Tshwane se kragskuld knou Eskom

(Foto: Zakysant via Wikimedia Commons)

Die Tshwane-metroraad is steeds diep in die skuld by Eskom met ’n kragrekening van R1,4 miljard wat uitstaande is – en Eskom sê dit knou sy likiditeit, finansiële prestasie en volhoubaarheid.

Die metroraad het in November verlede jaar ’n bedrag van R660 miljoen aan Eskom betaal, maar daarna versuim om sy kragrekening van R780 miljoen vir Desember te betaal, sê die kragvoorsiener.

Volgens Eskom spook hy ook al maande lank om betalings uit die metroraad te kry.

Die kragvoorsiener het in Augustus verlede jaar die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) genader om as bemiddelaar op te tree om ’n oplossing vir die metroraad se swak betalings te kry.

“Die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) vereis dat instellings die geld wat aan hulle verskuldig is, verhaal en daarom het Eskom vir Cogta betrek,” sê Eskom.

“Die bemiddelingsproses was in ooreenstemming met artikel 41(2) van die Wet op die Raamwerk vir Interregeringsverhoudinge (IRFA) 13 van 2005 en het gevolg nadat Eskom ʼn dispuut verklaar het.”

Eskom het voorheen al gekla oor Tshwane se wisselvallige betalings van sy grootmaatrekening.

Die kragvoorsiener het op 5 Januarie vanjaar weer ’n pleidooi aan die metroraad gerig om sy rekening vir November te vereffen, maar sê daar het dadels van gekom.

“Eskom het nie die finansiële vermoë om die metroraad se bedrywighede te finansier nie en het ʼn beroep op die raad gedoen om sy elektrisiteitsrekening te betaal en sodoende die kragvoorsiener in staat te stel om voort te gaan om elektrisiteit aan die stad te verskaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Truman Burbank ·

Kan iemand my hierop antwoord. As ek by PnP my Telkom rekening betaal, reflekteer dit by Telkom binne twee dae. As ek my polis by PnP betaal, reflekteer dit ook binne twee dae. Krag? Waarom kan die inwoners nie direk vir eskom betaal nie? Waarom moet Tshwane die krag geld in hulle rekening kry. Waarom word munisipaliteite soos besighede bestuur, ten koste van die publiek? Dit is nie n besigheid nie.

Andries ·

Munidipsliteite maak n wins wanneer ons krag by hulle koop… Sou dit “verval” sal ons hoër belasting moet betaal om di verlies op te maak

Truman Burbank ·

Andries. Die stelsel werk nie. Die ou stelsel destyds met bv Munitoria het gewerk. Munisipaliteiet is nie besighede nie. Hulle is regerings instansies.

Perdeby ·

Want jy het nie ‘n rekening direk by Eksdom , soos die boere en die meeste mense wat op plotte bly nie. Alle metro’s en stadrade is die middelman man van Eksdom.

Koos 100 ·

Jan vR. Dis omdat Eskom net die krag verskaf. Die distribusie en infrastruktuur om die krag vanaf substasie tot huise te bring in Tshwane se eiendom. Ja hulle maak wins daaruit. Ek gee net ‘n verduideliking en verskoon glad nie Tshwane nie. Wat duidelik vir my is dat Tshwane geteiken word. Hoeveel skuld SOWETO alleen? En al die ander Metros?

domheks ·

Die Munisipaliteit kry ‘n gedeelte van die geld wat jy vir krag betaal.

Jacobus ·

Is Tswane onder DA beheer nou knou hulle Eskom? Wat van die 14MILJARD+ WAT ELKE JAAR VAN SOWETO AFGESKRYF WORD? OOOOO JA SOWETO IS MOS “OUR PEOPLE”. DAN SAL HULLE NIE ESKOM KNOU NIE.

Henri ·

Wat van die ander metrorade in die land? Hoe lyk hulle betalings aan Eskom? Of word Tshwane nou uitgesonder omdat die raad nie deur die cANCer bestuur word nie? Nie dat ek wanbetaling enigsins goedpraat nie.

Jaco ·

Nou dat ‘n DA-beheerde munisipaliteit vir eskom geld skuld, kla eskom skielik. Maar dis maar reg as al die ANC munisipaliteite nie vir eskom betaal nie. O ja, nou onthou ek: die ANC is mos hoogheilig en die DA is rassisties.

Truman Burbank ·

Teoreties kan n munisipaliteit nie vir eskom geld skuld nie. Beide val onder die regering

Andries ·

Nou toe nou. 1.6 Miljard knou Eskom maar ni di 5 Miljrad en of 50+ Miljard van ander munisipaliteite ni…
Ons kom uit di era voor 30% as slaag syfer gesien is en kan nog (hoof)rekene doen

Nettie ·

Tswane, as julle ons ons krag laat afsny oor JULLE nie betaal wat ons REEDS aan julle betaal het nie, gaan ons julle hof toe sleep en dan kos dit julle baie, baie meer. Betaal wat julle skuld!! Onmiddellik. Sies man!!

Eskom, gaan vorder ORALS julle skuld NOU in, dan sal dit met almal in die land begin beter gaan. Ons kan nie meer nie, julle moet ons as betalende mense nou ook bietjie tegemoet kom. Ons betaal ons belastings en munisipale koste getrou!

Prikkie ·

Eskom moes NOOIT die krag aan die munisipaliteite gegee het om te verkoop nie.

Ek vermoed Tswane het die geld (dalk gehad), maar versuim om dit oor te betaal.

Elize ·

Die ANC het dit in hulle sakke gedruk voor die DA oorgeneem het. Presies wat die lot nou doen voor hulle val in 2024

domheks ·

Eish – die salarisse moet EERSTE betaal word – daarna kan die res iets kry.

Papsak ·

Tshawane se skuld knou Eskom kastig ne maar nou vra ek maar net wat van Soweto se krag knou dit nie meer Eskom se krag nie hoekom wil hulle Soweto se krag af skryf maar ander moet betaal wat maak hulle so beter as ons almal o hulle boeties sorrie vergeet bietjie Tshwane se skuld breek julle oor Soweto mmmm

Vriendelike Frikkie ·

Julle moet Tshwane vergewe. Hulle het nie geld nie. Net genoeg geld om ELKE ELEKTRISITEITS METER IN DIE METROPOOL TE VERVANG MET PRE_PAID. R4000-5000 per perseel.
Ek het geleer, as daar nie kos is om te eet nie , sit jy nie blink wiele op jou motor nie. Al het jy daarvoor begroot vantevore. Jy maak jou skuld klaar en dan begin jy weer spaar.

Perdeby ·

So wat Eksdom nou eintlik se dit is net Tshwane wat krag by hulle kry?

Hennie ·

En Soweto? City Power en sl die duisrnde ander stadsrade? O, hulle is mos SWART ANC rade, so nee wat, hulle flok nie ESKOM se likiditeit op nie….

Jandup ·

Nou vra ek die vraag: Word Tshwane nou gepenaliseer en in die koerante gepubliseer maar munisipaliteite onder ANC beheer wat veel meer skuld as Tshwane word ander pad gekyk?
Govan Mbeki munisipaliteit in Mpumalanga skuld meer as R3,5 mijard en die totaal groei elke maand.
Hoeveel ander ANC beheerde munisipaliteite se skuld is ook baie meer as wat Tshwane skuld?
Dienslewering in die ANC beheerde munisiplaiteite is ook pateties tot nul. Sodra die kookwater te warm word gooi hulle ‘n ander padda in die pot. Op daardie manier verhoed hulle dat geregtelike stappe teen die munisipale bestuurders wat polities aangestel is kan vervolg word.
Berig gerus bietjie meer gereeld oor al die ander munispaliteite wat so baie skuld het ook asseblief Maroela Media
Govan Mbeki munisipaliteit se riool stortings in die Waterval en Bo-Olifants riviere is ‘n ramp.
Ek kan die verslaggewer na al die probleem areas neem wat elke keer in die forums gerapporteer word.

John ·

Tshwane skuld Eskom R1,4 miljard en nou kan Eskom nie hul verpligtinge nakom Nie, maar Soweto se R4,8 miljard Kan af geskryf word sonder probleme.
Ek is ook nog steeds baie ongelukkig dat die DA Vir die mense gejok het oor die betalings. Hulle skuld ons n verduideliking

Vriendelike Frikkie ·

Ek is in ‘n konstante koppestamp met die raadslede oor hulle leuens. Ongelukkig is dit iets wat in politici ingebou is. ANC of DA , wit of swart, die leuens bly net kom.

Truman Burbank ·

Ek stem Frikkie. DIe publiek sien nie die partytjies wat hul saam hou wanneer die kameras weggepak is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.