur groepsdruk so geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.