Transitorowers skiet per ongeluk eie makker raak

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn 30-jarige verdagte van Margate in KwaZulu-Natal is Maandag onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem ná een van sy makkers hom glo per ongeluk tydens ʼn transitorooftog raakgeskiet het.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, was G4S-sekuriteitswagte glo besig om geld by die Siyaphambili-hotel af te haal toe drie gewapende verdagtes op hulle losgebrand het.

“Een van die verdagtes het na bewering die boks met die geld gegryp, waarna hy per ongeluk deur een van sy makkers raakgeskiet is en langs die geldkas geval het. Die ander twee verdagtes het glo oomblikke later te voet van die toneel gevlug en in die nabygeleë bosse verdwyn.

“ʼn 9 mm-pistool met ʼn reeksnommer en ammunisie is langs die beseerde verdagte gevind. Hy het na bewering aangedui dat hy van Margate afkomstig is en dat sy makkers in Chris Hani en Mandela Park in Mthatha woon,” sê Mgolodela.

Hy sê voorlopige ondersoeke toon dat die vuurwapen in September vanjaar van ʼn veiligheidswag van ʼn maatskappy in Queenstown by Ngqamakhwe geroof is.

“Die verdagte is op die toneel deur paramedici behandel en later na die hospitaal oorgeplaas waar hy onder polisiebewaking gehou word.

“Hy sal na verwagting in die Elliotdale-landdroshof verskyn sodra hy herstel het,” sê Mgolodela.

“Die polisie is op die uitkyk vir die ander verdagtes asook die bestuurder van ʼn Avanza wat die verdagtes na bewering by ʼn nabygeleë rivier afgelaai het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik ·

Tog ook goeie nuus dat die ongeluk ook soms aan hulle kant is. Hoop die ander word ook gevang.

Harley Davidson ·

Amateurs wat geen vrees vir die wet of wetstoepassing beamptes het nie .

Danie ·

Dit is net in rolprente waar die goed as dapper in vindingryk uitgebeeld word. Die werklik is gewoonlik die teenoorgestelde kant.

Willem ·

Ek hoop hulle sal darem berading gee vir die jong man wat die skietwerk gedoen het, hy het ons n groot guns bewys met genoegsame hulp behoort hy nog n paar te kwes voor hy ook vrek

Dries ·

Daarbis feitlik elke dag n transito-rooftog. Erger as oorlog. Daar moet letterlik duisende van die rowers daagliks tussen ons beweeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.