Tshwane-werkers vas vir geweld tydens staking

Talle lede van Samwu het na Tshwane House opgeruk. (Foto: Stad Tshwane/Twitter)

Vier werknemers van Tshwane sal Donderdagoggend in die landdroshof in Pretoria verskyn op aanklag van openbare geweld tydens ʼn staking van munisipale werkers.

Dit kom nadat die betrokke werknemers glo onder andere hul nie-stakende kollegas geïntimideer, geteister en gedreig het.

Honderde lede van die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, het vandeesweek na Tshwane House, die munisipaliteit se hoofkantoor, opgeruk uit protes teen die loon- en salarisverhogings wat die stadsraad in Junie goedgekeur het.

Selby Bokaba, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die betrokke werknemers is Dinsdag tydens die staking in hegtenis geneem en is sedertdien by die Lyttelton-polisiestasie aangehou.

“Die werknemers het ook kennisgewings ontvang van die metro se voorneme om hulle te skors, en dat hulle op drie interne aanklagte tereg staan wat verband hou met wangedrag, opsetlike sakebeskadiging en verbreking van ʼn dienskontrak,” sê Bokaba.

“Hierdie [voorneme] is aan die werknemers gekommunikeer terwyl hulle in polisieaanhouding was.”

Volgens die metro maak die werknemers se beweerde gedrag ernstig inbraak op die werkgewer-werknemer se vertrouensverhouding.

Sou die werknemers skuldig bevind word op die interne aanklagte, kan die metro vereis dat hulle met onmiddellike effek die trekpas gegee word.

“Die metro het besluit om etiese gedrag in die werkplek te bewerkstellig deur beslissend op te tree teen werknemers wat van onetiese gedrag beskuldig word,” sê Bokaba.

“Voorheen was werknemers van die metro by gevalle van ernstige wangedrag en misdaad betrokke sonder enige gevolge.

“Daarom moet die optrede wat teen hierdie vier werknemers geneem word, as ʼn afskrikmiddel dien vir diegene wat wetteloos optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andrew ·

Hier kom die DA burgermeester se toets. Verwag maar dat n mosie van wantroue sy kop uitsteek

lodewyk ·

Die DA moet nou probeer regmaak wat die cANCer in die laaste 30 jaar opgeneuk het….Dit gaan baie moed en durf kos,maar sterkte DA…

honeybee ·

Dank hulle omiddelik af sonder enige salaris of voordele. Maak van hulle n voorbeeld.

TC ·

Hulle het volle salaris gekry gedurende 2020 en 2021 so hoekom moet hulle nou staak hulle het teminste werk en was nog èlke maand betaal of hulle werk of nie

Oosieoos ·

Dis nou goeie nuus vir a slag. Staan sterk en dank hulle af sonder voordele. Anc sal hulle gryp mos hul soort kaders

Anel ·

Ek sê altyd, as jy nie tevrede is met die geld wat jy kry nie, bedank dan en gaan soek iewers anders werk. Die spul wat altyd so tekere gaan dink nie daaraan dat daar miljoene is wat nie sal omgee om hulle werk te doen vir die geld wat hulle kry nie. As jy vir my sou werk en ek kan nie meer betaal nie, loop. Ek sal jou nie keer nie, maar as jy my goed breek dan laat ek jou toesluit. So, ja, vroeër jare het ons nie die probleme gehad nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.