Tussenverkiesings bevestig hoe politieke wind waai

Florence Roberts

Die DA het Woensdag een wyk bygekry en een wyk verloor in ʼn reeks tussenverkiesings wat bevestig het hoe die politieke strome in Suid-Afrika aan’t verander is.

Die party in blou het in die Wes-Kaap ʼn plattelandse en oorwegend bruin wyk op Barrydale in die Klein-Karoo met groot gemak by die ANC afgeneem in ʼn tussenverkiesing waar die ANC nie gestaan het nie.

In Johannesburg se kosmopolitiese suidelike voorstede het die DA gemaklik gewen, ʼn wyk met ʼn sterk swart middelklasstem behou en een waar die township-stem in groter getalle as die welvarende wit Engelse stem opgedaag het, aan die ANC afgestaan.

Maar die storie van die dag lê in Roodepoort, waar die DA die Roodekrans-gebied gemaklik maar futloos behou het terwyl die party, soos in die algemene verkiesing, ʼn beduidende deel van sy wit, Afrikaanse steun afgestaan het aan die VF Plus.

Een ding wat nie twee is nie, is dat die DA weliswaar meerderheidsteun onder wit Afrikaanse kiesers in die noorde van die land geniet, maar besig is om ʼn redelike groot deel van daardie steun aan die VF Plus in te boet – en op die oog af nie ʼn onmiddellike en spesifieke plan in werking het om dit te takel nie.

Op daardie ingesteldheid kapitaliseer die VF Plus tans.

Die wyk in Roodepoort is Johannesburg wyk 83. Dr. Florence Roberts (DA) het 3 301 stemme gekry teen 1 081 vir die VF Plus, 223 vir die ANC en 40 vir die EFF.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van 16 persentasiepunte teen die DA sedert 2016.

In die suide van Johannesburg sluit wyk 54 Ridgeway, Suideroord en Mondeor in. Stuart Marais (DA) het 2 776 stemme gekry teen 916 vir die ANC en 355 vir die EFF.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van drie persentasiepunte na die DA sedert 2016.

Die uitslag waarop die DA miskien die trotsste sal wees kom uit Johannesburg wyk 112, naamlik Noordwyk in Midrand – ʼn wyk met ʼn groot, opkomende swart middelklasstem.

Lerato Mpheto (DA) het die wyk behou en die party se steun met ʼn persentasiepunt uitgebrei deur 1 345 stemme te trek teen 1 101 vir die ANC en 427 vir die EFF.

Die ANC sal in sy noppies wees met die afneem van wyk 109 in Johannesburg van die DA.

Die wyk bestaan uit ʼn deel van Alexandra en ʼn deel van Sandton en die swaai van sowat agt persentasiepunte teen die DA is grootliks omdat die Alexandra-deel van die wyk vergelykenderwys sterker as in 2016 by die stembus opgedaag het, terwyl die Sandton-deel dit nie gedoen het nie.

Liaquad Ebrahim (ANC) het 2 566 stemme gekry teen 1 925 vir die DA en 526 vir die EFF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Blah-blah-blah oor die plaaslike regerings-politiek! Jan-Jan of Herman, skryf asb vir M/Media se lesers ‘n in-diepte artikel oor die voormalige hoof van die OBK, doktor (nogal) Dan Matjila, wat nou voor die Zondo-Kommissie praatjies maak. Uit die getuienis en vorige media berigte, het die knaap skynbaar dikwels lekker op sy eie “te kere gegaan” om geld (miljarde) soos bossies rond te strooi in uiters twyfelagtige”beleggings” ondanks teenkanting deur sy eie personeel en ander se kommentare daarop! Dis n flippen skryende skande dat pensioengeld wan-aangewend is en dalk nog word.!!!

Liberaal ·

Ons linkses is so bly ons verlinkse partye soos dIE EFF doen so goed, ons linkses wou dit mos 30 jaar terug al sien gebeur.

KrokodilBotha ·

Kyk jy weet waar jy met die ANC staan, dis duidelik. Maar die DA is daai party wat jou sal vertel net wat jy wil hoor.

Piet ·

Mooi so DA ons het geweet julle sal wen by ons in Roodepoort, al het baie DA mense nie gaan stem nie

Cherokee ·

Die kruks is nie dat ‘baie DA mense nie gaan stem het nie’. Dit is eerder oorspronklike DA-kiesers wie se oge soos die van klein hondjies vir ‘n tyd toe was maar nou oopgegaan het.

Magda ·

Ja en oor 3-6 maande is daar weer stakings en afbrand van gebou omdat WYK 109 in Johannesburg geen dienslewering kry nie.

Charles ·

Ons woon in Barrydale en het hier gestem gister. Julle feite is nie korrek dat, “die ANC nie gestaan het nie. Hier was 3 party wat gestaan het, DA, ANC en EFF. Verkiesings vir uitslag Barrydale,

DA: 1457 (57.91%)
ANC: 1056 (41.97%)
EFF: 3 (0.12%)
IEC: 2516
Stempersentasie: 70.87%

schaun ·

Hoekom sal jy vir n party stem wat diskrinasie teen wit mense aanvaar?

KrokodilBotha ·

Skapies in n ry. Geen koeking idee nie, maar trek net die kruisie. Breinkrag is beperk.

Eentonner ·

Ja dis gehoorsame skapies oppad slagpale toe, met die liberale media wat die aanjaagwerk doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.