Trokdrywer agter tralies ná Mariannhill-botsing

Die ongelukstoneel naby die Marianhill Plaza. (Foto: Verskaf)

Die bestuurder van die wegholvragmotor betrokke by vandeesweek se gru-ongeluk op die N3 by Durban, is in hegtenis geneem. ʼn Beroep word opnuut op die betrokke owerhede gedoen om te verseker dat vragmotors padwaardig is en die padreëls gehoorsaam.

Die betrokke vragmotorbestuurder het Woensdag in die Pinetown-landdroshof verskyn op twee aanklagte van strafbare manslag of, as alternatief, roekelose en nalatige bestuur.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse padverkeersinspektoraat, sê daar word beweer dat die betrokke vragmotor se remme Dinsdag net voor die Mariannhill Plaza ingegee het. ’n Kettingbotsing van 15 voertuie, waaronder ander vragmotors, het daarna op die N3 gevolg.

Volgens Mngomezulu het die botsing die lewens van twee vroue en ’n man geëis. Die seun en skoondogter van ’n lid van die KwaZulu-Natalse wetgewer, Thakur Rajbansi, is onder die oorledenes.

Vyf ander is tydens die botsing ernstig beseer.

Die ongeluk volg etlike maande nadat ’n gru-ongeluk op die N2 naby Pongola die lewens van 20 mense, van wie 18 leerders, geëis het. Die bestuurder van dié vragmotor word ook strafregtelik vervolg nadat hy vir ongeveer 1,2 km teen aankomende verkeer gery het voordat die vragmotor ’n bakkie reg van voor getref het.

Daar heers opnuut kommer oor die groot aantal vragmotors op die N3-hoofroete.

Alan Beesley, ActionSA se koukuslid in die eThekwini-munisipaliteit, sê noodlottige ongelukke op die N3 tussen Durban en Howick neem toe en hoewel padwerke ’n bydraende faktor is, is die ongelooflik hoë aantal vragmotors op die N3 eintlik te blameer.

Die N3 is een van Suid-Afrika se belangrikste roetes vir die vervoer van goedere tussen die KwaZulu-Natalse kus en die res van die binneland, asook na talle van Suid-Afrika se buurlande.

Sipho Hlomuka, LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling in KwaZulu-Natal, meen die maatskappy aan wie die wegholvragmotor behoort wat die ongeluk veroorsaak het, moet verantwoordelik gehou te word.

“Dit moet ’n duidelike boodskap aan alle vragmotorbestuurders en alle padgebruikers stuur dat diegene wat mense op die paaie doodmaak, nie plek in ons provinsie het nie.”

ActionSA doen intussen ’n beroep op die regering en spooragentskappe om die land se spoorstelsel dringend te herstel. Die party dring ook aan op verhoogde sigbare polisiëring op die N3 tussen Durban en Howick sodat verseker kan word dat vragmotors wel padwaardig is en die padreëls nakom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

George ·

opgeleide drywers, padwaardige voertuie, en strengermaatreels.

Christine ·

Pierre, jy is seker nog baie jonk om nie te weet wat se uitstekende trein vervoer ons land voor 1994 gehad het vir die vervoer van goedere nie.

Tanya ·

Dis alweer die Pinetown area, waar die aakligste trok ongeluk gebeur het in 2013, ook oor dat die trok se riemme ingegee het…. Die besighede met hulle groot trokke moet seker maak die trokke is in goeie welstand en dat die bestuurders alle nodige papierwerk besit voordat hulle op die pad gaan. Daar is hopeloos te veel sterftes op ons paaie wat veroorsaak is deur trokke.

Hennie ·

Stem saam. Die remme gee in omrede drywers nie die ratte reg gebruik nie en op die remme ry. Hulle is onbevoeg.

Morné ·

Deesdae het meeste van die drywers nie eers hulle lisensies by hulle of besit nie eers een nie, hulle het geen kennis van die omvang en weet nie hoe om ‘n trok te hanteer wanneer iets meganies op die pad fout gaan nie. Die onus en die grootste gedeelte van die blaam le by die eienaar of maatskappy van die trok

Christine ·

En trok drywers ken nie die pad reëls nie!!! Waar het die uitlanders hulle trok lisensies gekry???? Mag hulle ooit trokke in ons land bestuur, wie toets hulle, die BBBEEE aan wie hierdie trok maatskappye behoort????

JohanR ·

Daai Marianhill is amper, of miskien nog gevaarliker as die pad tussen Laingsburg en Beaufort-Wes.

Kobus ·

Die vragmotors is padwaardig, operatuers is nie bevoeg om die swaar vragte te hanteer nie. Hulle jaag soos besetenes , steek op opdraendes verby en oor sperstrepe en dan is dit te laat om ongelukke te vermy.

Chantel ·

En versuim meer as 100% die gryspad wat juis daar is vir die trokke om te keer dat hulle remme nie ingee nie. Wonder soms of hulle weet hoekom die area daargestel is.

Cherokee ·

Ek het op die N3 ‘n groot bus (dit kon Intercape gewees het, maar nie 100% seker) verbygesteek en moes 140 kmu ry óm dit te kon doen.

Delia ·

Hoekom het jy dan so vinnig gery? Ook oortree nes die bus dan.
Interkaap busse is duidelik geidentifiseer. Jy sal nie onseker wees oor hulle busse nie

Danie ·

En wat se verskil gaan dit maak aan die hordes wat onverskillig bestuur.Hy het reeds lewens gevat en kos die eienaar miljoene.

Patch ·

Ek wonder nou net. Kan die vragmotoreienaar nie ook aangekla word nie? Die instandhouding van die vragmotor berus tog seker by die eienaar en nie die drywer nie?

Meegevoel met die families.

Daniel ·

As daar nog ‘n werkende spoorvervoerstelsel was dan was die paaie dalk veiliger omdat daar minder trokke sou wees, maar dit is ook tot niet te danke aan die ANC

Christine ·

Daniel, die program was so paar weke terug op Carte Blanche waar bespreek is dat die spoorvervoer met opset laat faal is, sodat BBBEEE vervoermaatskappye met hul trokke die paaie kan oorvat. Hulle sê dis letterlik soos ‘n mafia-bewind wat niemand iets aan kan doen nie.

Nie Verbaas ·

Hulle sal nie die spoorlyne herstel nie want te veel ministers en kaders besit trokke. Dink hulle regtig dat die klomp die inkomste gaan prysgee?

Sandra ·

Die mense neem reg in eie hande, padreels is vir die voëls. Net sekere mense moet verkeersreels nakom. Hulle is verhewe bo die gereg en daarom maak en doen hulle soos hulle wil, want hulle weet hulle gaan niks oorkom nie. Ons howe beteken niks.

Mrs H ·

Dit sal goed wees as trokke nie gedurende spits ure op paaie is nie.

Carol ·

Ek het besluit geen vakansies meer in KZN nie.Daai pad is verskriklik en die padwerke hou jou terug.Jy behoort 6 ure Durban toe te ry maar nou is dit enige iets van 8 uur of meer.Carol

Thelsa ·

Stel verpligte inspeksiepunte op waar voertuie nagegaan word. Verkeersowerhede moet staak met ‘Bribes’ en hulle werk begin doen van Wetstoepassing

Jacobus ·

Wat van kla die ANC regering aan omdat hulle toegelaat het en nog altyd toelaat dat die spoorweë en die res van die land so geplunder word.

Marelize ·

Suid Afrika het een van die beste spoor stelsels gehad ter wereld. Enige iets kon per spoor vervoer word na enige plek in Suid Afrika – waar is dit nou? Maak reg die spoor stelsel en dit sal die druk op pad vervoer verlig.

Hennie ·

Is die tolhek nie op n afdraende geplaas nie? Nie die laaste ongeluk daar nie.

Jax ·

Die Polisie sit daar, swaai ligte en al maar doen absoluut niks aan die oortreders nie. Dis nie net die Polisie wat voor stok gehou moet word nie; elkeen van ons wat die pad gebruik, het n plig om toe te sien dat ons nie self die wette oortree nie. As almal ry/bestuur soos hulle veronderstel is om te bestuur, Sal daar minder ongelukke wees. Die hoeveelheid voertuie op ons paaie wat lyk of dit met net een skroef aanmekaar gehou word, is skokkend. Dit veroorsaak dat die voertuig onklaar raak op ons paaie en dan dam die verkeer op. Mense raak moedeloos en uiters ongeduldig – dis wanneer dit eers gevaarlik raak want dan speel padwoede ook n lelike rol. Elkeen kan maar hand in eie boesem druk en n bewuste besluit maak om by die reëls en wette te hou. Polisie kan maar vir n slag ook begin om Werklik Hulle werk te doen en nie net te sit en slaap langs ons paaie nie. Ons wette is daar; dis net dat niemand dit onderhou en afdwing nie.

Papsak ·

EK WIL NET WEET WAAR IS DIE GEVAARLIKE VERKEERSBEAMTES LAAT SULKE GOED GEBEUR WANT DAAR IS GEEN PAD REELS MEER NIE HULLE JAAG SO BESETENES EN STEEK SOMMER VERBY OP SPERSTREEP DAAROM SO BAIE ONGELUKKE WANT DAAR NUE MEER BEHEER VAN VERKEERSBEAMTES NIE HULLE STEL NET NIE BELANG NIE WIL OOK MAAR NET SALARIS ONTVANG EN FLIP DIE WERK WANT HULLE RY TE VEEL ROND MET VERKEERSVOERTUIE EN DOEN IN KOPIES PLES DAT HULLE OP DIE PAAIE BESIG IS EN KYK NA PADVARKE OOK GEMAKLIK GEWORD

Hasie ·

Die eienaars van die vragmotors is te blameer ! Hul diens nie die vragmotors nie en forseer die beatuurders om Lang Ure te werk sonder genoeg rus ! Daar is vragmotorbestuurders wat arrogant is maar dit is diegene wat hul lisensie gekoop het .

Nico ·

Het gister weer gesien 4 rigting stop teken en verkeersligte word geignoreer, waar is die sogenaamde verkeers beamptes wat nie hulle werk wil doen nie, dan is daar nog van hulle wat bripes wat wat ook ‘n groot probleem is. Die met die rooi letter L in die venster is ook verkeerd.

Sarel ·

Met Hoë Politieke Amptenaar betrokke….Boetz jy gaan swaar leef….
Maar ek twyfel of mens sal hoor hoekom daar deesdae soveel ongelukke is wasr Swaar Viertuie by betrokke is.
Was of is die goed Padwaardig..is hulle oorlaai…
Het estuurders lisensies gekoop of wat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.