Tienerseun duik dief plat én help hom

Daniël en Carike Langner. Foto: Verskaf

Die 15-jarige Daniël Langner het nie eens twee keer gedink toe ʼn dief sy suster se foon gegryp het nie, maar onmiddellik die man agternagesit.

Daniël en sy sussie, Carike (14), het Maandagmiddag per fiets by hul huis in Lyttelton in Centurion van die skool af aangekom toe die voorval plaasgevind het. Die deurklokkie wou nie werk nie en Carike het haar foon uitgehaal om hul ander sussie wat in die huis was te bel om die hek oop te maak.

“Ek het probeer kyk of hulle vir ons gaan oopmaak en toe hoor ek net hoe Carike skree ‘Nee, nee, Daniël, help’. Toe ek omkyk, sien ek ʼn man is besig om my sussie se foon af te vat. Hy het die foon gegryp en gehardloop.”

Daniël het van sy fiets af gespring en die dief agternagesit. “Ek het nie gedink nie, net begin hardloop. Die dief het om die hoek geval en sy plakkies verloor. Ek kon hom eers op die volgende hoek op ʼn grasperkie platduik.”

Volgens Daniël was hy nog besig om die dief vas te hou en te vra waar sy suster se selfoon is toe ʼn onbekende man hom te hulp gesnel het. “Die man het gevra wat gaan aan en ek het gesê hy [die dief] het my sussie se foon gesteel. Die man het die dief ʼn paar keer met die plathand geklap en gevra hoekom hy dit gedoen het en waar is my sussie se foon.”

Die dief het gesê hy het die foon in die bosse gegooi terwyl hy gehardloop het. “Ek het die man wat gehelp het, bedank en begin terugstap toe ek die dief se plakkies gewaar. Ek het dit opgetel en vir hom gevat. Hy het baie dankie gesê en ek het vir hom gesê hy moet dit nooit weer doen nie.”

Daniël en Carike Langner. Foto: Verskaf

Daniël het die foon teruggekry en vir Carike gegee wat baie bly daaroor was.

Die kinders se pa, Danie Langner, besturende direkteur van die FAK en hoofleier van Die Voortrekkers, het gesê hy is ontsteld oor die misdaad wat voor hul huis plaasgevind het en wat met sy kinders kon gebeur het.

“Ek is uit my hart uit dankbaar vir die onbekende man se hulp. Wens ek het geweet wie hy is om hom persoonlik te bedank.

“Ek is ook ongelooflik trots op dapper Daniël. Veral trots oor die menslikheid om die plakkies op te tel en vir die dief te gaan gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

AmY ·

En nou is die misdadiger weg?
Welgedaan Daniël. Jy is ‘n dapper jong man.

Trotse Vorie ·

Sommer ‘n baie trotse Voortrekker om so storie te sien!

Neels ·

Wee daai klap uitdelet as hy lig van kleur is want dan gaan hy virseker gesoek en aangekla word. Daai herverdeeler het al die reg ongesg of hy geroof het of nie

zoom zoom ·

Maroela hierdie geval het al maandag wat al 6 dae terug is gebeur. Hoekom dit op sondah 21 April 2019 plaas. Nee ek Sal nie verstaan wat die doel was van die beig.

Susan ·

Ek het nog nêrens hiervan gelees nie. So, dankie Maroela Media vir die berig, al het die storie eers laat by jul uitgekom. As julle dit nie geplaas het nie, het baie van ons nooit daarvan gehoor nie.

Catherine ·

Zoom zoom.
Ek dink dis laat en jy moet eerder bed toe gaan.
Kyk eerder strokies prente vanaand.
Dit is n pragtige geval van flink dink.
Trots op jou, seun.

Bekommerd ·

Ag genade, Zoom Zoom, altyd iemamd wat kla. Die doel van die berig is om bietjie goeie nuus te deel, om die kimd se dapperheid te deel, om sy gesindheid uit te wys van die plakkies terugneem. Al is die berig laat, die nuus bly dieselfde. Dalk het dit nou eers by Maroela uitgekom. Wat ook al, hou op kla!

Pieter ·

Goeie berig, maar wil jule nie sommer al die inligting van die mense gee nie. More oor more is die julle klomp rassiste daar- Eff en so voorts. Want hoe kon die kind die foon terug soek, ‘die mens’ was honger.

PaulV ·

Dit is inderwaarheid die eerste keer dat baie van ons hierdie storie lees. Ai, Alida. Dankie vir die berig, Maroela Media.

IK ·

Goed gedaan Daniël MAAR die man kon ‘n mes by hom gehad het . . . Die taai klappe is ‘n beter straf as ‘n lang uitgerekte hofsaak waar hy dalk op die ou end na maande se hofsittings in die tronk sal land. Nou is my redenasie as volg: Land hy in die tronk gaan vir hom deur medegevangenes gevra word waarom hy daar is. Daar gaan foute aan hom uitgewys word sodat hy nie weer so maklik gevang word nie soos in hierdie geval om ‘n mes saam te dra. Die taal wat verstaan word is lyfstraf vir hierdie soort misdaad en laat hom gaan. Tronkstraf is nie die oplossing hiervoor.

Pieter du plessis ·

Die swakste raad wat ek al ooit gehoor het ,ons sit met n nuttelose polisie wat nie gaan of wil help nie ,baklei terug verdedig jouself met die nodige geweld om die aanval af te weer en jy hoef niks te vrees nie

Foxi ·

Wat!!!!Die seun het die rower laat gaan? Nee man, daardie paar klappe het nie gewerk nie.
Nee jammer……n paar klappe by die polisiestasie sou beter gewees het. Hy gaan dit weer en weer doen. Hierdie hardgebakte misdadigers voel niks nie……..

IK ·

Pieter, lees my kommentaar wat in gewone verstaanbare Afrikaans is en maak dan jou afleiding.

JohanL ·

Plakkies opgetel en teruggegee :) Ek sou dit opgetel het en hom eers met die plakkie (nog) ‘n paar goeie ordentlike houe teen die ore gegee het. Dan kon hy dit teruggee het. Die onbekende man se paar klappe is darem goeie nuus.

Polisie? Hofsaak? Niks sou gebeur het nie, daar was geen misdaad nie. Hy het mos nie die foon by hom gehad nie. Dis wat ons howe sou besluit in elk geval.

Van Centurion ·

Ek kan nie glo die ouers laat hulle kinders in Lyttleton met hulle fietse ry nie…die area is glad nie veilig nie

Bekommerd ·

Alida, nog ‘n klakous! Hierdie klakouse was net foute uitwys moet eerder in die bed klim. Kla jy oor als al die tyd? Jou arme man! Dankie MM vir die berig.

Mooi maar wees hard ·

Om die dief te help is nie die regte ding om te doen as mens hulle wil stop nie, hulle moet hard gestraf word, dis al. Maar dankie inelkgeval dat jy darm iets gedoen het, doeners soos jy kom ver in die lewe, solank jy die skuldig voel teenoor misdadigers deel verloor.

Corne ·

Ek kan nie glo die kinders kon nie in hul eie erf inkom nie. Swak ! Sou hul kon het die insident nie gebeur.

Santjie ·

Ag Corne….. die einste dief het heel moontlik al lankal die huis begin dophou en toe hy sien die roetine is seker maar elke dag dieselfde, met die klokkie gepeuter… moenie oordeel nie

Anneli ·

Baie bly dat alles goed uitgewerk het in hierdie geval.
Donderdag 18 April het ‘n soortgelyke voorval by Zwartkop Hoërskool plaasgevind.
Die seun Ruan, is voor die skoolhek met ‘n pistool teen sy kop aangehou en van sy selfoon en horlosie beroof.
Ongelooflik vir my dat mens nou skoolkinders met wapens dreig.
Wat ‘n jammerlike situasie.

Bekommerd ·

Anneli, ja die aanvalle op weerlose kinders raak nou erg. Hier in Roodepoort is ‘n skoolmeisie vir haar foon in die kar deur drie kriminele ingedwing en het sy uit die bewegende voertuig uitgespring. Ons moet sorg dat ons kinders veilige vervoer het huistoe na skool.

Støckhølm Sindroom ·

Hierdie geval dra tipies die wan-opvoeding simptome van Stockholm Sindroom. En só verseker die wittes hulle eie ondergang.

jaco ·

Die FAK was die “openbare” vleuel van die geheime Broederbond. Die einste Broederbond wat die “think tank” agter die regerende Nasionale Party se beleid van “hervorming” en oorgawe aan die ANC was. So mnr Langer moet eintlik nie verbaas wees oor wat gebeur het nie. Dis mos die soort SA wat die Broederbond, FAK en die Nasionale Party wou hê…

High Horse ·

Klim van jou “high horse” af Jaco… Om te se dat die gemors waarin Suid-Afrika homself huidiglik bevind is te danke aan mense soos Danie Langer, is so goed soos om te se dis alle wit Suid-Afrikaners se skuld dat Apartheid was wat dit was. Miskien moet jy eerder bietjie wonder wat JY doen om Suid-Afrika ‘n beter plek te maak? Want om te kla op platforms soos die oor wat ander gedoen het, is nie die oplossing nie.

Anita ·

Wat ‘n seun, ware held, ware kind van die Here. Hierdie seun kan elke Afrikaans sprekende leer iets van die lewe.
Aan die ouers, julle het hom gevorm tot die seun die hy is wees trots oor julle opvoeding
en hy moet vir sy dapperheid ‘n medalje ontvang. Ook die man wat gehelp het gee ons moed vir die daaglikse berowings.

hercu ·

Daniël, jy doen jou naam gestand, mooi man, trots op jou!! sommer so innie leeukuil ingehardloop :-)

saluut!

DS ·

Daniel jy is ‘n beter mens as ek ek sou sy plakkies in sy keel afgedruk het en gehoop het hy versmoor daaraan. Jammer mense maar dit is hoe ek oor die misdadigers in ons land voel.

D ·

Mooi so Daniël! Jou optrede wys wat in jou hart is: hulp vir jou sus en n goeie daad vir die oortreder. Dink Jesus sou dieselfde gedoen het! Hy glimlag oor jou, Hy was ook daar.

Miss Julia ·

Mooi gestel D. ek dink die boef het skaam geraak vir die gebaar van die seun se kant af…

DS ·

Ag nonsens! Hy het net opgestaan en sy volgende slagoffer gaan soek. Daai misdadiger voel vere vir die goeie daad en glo my as dit jou vrou en kind was wat aangerand of verkrag was (ja DIE keer was dit ‘n nie-geweldadige misdaad) gaan jy definitief nie die misdadiger se plakkies daarna vir hom aantrek nie. Misdaad is misdaad die skurk moes agter tralies gesit het en die man wat gehelp het moes hom harder geslaan het!

DeVill ·

Net ‘n gedagte.

Sy sussie het dadelik haar broer se naam geroep om te help.
Wie moet seuns roep indien hulle die slagoffers is?

Dit is die natuurlike orde. Mans moet beskerm, dit is ons plig!
Die moderne man het meer erkening nodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.