Twee aangekeer oor man se ontvoering

Deon Nel word nog vermis (Foto vanaf plakkaat vir vermiste persone)

Twee persone, ʼn 36-jarige man en ʼn 30-jarige vrou, is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van Deon Nel (30), wat Donderdag in Wolmaransstad in Noordwes ontvoer is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die twee persone is Vrydag by ʼn huis in Randlespark, Klerksdorp, in hegtenis geneem.

“Die span wat die ontvoering ondersoek, verskeie polisie-eenhede en privaat sekuriteitsmaatskappye, se wenke het hulle na die huis gelei.”

Nel is as vermis aangemeld ná hy versuim het om by die huis op te daag nadat hy ʼn plaaslike kroeg besoek het. “Die ondersoek is later na ʼn klag van ontvoering verander toe ʼn losprys vir sy vrylating geëis is.”

Nel se besittings, waaronder ʼn horlosie, klere, ʼn hoed, bank- en ID-kaarte asook ʼn selfoon, is in die huis in Randlespark gevind. “Daar was ook bloedvlekke in die huis.”

ʼn Derde verdagte word ook ondervra.

“Die ondersoek insluitend die soektog na mnr. Nel en sy Mazda Drifter-voertuig duur voort.”

#helpbringdeonhome#missinginsa#pascoeinvestigationsptyltd MISSING ADULT ALERT: Deon Nel "Stompie" 30Yrs 5 July 2023. SAPS WOLMARANSSTAD NW. Det.Wagner.

Posted by Missings in SA on Saturday, July 8, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miskruier ·

Kuierplekke is gevaarlik, enige een kan jou dop “dokter”. Moet nooit alleen kuier.

christo ·

SA begin lyk soos van die Suid-Amerikaanse state waar misdaad aan die orde van die dag is. Mens kan maar net die vraag vra of SA ‘n mislukte staat is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.