TLU bekommerd oor staat se planne met pensioengeld

geld spaar spaarvarkie pensioen

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Die landbouorganisasie TLU SA sê hy is uiters bekommerd oor uitsprake deur regeringslui waar hulle voorspraak maak om Suid-Afrika se pensioenkapitaal aan te wend vir sogenaamde belegging in vaste bates.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, het Maandag gesê pensioenfondse het ʼn rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika te speel, deur hulle beleggings in vaste bates.

Patel was die hoofspreker by die Suid-Afrikaanse bedryfsliggaam vir aftreefondse, Batseta, se pas afgelope konferensie in Johannesburg.

“Die regering se beleggingsveldtog kyk nie net na direkte investering van die buiteland nie, maar soek ook dringend na plaaslike beleggings om ekonomiese groei te stimuleer,” het Patel gesê.

Hy het opgemerk dat die algehele bates van pensioenfondse in Suid-Afrika tans sowat R4,2 biljoen (“trillion”) beloop. Dit was volgens die 2017-jaarverslag van die registrateur van pensioenfondse wat ook aangedui het dat die staatsamptenare se pensioenfonds (GEPF) 40% van die algehele bedrag uitmaak.

“Die grootte van die uittreefondse beteken dit kan ʼn reuse-invloed op die nasionale ekonomie hê,” het Patel gesê.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIVR) het reeds ten sterkste kapsie gemaak teen die regering se planne om voorgeskrewe bates vir pensioenfondse in te stel.

Kobus Oberholster, hoof van TLU SA se finansiële welstandslessenaar, het Vrydag ook gesê Suid-Afrika se reserwes, asook die belastingbetalende burgers se vermoë om die onverantwoordelike en roekelose verkwisting van geld deur die regering en munisipaliteite te finansier, is uitgeput.

Die organisasie sê dit los twee bates: grond en pensioene.

“Ons kan nie stilsit en toelaat dat ons mense se swaarverdiende pensioen, wat oor dekades opgebou is, ook nou in die bodemlose putte genaamd Eskom, SAL, Prasa, Denel en andere gestort word nie,” het Oberholster gesê.

“Oor ʼn tydperk van 25 jaar is die staatsinstellings deur die ANC-kaders gebring tot waar dit vandag is. Geen buitelandse of plaaslike pensioenkapitaal gaan nou skielik veroorsaak dat hierdie entiteite in ekonomiese suksesverhale verander nie.

“Ons is oortuig dat die enigste uitkoms van so ʼn aanwending van pensioenkapitaal ʼn onmiddellike vernietiging van welvaart teweeg sal bring.”

TLU sê hy gaan sy lede help om met behoorlike beplanning verliese en skade te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

HPV ·

So hulle wil dit ook begin plunder, dit is in elk geval al wat nog nie geplunder is nie. Mens moet seker nie verbaas wees nie.

Boer ·

Dit is NAG, Nella.
Maar nog steeds hoor ek blankes wat sê hulle glo ou CR gaan dinge om draai…. ????

Andreas ·

Hierdie land is krisis verby, die regering het nie meer geld nie, die ganse privaatsektor in elke dorp en stad behoort ‘n week lank te betoog teen ‘n onbevoegde regering. Waar is al die beleggings wat Cyril en “die manne” oorsee gaan beding het en waaroor hulle van die suksesse so “gebrag” het, daardie miljarde der miljarde?

Cyril en al sy ministers behoort voor die hof gedaag te word omdat hulle die land versaak. Die een kader is so onbevoeg soos die ander en is dronk aan hul ideologie. Kyk hoe lyk die rentekoerse, gaats, kan mens dit nog so noem? Als groei in trurat, die ANC regering vreet nou al die land se wortels van onder die grond af op, so daar steek nou nie eens meer ‘n stoppel aan die bokant uit nie. Dit help nie mens gee water nie, die aarde is dor, leeggesuig, dit loop soos ‘n sif in die grond in weg, die nat kol wat oorgebly het, is binne sekondes kurkdroog.

En hulle storm net voort, hulle kyk in ‘n geweerloop vas, die sneller word oorgehaal, maar hulle hoor niks, sien niks, net hul ideologie wat vir hulle doer in die verte wink.

Drieks ·

Baie mooi gesė Andreas. Hul begin eet al die wortels onder die grond.. Ons in groot moeilikheid.

Nita ·

Neeeee! Mnr Patel hou julle hande van pensioenfondse af. Die geld behoort aan hardwerkende mense wat deel van hulle salarisse daarop inbetaal het. Gaan jy en die regering oor40 jaar die mense onderhou, as die fondse leeggetap is. SASSA gaan teen daardie tyd ook bankrot wees.. Dan sal pensioenarisse maar net moet vrek van die elende soos Transnet se pensioenarisse. En jy Mnr Patel tree in weelde af in Dubai.

Koos Kotze ·

Die ANC kan niks ontwikkel, want om dit te kan doen moet jyself ontwikkel wees. Vermorsing, vernietiging en plundering is hul handelsmerk. Die feit dat die “staat” sogenaamde waarborge gee, beteken niks, want hy is reeds bankrot. Ek stel voor dat hier, soos nou in Tanzania, belasting op pruike en haar stukke ingestel word, dan kan Patel dit vir “ontwikkeling” gebruik. Die belasting beloop 25% op ingevoerde pruike en 10% op plaaslik vervaardigers. As ek so na die LP’s kyk, behoort die staatskas, by so ‘n belasting te baat.

Andre Fouche ·

Moenie worry nie AgriSA en n paaer ander sal wel met n goeie plan kom om die regering te help om ons geld uit te gee…
Vra maar die Transnet pensioenarisse….

Ep ·

Patel kan mens jou regtig vertrou? Waar is jy as die papaya ontplof? By jou mense in India saam die guptas? Dan lag jy lekker in die mou vir die dom wit mense in Suid Aapland! Terloops daardie geld behoort nie aan jou korrupte regerings maatjies maar aan die hardwerkende salaris trekkers Jul gespuis het geen sê daarop

John ·

Mense se geaardheid en voorkoms stem glo, so word beweer, baie ooreen met diè van diere. So kry ons die kameelperdtipes, lank en slap wat graag sagte blaartjies teiken, jagluiperds wat dikwels onsigbaar beweeg en hul prooi hoog in die bome opdra waar net aasvoèls uiteindelik die vrot morsels kan afvreet en ook bv die seekoeie wat rustig in die poele luier, skielik verdwyn en veel later ver anderkant verskyn… rooiogig en glibbberig. Bly snags weg van sy aankondigings en aankoms, want tussen die langgras is hy ‘n ander dier met erge tande… vlug vir sy snork. Selfs krokodille blaas vriendelik borrels om hom te paai… en vinnig te koebaai!

Johan ·

Hulle sien nie ‘n pensioen as ‘n fonds vir die oorlewing van senior burgers nie. Dit is net ‘n lekker vet klomp geld wat gevat en verkwis sal word. Ons het alle rede om bekommerd te wees. Hierdie voorstel is nie vir beleggings in die ware sin van die woord nie. Dit is vir vat

Foxi ·

SA het die grootste rower bende ter wêreld. Hetsy staat of gewone burgers. Tragies…..word ook n skurk en jy kry bevordering. Als werk mos agterstevoor in die land!
Vat maar onskuldige mense se pensioen, hierdie gaan in elk geval n welsynstaat word. Ek het jare belasting betaal, so ek sal ook in die ry bakhand gaan staan of hoe?

Derf ·

Klink vir my reg, vir ‘n ja stem is jy alles in, selfs jou pensioentjie.

Dirk ·

Staatskaping fase 2. Neem beheer oor finansiele instellings. Fase 3 neem beheer oor oudit maatskappye en verdraai of vernietig “paper trail”. Fase 4 plunder wat daar nog is om te plunder..

Johan ·

Ons kon seker geweet het hierdie dag sou aanbreek. Korrupte hande wat met die pensioengeld van hardwerkende Suid-Afrikaners gaan probeer om die resultate van hul onbevoegdheid reg te stel. Inderdaad verdwyn dit in bodemlose putte…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.