TLU SA: Soveel plaasaanvalle, -moorde al vanjaar 

(Foto: Reint Dykema)

Daar was vanjaar reeds minstens 141 plaasaanvalle en 26 plaasmoorde.

Volgens TLU SA was daar ʼn afname in geweldsmisdade toe die inperkingsmaatreëls van krag geword het. Die landbou-organisasie het tussen Januarie en Maart vanjaar 71 aanvalle en 14 moorde aangeteken.

“Sedertdien is daar egter ’n styging van geweldsmisdade tot dieselfde vlakke as voor die inperking, en tussen April en Junie was daar reeds weer 68 aanvalle en 12 moorde onder die boeregemeenskap gepleeg,” het genl.maj. Chris van Zyl, TLU SA se adjunk-hoofbestuurder, gesê.

Volgens die organisasie blyk dit egter dat sy raad oor beveiliging en paraatheid bydra om plaasbewoners teen moord te beskerm.

“Dit is duidelik dat doeltreffende weerstand en die toepassing van noodweerbeginsels tot gevolg gehad het dat etlike aanvallers doodgeskiet is of ernstige skietwonde opgedoen het.

“Dit getuig van boere wat sodanige vlakke van paraatheid gehandhaaf het dat die aanvallers nie in staat was om hulle te verras en onkant te betrap nie. ’n Bewustheid van vreemde of onnatuurlike aanduidings en onmiddellike toegang tot ’n vuurwapen het onskuldige lewensverlies en ernstige beserings verhoed.”

(Argieffoto)

Die uiters hoë vlakke van geweld teen slagoffers is volgens Van Zyl buite verband met die ooglopende motiewe soos roof en diefstal van kontant, vuurwapens en verhandelbare goedere soos rekenaars en selfone. “Georganiseerde landbou beskik nie oor die kapasiteit om hofsake van begin tot einde te moniteer om te bevestig wat die ware motiewe in aanvalle was nie.

“Die analise van vermoorde slagoffers dui onteenseglik daarop dat wit boere, gesinne en plaaswerkers meer as twee derdes van vermoorde slagoffers uitmaak. Die besondere hoë vlakke van geweld en onbeskaamde marteling getuig van ’n hoë vlak van rassehaat wat ons baie bekommerd stem.”

TLU SA het ʼn beroep op boere gedoen om paraat te wees en in plaaswagte saam te werk om plaasveiligheid te versterk.

“Ofskoon plaasaanvalle steeds ʼn prioriteitsmisdaad is, word daar nie soveel personeel aan dié misdade toegewys as wat ander prioriteitsmisdade ontvang nie. Die bron van die probleem is die regering se tekort aan wil om die lewens van boere te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Ons sal ‘n kibboets tipe lewenswyse moet aanleer, waar ons heeldag elke dag gewapen rondloop. Sodra die getal aanvaller ongevalle die getal aanvalle oorskry, sal die booswigte kennis neem.

JohanR ·

Hoekom IS daar nie kibboets tipe lewenswyse in Suid Afrika nie? Soe kry die boer hulp en beskereming op die plaas in ruil vir ‘n bord kos, ‘n dak oor die kop en ‘n klein betaling. Daar kom ‘n gemeente tot stand op ‘n plaas want soe baie jong mense met krag en spiere sit sonder werk. Ons moet begin om buite die boks te dink. Israel was eens ‘n land waar hulle gesukkel het met water, maar vandag stuur hulle water aan hulle buure. Baie om van Israel te bewonder ne ANC?

Jo-Anne ·

Ons weet mos nou al dat regering die boer se grond soek en hulle nie soos Zimbabwe die boere kan afjaag nie, anders is ander lande teen hulle. Nou gebruik hulle n makliker metode om daai grond sonder vergoeding te onteien deur boer uit te vermoor en dan net aan buiteland te ontken.

JohanR ·

Hoop dat ons by ‘n tydperk sal kom waar ons kan se “Daar was vanjaar reeds minstens 141 plaasaanvalle, geen boer of familie of plaaswerkers is dood of het seergekry, maar 26 rowers is doodgeskiet, en 60 is aangekeer, baie van hulle met ANC en EFF affiliasies.

JohanR ·

March For Farmers/Mars Vir Boere – Fairview Straat tot Unie Gebou Pretoria Saterdag 18de Julie 12uur.

johanf ·

Ek weet darem nie, ek het nog nie veel berigte êrens gelees waar aanvallers die slegste afgekom het nie……

Hennie ·

Wonder al hoe meer of die duisende gevangenis wat vrygelaat was a.g.v kovid nie direk gekoppel kan word aan die vlaag van misdaad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.