TUT staak alle klasse ‘onbepaald’

TUT se Soshanguve-kampus. Foto: Masi Losi, IOL

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het alle akademiese aktiwiteite op al hul kampusse opgeskort weens voortslepende studentebetogings.

“Weens voortslepende protesaksies deur studente op verskeie kampusse van die TUT, het die bestuur vandag [Woensdag] besluit om alle akademiese aktiwiteite tot verdere kennisgewing op te skort,” lui ʼn kennisgewing van prof. Lourens van Staden, visekanselier van die TUT.

Van Staden het namens die universiteit om verskoning gevra vir enige ongerief wat dié besluit kan veroorsaak en personeel, studente en eksterne rolspelers verseker dat die universiteit onverpoos werk om die huidige probleme uit te stryk, ten einde te verseker dat studente so gou moontlik met die akademiese program kan voortgaan.

Studente betoog reeds sedert die begin van die jaar omdat van hulle verwag word om historiese skuld te vereffen alvorens hulle kan registreer vir die huidige akademiese jaar.  Hulle is ook ontevrede oor die koste van studentebehuising en omdat hulle nog nie geld vanaf die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) ontvang het nie.  Van dié betogings het geweldadig geraak.

“Ons gaan ook voort met ons gesprek met studenteleiers om die ontevredenheid onder studente op te los,” sê Van Staden.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jakes ·

Ek sal graag wil weet hoeveel maande in n jaar TUT studente werklik studeer? Hierdie gedrag van staak en geweldadige proteste gebeur op gereelde tye die afgelope paar jaar. Ek ken iemand wat daar werk en die tipe gedrag is eerder die norm as die uitesondering.

Werner ·

Dis maar net n voorbeeld hoe die land funksioneer van regerings kant tot voetsoolvlak en dan is daar sowaar mense wat dink dit gaan regkom

gatgogga ·

“Historiese skuld”.
Watter ander soort skuld is daar dan?

Dries ·

Dit beteken eintlik maar net hulle het waarskynlik nog nooit ‘n sent betaal nie.

Moedeloos ·

Gooi die skuldiges uit. Hoekom moet ander studente daaronder ly. Nee man dit kos ouers derduisende rande en hierdie opstokers wil als verniet hê en dan veroorsaak hulle dat klasse nie kan aangaan nie. Tyd dat jul polisie of regshulp inkry anders dagvaar die ouers TUT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.