Tronkstraf vir verkeersman ná ‘afpersboete’

Argieffoto bloot ter illustrasie van die verkeerspolisie. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

’n Verkeersbeampte van KwaZulu-Natal is tot effektief drie jaar tronkstraf in die Durbanse handelshof gevonnis nadat hy ’n motoris drie jaar gelede ’n valse boete opgelê het.

Sandile Lloyd Nene (43) is skuldig bevind aan korrupsie nadat hy ’n motoris in Augustus 2019 met R800 kwansuis beboet het omdat haar motor se ligte te naby aan haar motor se bande geleë was.

Nene het toe beslag gelê op die motoris se motorlisensieskyf én haar bestuurslisensie. Hy het aan die motoris gesê dat hy nie ’n boete sal uitreik indien sy hom R800 direk betaal nie. Hy het ook belowe om haar motorlisensieskyf en bestuurslisensie aan haar terug te besorg as sy hom wel betaal.

Nene was ten tyde van die voorval ’n verkeersbeampte verbonde aan die KwaDukuza-munisipaliteit aan die Noordkus.

Die klaagster het genoem dat sy net R200 by haar het en Nene het ingestem om vir die res van die geld te wag. ’n Lokval is daarna opgestel en Nene is in hegtenis geneem nadat hy die oorblywende geld by die motoris geneem het.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die provinsie, sê die NVG verwelkom die vonnis.

“Ons hoop die vonnis maak dit duidelik dat niemand bo die wet verhewe is nie,” sê Ramkisson-Kara.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hy het seker gedink dis ‘n vinnige manier van geldmaak en toe “backfire” dit.

Elméne ·

Hahaha!!!! Nee wraggies, elke dag iets nuuts uit die mond van ‘n absolute moroon!!!

melaney ·

Uitstekende nuus. Hy sal sekerlik sy nuwe uniform met trots dra.

Erika ·

Wonder watter voertuig sy ry, dat voertuig se ligte te aan die bande is??? Nee kyk nou het ek alles gehoor, altans gelees. ☺

Nie Verbaas ·

Motor se ligte te naby aan bande? Dink eerder sy brein sit te naby aan die agter en bokant van sy bobene.

krodedil ·

Dit sal verseker as waarskuwing wees vir Smithfield en Reddersburg se verkeerslui wat so lief is om jou lisensie skyf te vat en dan bakhand te staan.

Wondermaarnet ·

Hoekom word sy saak so vinnig afgehandel? Daar is baie kaders wie se sake jare sloer.

George ·

as 3 jaar vinnig is vir jou, wil ek nie weet wat lank is nie…

Jack ·

Een van die beste en absurdste redes vir n boete in eeue. Seker uitgedink in lesotho of zimbabwe. Jojo!

Frank John ·

As niemand Bo die wet is nie, wat sukkel hulle so met die presidente? Zuma ook en ons huidige?

George ·

Want hul regspanne weet hoe om die hof se tyd te mors en uitstel te kry elke keer. n goeie prokureur kan n saak vir jaaaare en jaaaaare laat sloer.

Marcello ·

Dit laat my dink aan ‘n boete wat ek gekry het buite Swellendam, oor my motorband konsuis afgeloop was, toe ek vra hoe hy dit gemeet het, het hy my gedreig om my in hegtenis te neem, as ek verder iets sê, ek het onmiddelik na ‘n motorband handelaar toegery om die band te vervang, nodeloos om te sê: Daar was niks fout met die motorband nie.

Blikkies ·

Ek hoop nie hy sit in die tronk en kry nog sy volle salaris met voordele nie? Dalk val hy weer in as hy uitkom.

Adri ·

Dire jaar (ses maande?) se gratis staatslosies in ruil vir ‘n moontlike R800. Is daar iewers ‘n foto van die vreemde voertuig?

Andre ·

Ek het n boete gekry vir n windskerm wat geskeur is en vol bubble was ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.