Transnet-skikking bring hoop vir pensioenarisse

Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om ‘n beswaarskrif te oorhandig (Foto: VF Plus)

Transnet-pensioenarisse het ʼn sug van verligting geslaak nadat die groepsgeding teen Transnet nog ʼn stap nader aan finalisering is.

Pensioenarisse kan moontlik die eerste betaling van die R30 000-skikkingsbonus per pensioenaris reeds teen die einde van die jaar ontvang.

Die groepsgeding gaan oor beloftes wat aan pensioenarisse gemaak is dat hul pensioene met minstens 70% van inflasie verhoog sal word. Pensioenarisse het egter net ’n jaarlikse statutêre verhoging van 2% gekry.

Ingevolge die skikking sal pensioenarisse in die eerste jaar na die hofsaak afgehandel is ʼn 13%‑verhoging ontvang, in die tweede jaar 9% en in die derde jaar 6%. “In die vierde jaar gaan daar ʼn mikpunt vir 70% van inflasie wees. As inflasie dus byvoorbeeld 6% is, sal dit ʼn 4,9%‑verhoging wees. Die doel is dat die pensioenarisse altyd meer as 2% kry,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor vervoer.

ʼn Skikkingsbonus van R10 000 ʼn jaar sal ook oor drie jaar betaal word.

Die skikking wat in Oktober deur die Transnet-raad goedgekeur is, ná die hofgeding reeds in 2016 van stapel gestuur is, het tans nog ʼn paar struikelblokke om te oorkom, meen Alberts.

“Die skikkingskontrak tussen die regering en die aanklaers is eindelik vandeesweek geteken. Die aktuarisse van die twee regspanne moes eers ooreenkom om die twee aparte pensioenfondse saam te smelt, sodat dit sterk is vorentoe.

“Die volgende stap gaan nou wees om so spoedig as moontlik ʼn hofdatum te kry. Ons poog om nog ʼn hofdatum in Desember te kry, sodat die skikking ʼn hofbevel gemaak kan word, wat dan onmiddellik in werking sal tree,” sê Alberts.

Die groepsgeding het oorspronklik R80 miljard van Transnet geëis. “Omdat Transnet reeds finansieel sukkel en die hofsaak nog jare kon sloer as dit by die appèlhof en die Grondwethof sou draai, is besluit op dié skikking. Die pensioenarisse besef dat hulle dalk ook nie meer hier sou wees teen die tyd wat ʼn volledige hofsaak afgehandel sou word nie.”

Hy meen dat daar tans baie hard gewerk word om so gou as moontlik ʼn hofdatum te kry. “Dit kan dalk wees dat die regspanne ooreenkom dat die skikkingsbonus wel betaal word, ongeag of daar nog nie ʼn hofbevel is nie,” sê hy.

Volgens Alberts is die uiteinde van die skikking om pensioenarisse weer terug op hul voete te kry. “Dis te verstane dat die lompsom nie gaan opmaak vir die verliese wat die pensioenarisse gely het nie, maar dit maak ʼn verskil.”

Sowat 45 000 na 50 000 pensionarisse wag nou op die skikkingsbonus en verhogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Thea ·

Hierdie is ou mense daars so baie van hulle oorlede….wat nou?!

Willie ·

Transnet moet vervolg word, vir diefstal en korrupsie… Sies dis n skande om so ou mense te beroof..

Johan ·

Hulle het doelbewus so lank as moontlik met die hofsake gesloer. Daardeur is derduisende pensionarisse beroof want die meeste is oorlede. Hierdie is een van die skandaligste diefstal sake wat daar ooit was.

Werker van Transnet ·

Hi, ken iemand asb vir my verduidelik hoe hierdie gaan werk. Is net die R30 000 skikkingsbonus en R10 000 vir die volgende 3 jaar en bietjie verhoging wat uitbetaal gaan word?

Pieter ·

Die skikking behels dat daar vir 3 jaar elke jaar R10,00 uitbetaal sal word aan elkeen ( dit is die R30,000 wat genoem word) . Dan is daar verhogings as volg 13% in 2020 , 9% in 2021 en 6% in 2022.

Johan ·

Amanda is reg. Wat van die pensionarisse wat reeds oorlede is?

Rina van niekerk Gieliam Machiel ·

Ja ons wag nou baie lank oorlewende eggenotes moet dan die geld kry wat fair is ons kry so swaar om kop bo water te hou kan nie so aangaan NIE ons bid en vertrou ons gaan nou geld kry

Klein Piet ·

Wonder net wat het van pensionarisse se bonus geword wat einde November moes betaal word

pieter ·

Die mense kry swaar sommiges het of bly by hul kinders wat omsien of omgesien het die oorledenisse se geld moet na die kinders gaan wat omgesien het na hulle dis mos regverdig die skuldiges moet aan die pen ry die mense moes baie meer gekry het

ChrisE ·

Wat my tot stomheid slaan is die afwesigheid van die persone wat vir die gemors verantwoordelik is. Dit is ‘n oop geheim maar die mense is nog op vrye voet en leef op die vette van ander. Ek glo wat jy saai sal jy maai.

De Koker ·

Dit is baie hartseer dat die pensioenarisse, wat in wind en weer moes werk, so swaar kry. Dié mense wat die oorsaak van die pensioenarisse se swaarkry en hartseer is lewe in weelde. Respek vir ouer mense se lewens.

SjN ·

Baie van die mense wat baie swaar gekry het is reeds oorlede, hoekom so lank gesloer.

Besorgd ·

Dit is totaal en al onregverdig, Die pensionarisse is veheug oor die R10,000.00 maar in werkliheid het hulle niks gewen uit die hofsaak nie want hulle het 2 bonusse per jaar gekry wat hulle geensins hierdie jaar ontvang het nie dus indien hulle die R10,000.00 onvang die jaar dek dit basies die verhoging wat Transnet sou betaal het met n paar sent ekstra.
Niemand kan by die regverdige Vader se troon verby kom die dag as Hy op die wolke kom om te oordeel nie – hierdie saak se uitspraak is so ONREGVERDIG AS KAN KOM.

PTA Seun ·

Die pensionarisse word ingedoen. Alberts settle vir ‘n appel en ‘n uie. Transnet trek dit uit sodat hulle minder moet betaal. Ek het my pa se pension uitgewerk wat Transnet hom skuld en dit waar was R 500 000 in terug betalings in verhogings en die maandelikse betaling van R 9000 per maand. Julle kry R30 000 en 3 verhogings…wat gebeur daarna…Julle kry weer 2 of 3 % verhoging…

Marie de Klerk ·

Daar is versuim om te meld die R10 000.00 gaan belas word.

Scalla ·

Marie, ja, ongelukkig is dit wetgewing, word volgens skaal bereken, maar onthou, jy moet iets verdien voor jy hoef te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.