Tshwane-metro ‘nié onder administrasie’

Die DA sê die ANC probeer bloot sy hande op die Tshwane-metroraad se geldkoffers kry. (Argieffoto: Riaan Cronje)

Ondanks dreigemente deur die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake om die Tshwane-metroraad onder administrasie te plaas, is dié stad nié onder administrasie nie en gaan voort “om wêreldgehalte-diens aan inwoners onder leiding van die DA” te verskaf.

“Dit bly ʼn leë dreigement,” het Solly Msimanga, koukusleier van die Gautengse DA, Sondag gesê oor die LUR se bewering dat die stad onder administrasie is.

“Die LUR se politieke stemwerwery kort geloofwaardigheid en inhoud omdat hy nie die proses, soos uiteengesit in die Grondwet, gevolg het nie.”

LUR Lebogang Maile het Vrydag gesê die Gautengse regering is genoop om by die metro in te gryp en dat die stad gevolglik onder administrasie geplaas is.

Sy stelling volg nadat Stevens Mokgalapa, burgemeester van Tshwane wat tans met spesiale verlof is, en speaker Katlego Mathebe deur mosies van wantroue van hul ampte onthef is. Die DA het hom egter tot die hof gewend en ʼn dringende bevel bekom wat dié besluite omgekeer het.

Msimanga sê ingevolge die Grondwet mag die provinsiale uitvoerende gesag net ingryp wanneer ʼn munisipaliteit nie sy grondwetlike of wetlike pligte nakom nie; nie sy pligte nakom om ʼn begroting goed te keur en maatreëls in te stel om inkomste daarvoor in te vorder nie; óf in ʼn finansiële krisis is wat beteken hy kan nie meer basiese dienste lewer of sy geldelike verpligtinge nakom nie.

Hy sê geen van die drie scenario’s is op Tshwane van toepassing nie en beskryf Maile se optrede as onwettig, ondemokraties en laakbaar.

“LUR Maile se mislukte poging is deel van ʼn groter plan van die ANC-geleide provinsiale regering in Gauteng om die Tshwane-metroraad te kaap en beheer oor die stad se geldsake te kry terwyl ons al hoe nader aan die plaaslike regeringsverkiesing in 2021 beweeg.

Solly Msimanga (middel), die DA se koukusleier in Gauteng, sêdie Tshwane-metroraad is allermins onder administrasie. (Foto: Twitter)

“Geld wat vir dienslewering bestem is, gaan ongetwyfeld vir stemwerwery gebruik word,” het Msimanga gesê.

Hy sê die eerste stap van dié sogenaamde kaping was die pogings om die burgemeester en speaker te ontsetel. Die hof het egter ʼn stokkie daarvoor gesteek.

Die aansoek word nou op 17 Desember in die dringende hof aangehoor. Msimanga sê die DA sien uit daarna om die ANC se ware motiewe daaragter bloot te lê.

“Ons gaan voortveg en gebruik maak van watter grondwetlike meganismes ook al beskikbaar is, om te verseker dat meer van ons land nie gekaap en gebruik word om die belange van individue te bevorder wat hul hande vir eie gewin op belastingbetalers se geld wil lê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

koos ·

Skuus. Vervang asb die wêreld gehalte dienste met Afrika gehalte dienste.
Tshwane vat 2 weke om ‘n waterlek reg te maak. Bestuur ons lughawe in die grond in. Maak nie slaggate reg nie. Laat inwoners sonder water. Nee wat, miskien is administrasie nie so ‘n slegte plan nie.

Hannetjie ·

Koos ek stel voor dat jy n toer doen deur die ANC beheerde dorpe voordat jy weer nonsens praat oor Tshwane. In Brits het die mense nie eers skoon badwater nie, wat nog te se water wat jy uit die krane kan drink soos in Tshwane. Die paaie is so vol slaggate dat n 4X4 voertuig sukkel om daar te ry. Miskien moet jy net die regte nommer bel vir jou slaggate en water. En vir jou inligting was al die korrupsie onder ANC beheer gepleeg by die lughawe.

Markus ·

Ek stem saam koos die metro hang seker nou in die lug want die metro polisie rand onskuldige vrouens aan by die petrol garage en daar is geen sprake van diens in die pretoria voorstad waar ek bly nie.

koos ·

Hannetjie, jammer dat jy nie die prentjie kan sien nie. Jou DA bril is seker bietjie vuil. My kommentaar is daarop gemik op die BELOFTES wat die DA maak, maar dit nie nakom nie. Die ANC het Pretoria bestuur met korrupsie en alles, en die DA het net voort gegaan daarmee. 3 jaar later en daar is geen verbeteringe nie, al wat verander het is ons munisipale rekeninge wat verdubbel het! O ja ek reis baie die land vol, en ek kan en mag nie Pretoria met ander vergelyk nie. Weereens, dit gaan hier oor die DA en Pretoria en nie ander dorpe en stede nie. Brits is naby Pretoria. Kom bly hier as dit dan so sleg daar by jou is.

Japie Venter ·

Die DA het n groter gemors van Pretoria en die groter Tswane area aangerig as die ANC. Julle het n geleentheid gehad om te wys julle kan Tswane beter bestuur as die ANC maar wat n gemors het julle nie aangevang nie. Kyk hoe het die plakkerskampe in Pretoria Oos en selfs in Pretoria Oos begrafplaas vooruit gegaan onder julle bestuur. Julle sal nooit weer die geleentheid kry wat julle nou gehad het nie.

Japie Venter ·

Die DA het n groter gemors van Pretoria en die groter Tswane gebied gemaak as die ANC. Plakkerskampe in Pretoria Oos het groter geword en selfs die plakkerskamp binne in Pretoria Oos begrafplaas gaan van krag tot krag. Julle sal nooit weer die geleentheid wat julle gehad het kry nie want julle is nie my stem waardig nie.

Me ·

Die wat die werk doen lê al van 9 uur in oggende onder die bome en slaap sien dit gereeld in ons voor stad in Pretoria in die Ooste

Irene ·

Gee asb tel nr vir ons om te skakel en julle moet optree sodra ons skakel

Ja swaer ·

Mnr Msimanga, die wereld-gehalte is beslis nie eerstewereld nie. Kyk maar hoe vieslik vuil is die strate in Pretoria en Centurion. En die groot grap is mens betaal elke maand ‘n ekstra fooi gelykstaande aan jou vullisverwydering fooi vir sg skkonhou vabn strate en parke. Wat ‘n GROOT GRAP. Die DA los die strate netso vuil. Centurion veral lyk septies. Dis nou wereld-gehalte ne, derde-wereld. Om elke hoek en draai woon plakkers op sypaadjies en smouse van Afrika lande bevuil die strate en sypaadjies met hulle smousware. Hoeveel v hulle het papier om hier te wees? Word smouse glad nie meer beheer nie? Hulle slaap permanent op sypaadjies en maak vuur daagliks. Dis mos plakkery. Om nie eens te paart vd alewige vuurmakery met steenkool langs die paaie nie. Wereld-gehalte ne, in your dreams DA. Die stad het beter gelyk onder ‘n ANC stadsraad.

Boerseun ·

Gebeur maar as 90% van inwoners nie vir dienste betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.