Toegang tot polisie ‘reg, nie voorreg’ – Cele

Die minister van polisie, Bheki Cele, open die nuwe polisiestasie op Daggakraal in Mpumalanga. (Foto: SA Polisie)

Die minister van polisie, Bheki Cele, sê Suid-Afrikaners behoort nie nodig te hê om te kies tussen ʼn duur taxi- of busrit, of om kos op die tafel te sit, net om ʼn misdaad aan te meld nie. Dit moet ook nie vir hulle nodig wees om kilometers ver te stap om by ʼn polisiestasie te kom nie.

“Toegang tot ʼn polisiediens wat reageer is nie ʼn voorreg nie, maar ʼn reg wat ons as die regering elke dag probeer moontlik maak,” sê Cele.

Die minister was Maandag in Daggakraal in Mpumalanga waar hy ʼn nuwe polisiestasie vir die gebied se 35 000 inwoners geopen het. Dit is deel van die polisie se pogings om dienste en hulpbronne nader aan gemeenskappe te bring.

Die polisiestasie bestaan uit onder meer ʼn gemeenskapdienssentrum, aanhoudingselle en vertrekke waar slagoffers van geslagsgeweld bygestaan kan word. Altesame 51 polisiebeamptes sal by die stasie ontplooi word.

Inwoners het by Cele gekla dat hulle lang afstande moet reis om misdaad aan te meld en dat wetstoepassers stadig reageer. Hierop het die minister gesê die polisie se diensleweringsprogram word gerig deur bevolkingsgroei en ruimtelike ontwikkeling.

Volgens die polisie is daar in hierdie stadium 1 159 polisiestasies landwyd.

Maroela Media het ook Maandag berig dat die splinternuwe Muyexe-polisiestasie in Giyani in Limpopo in 2015 voltooi is en sedertdien leeg staan.

Die Muyexe-polisiestasie in Giyani in Limpopo (Foto verskaf deur die DA)

Die DA sê die kantoor is teen ʼn koste van R20,5 miljoen gebou, maar staan sedert sy voltooiing leeg. Dit is in hierdie stadium slegs ʼn verlate perseel met geen realistiese aanduiding dat die deure binnekort gaan open nie.

Die polisiestasie is gebou as deel van ʼn omvattende landelike ontwikkelingsprogram wat oudpres. Jacob Zuma reeds van stapel gestuur het.

Solly Malatsi, ʼn DA-LP, sê die feit dat die polisiestasie steeds nie operasioneel is nie, wys dat die ANC-regering nie omgee oor landelike veiligheid nie.

“Dit gaan ʼn mens se verstand te bowe dat polisiestasies wit olifante word in ʼn tyd waarin misdaad gemeenskappe steeds lamlê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Harley Davidson ·

Daar kan ‘n polisie stasie op jou voorstoep wees dit gaan geen verskil maak as daar nie diens is nie agv onbevoegde lede en die wil wat ontbreek om misdaad te bekamp.

Nico ·

Ek verstom my daagliks vir die hoedman. Hy maak my kop deurmekaar met sy deurmekaar praatjies. Hy is die volmaakte toonbeeld van ‘n politikus.

Harley Davidson ·

Dit is omrede hy net gekwalifiseer is as ‘n voorskoolse onderwyser en nou die pos moet beklee van ‘n polisie minister,die skuld moet by de klerk met sy ondeurdagte plan gelê word ,ek is ‘n ingenieur van beroep en sou net so swak gedoen het as ek minister van polisie was.

Di ·

Hoed het GEEN idee wat in die polisie aangaan nie OF wat sy pos behels nie! Hy te besig met met beuselagtighede. Raak ontslae van hom, kry iemand met die regte kwalifikasies, dryfkrag en trots om die pos te vul.

Nie Verbaas ·

Dit is dieselfde nar wat in n TV onderhoud nie vir die verslaggewer kon sê wie is die Opod hoof nie. Dit laat mens dink dat n ou maak die hek oop en klim dan oor die draad.

Shakespeare ·

Toegang het NIKS met die onbevoegdheid, laksheid, ongedissiplineerdheid, korrupsie, arrogansie, onbetroubaarheid wat pandemies in die SAPS is, te doen nie Cele…..en dit begin somaar met jou !!!

Nie Verbaas ·

Muyexe gebou nie n R20,5 miljoen struktuur om mee te begin nie en het hulle vir Daggakraal stoele of beddens ingesit? Lede kan nie ongemaklik aan diens slaap nie.

Jr ·

Ja en as praat riool was sou die riool werke nie kon byhou met al die…… Wat jy kwyt raak hoedman

Fedup ·

Oh please. Blah and blah. Mad hatter must be living in his own little dream world.

Misky ·

So hulle besef bevolkingsgroei is eintlik ‘n probleem. Stuur paar mobiele klinieke na daai areas. Steriliseer gratis en los voorbehoedmiddels en kondome

Swerwer ·

En so word die landsburgers net weereens mislei, onder ‘n wanindruk geplaas, leë beloftes deur Hoed gemaak . En so val hulle vir al die mooi praatjies en almal weet dat dit maar net weer ‘n Verkiesing foefie is om stemme te werf. Sal nooit tot die werklikheid deurdring en die probleme oplos nie.

marius ·

Daar is miljoene liters verf in lalaland om jou lugkastele mee te verf ou grote . Verniet .

SjN ·

Hoedeman moet eerder niks se nie, is hy nie dalk die hoofoorsaak nie.

Samuel ·

Daggakraal se polisiestasie sal moontlik ook binnekort leeg staan. Waar gaan hy die polisielede kry om dit te beman? Hoedman, wat jy sê en wat die polisie op die grond doen, hulle optrede teenoor die publiek is twee heeltemal verskillende dinge.

Perdeby ·

Jy is 100% reg maar die SAPD moet dringend hul houding moet verander. Alle staatsamptenare is dasr net vir die salaris en Voorhees.

JohanR ·

Oe my gooiste as jy aan die word dom dink, dan is die ou die word!

JoHines ·

Ou grapjas, wat van die Muyexe-polisiestasie in Giyani in Limpopo wat nog nooit gebruik is nie?

Grassie ·

Of ‘n polisiestasie 50 meter of 50 kilometer van jou huis af geleë is maak geen verskil nie. Jy gaan nog tydens ‘n noodgeval aan jou eie genade oorgelaat wees.

jzjz05 ·

Hoekom nie eerder n stasie vir om sy manne te kan oplei hoe om hulle werk te kan doen nie, hy kan sommer by homself begin met opleiding om n goeie werk te lewer

Belinda ·

Daar kan hoeveel polisie stasies wees, dit kan net langs jou huis wees, nogsteeds as jy om hulp vra moet jy gatsmeek en soebat – ekt dit self beleef.
Dit hang alles af van hoe “lus” polisie is om te gaan help.
Dis hoekom ongelukkig, baie mense die reg in hul eie hande neem.

Waarnemer ·

Ek stem saam,die “reg tot toegang” het NIKS te doen met die laksheid,arrogansie,plig versuim,korrupsie en sommer net pure SLEGTIGHEID van sommige lede van die Mag nie.
Verder moet ek ook byvoeg dat ons geagte Eerste minister gerus iemand in Cele se plek aanstel wie uit die geledere van n uniform draer kom,iemand wie deur die range gevorder het en NIE iemand wat rang gekry het oor sy/haar velkleur nie.

Chris dupreez ·

Ook maar net vir die verkiessing, dan gaan hy ook leeg staan

Ria ·

As ek soontoe moet gaan, is dit nie n lekker ervaring nie. Die kantore is vieslik vuil, kantoormeubels is vlenters en geboue skep nie n goeie indruk nie

Deon ·

Waar is die “social distancing” een van die corona regulasies waarvoor hierdie ou so baie al toegesluit het!!! Hulle blaas in mekaar se nekke op hierdie berig se foto

Chantel ·

Verstik ek amper aan my koffie, belaglik REGTIG, was en is al vir jare nie meer ‘n REG op die polisiediens te nader vir hulp nie en indien jy ‘n polisiestasie binnegaan is daar in elke geval geen hulp nie of hulle slaap aan diens.

Nikki ·

Kan iemand asseblief vir die man die volgende gee om te lees:

SAPS Code of Conduct and Ethics
Batho Pele Principles

Beide is sommer op Google beskikbaar.
En op SAPS website.

JN ·

Groot massa onkunde koppe smokkelaary…
Die swaap dink almal is dom en en glo sy omkoop woorde..

annie ·

Wanneer begin Sir Cele met sy reeks speurromans? Dit sal best sellers wees… vol opwinding en intriges. Die boewe sal klokslag teen die einde ontsnap en weer in die volgende riller hul skrikbewind voortsit. Mens kry hoendervleis bloot by die gedagte van soveel speurwerk en deurbrake en aksiebelaaide skoktonele en die sjarmante speurder met ‘n vrolike veer in die hoed, wat altyd net nádat alles…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.