Transnet hef force majeure op

Die Durbanse hawe. (Foto: sahistory.org.za)

Transnet se vroeëre verklaring van ʼn force majeure sal Maandag met onmiddellike effek opgehef word.

“Transnet glo dat hy nou in staat is om sy kliënte te bedien en alle kontraktuele verpligtinge getrou na te kom,” lui ’n verklaring wat die staatsbeheerde onderneming Vrydag uitgereik het.

Luidens die verklaring kan die verklaring van ’n force majeure opgehef word nadat sy Navis-gedrewe bedryfstelsel geleidelik aanlyn gebring is. Navis is die hawens se interne stelsel.

Transnet het vroeër vandeesweek ʼn force majeure (ʼn klousule in kontrakte wat betrokke partye vrystel van aanspreeklikheid of verpligting wanneer ʼn buitengewone gebeurtenis of omstandighede buite die partye se beheer plaasvind) verklaar vir die tydperk sedert 22 Julie.

Dít nadat Transnet lamgelê is deur ʼn kuberaanval op sy stelsels. Dit het veral groot ontwrigting vir die hantering van vraghouers by hawens veroorsaak.

Maroela Media het vroeër berig vraghouerterminale by die hawens in Durban, Port Elizabeth, Ngqura en Kaapstad is geraak weens die “kuberaanval, indringing en sabotasie” wat gewone bedrywighede ontwrig het.

Ayanda Shezi, woordvoerder van Transnet, sê haweowerhede gaan voort met die toepassing van beginsels vir vasmeer soos per kontrakte – tans die mees praktiese manier om bedrywighede in hawens te normaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annelie ·

Dis darem bietjie positiewe nuus…hier by ons in Namibië het 5 treine binne 7 maande ontspoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.