Tshwane-burgemeester toe wel gerehabiliteer

Dr. Murunwa Makwarela. (Foto: Twitter)

Dr. Murunwa Makwarela het die sertifikaat opgespoor wat verklaar dat hy gerehabiliteer is nadat hy in 2016 insolvent verklaar is, en sal vir eers in sy pos as burgemeester van Tshwane aanbly.

Die metro het Donderdag aangedui dat dié sertifikaat Donderdagoggend deur Johann Mettler, stadsbestuurder van Tshwane, ontvang is. Mettler het die Gautengse provinsiale verkiesingsbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gevolglik ingelig om die vakature vir die setel wat Makwarela beklee het, onmiddellik te herroep.

Die OVK het ontvangs van Mettler se brief erken en aangedui dat hulle die versoek sal verwerk.

Maroela Media het vroeër berig oor die herrie wat om Makwarela se kop losgebars het, nadat dit aan die lig gekom het dat hy in 2016 insolvent verklaar is, en nie bewyse kon lewer dat hy wel gerehabiliteer is soos hy aangevoer het nie.

Dr. Makwarela, Cope se enigste raadslid in die Tshwane-metro, is gevolglik uit sy pos as burgemeester geskop. Ingevolge die Grondwet mag ongerehabiliteerde insolvente persone nie as openbare verteenwoordigers in munisipale rade, die Nasionale Raad van Provinsies of die Nasionale Vergadering dien nie.

Makwarela het vroeër reeds verskoning geëis en sy regsverteenwoordiger het aangedui dat Makwarela bloot gesukkel het om ’n afskrif van die bewys dat hy gerehabiliteer is, op te spoor.

Hy het toe onderneem om die bewys teen Vrydag 10 Maart te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Delia ·

Ek bly steeds bekommerd oor hoe by Tswane se geldsake gaan regruk soos hy belowe het.

Johanna ·

Ruik ek n rot? Kan nie SY eie finansies hanteer NIE nou so groot stad. Oppas ons Gaan Nog voorentoe weer hoor

piet ·

Dis nie so eenvoudig soos nie finansies kan beheer nie. Sommige mense bedryf besighede wat dan flop. Dis nie ‘n skande as jy gesekwestreer of jou besighede gelikwideer word nie. Dis ‘n algemene verskynsel nouliks gekoppel aan die uitdagings van die ekonomie. Mense wat ‘n salarissie verdien deur vir iemand anders te werk, sal dit nie verstaan nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Inderdaad piet. Tydens Covid is hordes goeie sakemense gelikwideer. Tony Factor is in die 1960s gelikwideer, maar hy het teruggekom met groot sukses. In die VSA is van die mees suksesvolle entrepeneurs in die geskiedenis ten minste een keer in hul loopbane gelikwideer.

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur as die feite nie reg en korrek is nie .

skurweberg ·

Daar is sekere oortredings soos insolvensie wat hom ongeskik maak vir aanstelling in enige pos waar hy beheer en besluitmag het oor sake wat met geld te doen het. Het hy ‘n Psigometriese evaluating afgelê om sy RHab. te bevestig? Enigste wetenskaplike manier om sy RHab te bekragtig. Berading alleen help niks.

Piet ·

Ek weet nou nie of psigometriese toetse (evaluering) hiervoor sou help nie.

OW ·

Lekker agterste voor doen van sake.Probeer eers inkom sonder sertifikaat en kom dan agter,daar is probleme.Al hierdie rompslomp kon gespaar gewees het as hierdie in die eerste plek,in plek was.Dit gaan orals in SA so,want wat verwag ‘n mens as alle bestuurspraktyke afgeskaf is en geen toesighouding bestaan al vir die afgelope byna 30 jaar nie meer nie.

Wit Leeu ·

Daai sertifikaat is gekoop ! Dink julle nou regtig ons is stupid ?????/

Anje ·

Skielik spoor hy toe die broodnodige sertifikaat op…. hmmmmm

Vonkprop ·

Eerstens, sulke tipe dokumente stoor jy veilig, want dit is iets wat jy vinnig moet reghê vir enigiets waarin jy finansieël wil betrokke raak, maak nie saak of jy gerehabiliteer is nie. Tweedens klink dit vir my hy het gou vinnig op Google ‘n template afgelaai en sy konneksies gebruik om alles eg te laat lyk. Hopelik laat vaar die partye nie hulle agterdog en ondersoek hom nog steeds.

Dries ·

Ja ja ja.Ek glo natuurlik ook in die paashaas,kersvader en dat transgender vroue swanger kan raak.Maklik om n dokument te vervals.

pamela ·

Dis amazing hoe vinning hy daai sertifikaat “ontdedk” het. Ek ruik ‘n rot.

Johanncb ·

Met die salaris wat hy nóú gaan ontvang, sal hy maklik kan “rehabiliteer”!

Elmarie ·

Verseker ‘n fake. So belangrike dokument bewaar jy soos goud. Nou krap hy dit uit nadat hy gepos was.

JohanR ·

Hier hardloop ‘n groot stink rot rond! Kyk mooi na daai stuk papier want iemand het dit gou gister in een van Pretoria se agter strate vir hom geteken.

Wynand ·

Geskiedenis het my vertroue in hulle bestuurs vernif heeltemal geskend

Kokerboom ·

Die stad Tshwane verdien NIE die onbevoegde karakters as burgemeester. Dis ‘n politieke woer-woer met stad se toekoms is NIE aanvaarbaar en ongevraagd!!!

Alex ·

Neeee…. seriously… ewe skielik na n week se bohaai. Nou is daar bewyse?! Ek ruik n dooie rot

WILLEM ·

Ek ruik ‘n rot – hoekom kon hy nou eers se ” rehabiliteits “sertifikaat opspoor. Dit moet geverifieer word.

Matmiet ·

En dis hierdie tipe heen-en-weer oor nonsens wat maak dat die publiek nie politici respekteer nie. Dit bly ‘n sirkus.

Kosie ·

Waar het hy nou skierlik daai sertifikaat gekry, hy het mos kans gehad om dit voor die tyd in te handig, hier maak 1 en 1 nie meer 2 nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dr. Jumba in Marabastad verskaf goeie diens. Hy help met liefdesprobleme, lotto, bose geeste, skoonma, lastige regskwessies en vele meer.

Jasmyn ·

Enigiemand met verstand behoort te weet dis ń vervalste sertifikaat. En hy het reeds gewys waartoe hy instaat is…. probleme en nogmaals probleme. Totaal en al nie ń betroubare persoon nie.

Tewis ·

BESTAAN HULLE LEWE NET UIT LEENS?? IS DAAR WRAGTIG NIE EERS 1 WAT GEGLO KAN WORD NIE.
HOE HET HY AL DIE TYD AS LID VAN COPE GEWERK EN HULLE DIE PAPIER WERK NIE OP GEVOLG HET NIE ???
DIE WAARHEID SAL SEEVEER!!!!!!

Boatsie ·

Wonder nou net.
Met kennis van tegnologie en die nodige “ondersteuning” kan so ‘n briefie verseker maklik ontwerp en uitgedruk word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.