Tshwane teiken inwoners van spoglandgoedere

Argieffoto (Foto: Adrian Pelletier/Pixabay)

Die Tshwane-munisipaliteit sê as deel van sy veldtog om inkomste te verhaal, het hy huishoudings in verskeie landgoedere geïdentifiseer wie se rekeninge agterstallig is.

Selby Bokaba, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die stad het Dinsdag reeds ʼn suksesvolle veldtog in Copperleaf Estate, Centurion, van stapel gestuur. “Die top-25-rekeninge in die landgoed strek tussen R200 000 en R500 000. Van die 600 rekeninge wat die stad aanvanklik geteiken het, is die kragtoevoer na 96 kliënte, wat agterstallig was, afgesny. Waterbeperkings is ingestel op 156 huishoudings wat agterstallig is met hul betaling.”

Daar is glo ook met 30 elektrisiteitsmeters gepeuter terwyl 279 in ʼn goeie toestand was. Die stad het 28 konvensionele meters met voorafbetaalde meters vervang.

“In Sable Hills Waterfront-landgoed het die stad ʼn oudit op 298 rekeninge gedoen waarvan 285 meters in ʼn goeie toestand was. Daar is met 11 meters gepeuter. Twee konvensionele meters is met voorafbetaalde meters vervang. Daar was nie enige agterstallige rekeninge waar die kragverbinding opgeskort moes word nie.”

Die munisipaliteit beplan om binne die volgende paar weke die volgende landgoedere te besoek waar kliënte agterstallig is met hul betaling of waar daar met elektrisiteitsmeters gepeuter is:

  • Sable Hills Waterfront Estate
  • Eldo Park (Eldoraigne)
  • Kosmosdal (alle uitbreidings)
  • Silver Lakes
  • Irene Farm Village
  • Amberfield Valley
  • Sunderland Ridge
  • Thatchfield Estate
  • Thatchfield Hills
  • Centurion Golf Estate

“Let daarop dat bykomende fooie gehef sal word op alle meters waarmee gepeuter is of waar onwettige verbindings plaasgevind het. Die stad moedig alle verbruikers, wat onwettige verbindings tot die elektrisiteit- of waternetwerk het, om aansoek te doen om amnestie om boetes te strafregtelike aanklagte te voorkom. Die amnestieperiode het verlede maand begin en duur tot 30 September 2022.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Oosieoos ·

Dis goed so doen dit net orals ongeag area of wie waar bly

Koen ·

Dit gaan nie hier oor Soweto nie. Dit gaan hier oor stink ryk mense wat ander wil beindruk en dink hulle kan water en elektrisiteit verniet kry. En ek wat betaal moet vir hulle betaal met die verhogings.Smaak my jy is een van die mense.

Alta Alleman ·

Nou vra ek….Wat van al die onwettige verbindings in die Townships?

Lourens ·

Die onderwerp is dan juis agterstallige rekeninge en kragdiefstal?

Lourens ·

Soweto is ALMAL se probleem. Daardie krag wat gelewer word en nie betaal word nie, kon aan betalende verbruikers gelewer word. En verder is dit ‘n onewewigtige behandeling van soortgelyke aangeleenthede.

Lourens ·

Soweto is ALMAL se probleem. Daardie krag wat gelewer word en nie betaal word nie, kon aan betalende verbruikers gelewer word. En verder is dit ‘n onewewigtige behandeling van soortgelyke aangeleenthede.

Waarnemer ·

As daar met meters gepeuter is,is dit 99% diefstal en behiirt die eienaars/huurders oogesluit te word en nie net n boete kry nie.

Frederik C ·

Attridgeville, Mamelodi………………………of is dit te gevaarlik vir die metermanne???

Faraway ·

Waarom “skelms” voor die tyd waarsku van n ondersoek. . . Doen dit net en kry klaar!

Kobus ·

Ek verstaan nie mooi nie. Inwoners word gepenaliseer omdat hulle nie betaal nie maar dieselfde munisipaliteit weier om Eskom rekening te vereffen? Mis ek iets?

Andries ·

Dis omdat die inwoners nie betaal nie wat die munisipaliteit Eskom nie kan betaal nie.
Maak dit sin?

Swerwer ·

Dit is reg, teiken die wat met meters peuter maar doen dan dieselfde met die ander woongebiede wat aan die stadsraad se families/vriende en kennis bethoort. Skeer almal oor dieselfde kam en hou op om net blankes te teiken.

Petrus Albertus ·

Kan iemand my sê of die inwoners van sulke landgoedere direk aan die stadsraad betaal of betaal hulle aan die landgoedbestuur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.