Transitorowers, kapers floreer in Gauteng

(Argieffoto)

Transitorooftogte, vragmotorkapings en seksuele misdrywe in Gauteng het sedert verlede jaar die hoogte in geskiet. Dít terwyl gevalle van roof en motordiefstal afgeneem het.

Van begin Oktober tot einde Desember verlede jaar het transitorooftogte in Gauteng met 106,7% toegeneem. Dié rooftogte het van 15 voorvalle oor dieselfde tydperk in 2019 tot 31 in 2020 toegeneem. Terselfdertyd het vragmotorkapings met 31,8% gestyg – van 173 voorvalle einde 2019 tot 228 einde 2020.

Seksuele misdrywe het oor die algemeen ook in dié provinsie toegeneem. Seksuele aanranding en poging tot seksuele misdrywe het met 9,6% en 7,2% onderskeidelik toegeneem, terwyl verkragtings met 111 (4,6%) gevalle toegeneem het, in vergelyking met die laaste maande van 2019.

“Dit is kommerwekkend dat seksuele misdrywe steeds toeneem. Dit is duidelik dat die regering se pogings om seksueel verwante misdade te voorkom en hok te slaan, heeltemal misluk,” het Michael Shackleton, die DA se skadu-LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gesê.

Intussen het moord, poging tot moord en aanranding met die doel om te beseer met 7,5%, 3,8% en 4,4% onderskeidelik toegeneem.

Kommersiële misdaad in die provinsie het met 598 (7,9%) gevalle toegeneem, terwyl veediefstal met 1,9% en brandstigting met 1,7% vermeerder het in vergelyking met dieselfde tydperk in 2019.

“Hierdie statistieke is kommerwekkend en dui daarop dat Gauteng nie voldoende polisiëring toepas nie.” Volgens Shackleton het die polisie nie genoegsame hulpbronne of voldoende opleiding om te verseker dat wet en orde in die land gehandhaaf word nie. “Meer as 1 400 polisievoertuie in Gauteng was verlede jaar buite werking, dus was net 4 374 voertuie aan die polisie beskikbaar.”

Nietemin het ander ernstige misdade soos aanranding, roof en roof met verswarende omstandighede met meer as 10% afgeneem. Inbrake en motordiefstal het met meer as 25% gedaal, die grootste afname van alle misdaadgroepe.

Misdade wat in Gauteng afgeneem het

MisdryfOkt – Des 2019Okt – Des 2020Verskil%
Inbrake12 812

 

9 586

 

-3 226

 

-25,2

 

Motordiefstal9 079

 

6 776

 

-2 303

 

-25,4

 

Sakeroof1 946

 

1 686

 

-260

 

-13,4

 

Huisroof2 136

 

1 941

 

-195

 

-9,1

 

Roof met verswarende omstandighede14 142

 

12 656

 

-1 486

 

-10,5
Roof4 8054 185-620-12,9
Aanranding13 92513 873-52-0,4
Kwaadwillige beskadiging van eiendom7 812

 

7 739

 

-73

 

-0,9

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre ·

sake is vir JARE op die rol en word dan eindelik uitgegooi oor niemand meer kan onthou nie, beamptes nie meer in diens is nie of die beweerde kriminele nerens te vind is nie, of die klagstaat dokumente is net bloot weg.

Adeline ·

Wetteloosheid, absolute volg van korrupte leiers wat nie vervolg word nie = anargie waarin ons land alreeds verval het en wie gaan dit regstel?

Pierre ·

Regering se infrastruktuur besteding sluit nie additionele tronke en howe in nie wat boekdele vir kriminele spreuk. dan praat ons nie eers van die oop grense nie, ek sal graag wil weet hoeveel van die krimenele sake sluit onwettige buitenlanders in.

Elsabe ·

Cele? O ja, hy kom check die girls uit op die strande. As hy hier weggaan, gaan drink hy watertjies by Zzzz.

Genis ·

Sou die boewe KFC’s begin beroof, sal die SAPD soos een man opstaan en misdaad beveg… vir die res is n paar geledere in die SAPD bevoeg… Ons praat hier van 2-5%… Swak, klap in die vuisvoos belastingbetaler se gesig…

piket ·

Almal word geleer om te praat, praat en nogmaals te praat. Want uit die aard van die saak ontbreek die vermoë om te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.