Trein ontspoor; dreigemente ondersoek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Tom Barrett/Unsplash)

Transnet se opruimingspan is op die toneel waar ʼn trein met uitvoersteenkool Dinsdagoggend tussen die Bloubank- en Nhlazetshe-stasie, naby Ulundi KwaZulu-Natal, ontspoor het. Die trein was onderweg na Richardsbaai.

Die staatsbeheerde onderneming sê die ontsporing van die trein kom te midde van dreigemente teen Transnet en ontwrigting aan sy bedrywighede deur ontevrede groepe wat sakegeleenthede najaag.

Transnet sê wetstoepassingsagentskappe ondersoek die dreigemente.

Die ondersoek na die oorsaak van die trein se ontsporing duur ook voort, maar is in hierdie stadium nog onbekend.

Transnet sê werkers het reeds met ʼn terreinondersoek en voorbereidingswerk op die toneel begin en gespesialiseerde toerusting is op pad daarheen. Swaar reën het opruimingswerk egter oornag belemmer.

Transnet sê die twee geraakte spoorlyne bly intussen gesluit.

“Dit is nog te vroeg om ʼn aanduiding te gee van die heropening van die twee spoorlyne. Dit sal eers bepaal kan word nadat die perseel opgeruim en ʼn skadebepaling gedoen is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ian ·

Hierdie gedrag word terrorisme genoem wanneer sulke infrastruktuur aangeval word. In kwazulu natal raak dit n algemene verskynsel met die mafia bou bedryf en nou is dit vervoer…. die onkruid moet uitgeroei word.

Kokerboom ·

Tekenend van ‘n vervalle staat wat reeds die stryd verloor het!

Nie Verbaas ·

Nou regeer die sindikate al die papsak regering. Die klomp is werklik goed vir niks behalwe om te plunder.

Papsak ·

Hulle nie net stryd verloor nie maar alles sabotasie sterk

christo ·

Sabotasie? Heel moontlik, en ons kan maar net bespiegel…

Jakkie ·

Loop daar nog treine???hier by ons is net hul spore oor en ook maar net-net……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.