Twee dood, een vermis by Kloof-myn

Sibanye-Stillwater se Kloof-myn aan die verre Wes-Rand. (Foto: Sibanye-Stillwater)

Twee mynreddingswerkers is Sondagaand tydens ’n soek-en‑reddingsoperasie na ’n vermiste mynwerker by Sibanye-Stillwater se Kloof-myn aan die verre Wes-Rand dood.

’n Mynwerker by die Thuthukani-skag is Sondagoggend as vermis aangemeld. Volgens die maatskappy het die mynwerker nie saam met sy span na die stasie teruggekeer nadat beplande roetineherstelwerk naby die skagstasie afgehandel is nie.

’n Span van ses mynreddingswerkers het na die vermiste mynwerker gesoek. “Beskikbare inligting dui daarop dat die twee werknemers tydens die soektog deur hitte oorval is en gesterf het,” lui ‘n verklaring van die maatskappy.

Die soektog na die vermiste mynwerker duur intussen voort.

Sibanye-Stillwater se raad en bestuur het sy medelye met die oorledenes se families, kollegas en vriende uitgespreek.

Die presiese oorsaak van die twee mynreddingswerkers se dood sowel as die omstandighede wat daartoe gelei het dat die mynwerker verdwyn het, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nette ·

Hoekom sê jy so? Werk jy op die myn en ken die die omstandighede?

Danielle ·

Dis 2 jong mans wat hulle lewe verloor het om ‘n mynwerker te red. Jou opmerking is heel onvanpas.

Swerwer ·

My opmerking is nie van toepassing op die afgestorwenes nie. Vir hulle het ek medelye en simpatie. My opmerking is van toepassing op die feit dat ‘n man weggeraak het en die res weer ‘n verskoning het om oproerig te raak. Want ongelukkig is dit feite.

Nette ·

Duidelik werk jy nie op die myn nie, want dit was nog NOOIT so in my 23 jaar wat ek al op die myn werk nie, so maak eers seker van jou feite voordat jy dit as ‘n feit uitblaker op die platform.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.