Twee dood in KZN-ongelukke

Die ongelukstoneel op die M7 by die M13-brug. (Foto: Rescue Care)

Twee mense is dood en vyf beseer in twee verskillende ongelukke vroeg Maandagoggend op die M7 in Pinetown, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur vir Rescue Care-nooddienste, sê paramedici is omstreeks 03:00 na ʼn toneel op die M7 by die M13-brug ontbied waar twee voertuie in ʼn botsing betrokke was. Daar het hulle die erg beskadigde wrakke van die twee voertuie aangetref.

“By nadere ondersoek is daar vasgestel een passasier, vermoedelik in sy 60’s, het veelvuldige beserings opgedoen en hy is op die toneel dood verklaar. Drie ander mense is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is,” het Jamieson gesê.

Net ná 05:00 is paramedici weer na ʼn toneel op die M7 ontbied, dié keer naby die N3-wisselaar. Volgens Jamieson het hulle daar ʼn enkele voertuig aangetref wat op sy kant lê. Die voertuig het ʼn vrag brood vervoer toe die ongeluk gebeur het.

Die ongelukstoneel op die M7 naby die N3-wisselaar. (Foto: Rescue Care)

“Die bestuurder, ʼn man vermoedelik in sy 30’s, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Twee passasiers is ernstig beseer en op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal gehaas is.”

Die oorsaak van albei ongelukke word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kan jy glo ·

Jammer vir die verlies van ‘n lewe , maar ‘n ding wat my opval is dat daar geen plunderaars op die toneel is nie – as dit drank was , was dit lankal weg gedra

Blackie ·

Spanne word deesdae onmiddellik uitgestuur om die vragte te beskerm teen plundelaars. Daar word “escourts” ook gebruik wanneer vragte herlaai word om minimale versekeringseise te verseker. Een oproep en daar is ‘n magdom sekuriteit op ‘n toneel.

IK ·

Moet NOOIT aanvaar jy is alleen op enige pad/straat enige tyd gedurende 24-uur. Veral in die oggendure is die gevaarlikste tyd. Al ry jy in die Namib-woestyn is dit wenslik om by die verkeersreëls te hou. Om by padreëls te hou behoort ‘n gewoonte te wees en het niks te doen met plek en tyd.

PIETER ·

Ek ry die M7 daagliks, en kan nie verstaan hoe mense nog steeds kan jaag op daai pad nie. Die trokke het die linker baan al heeltemal uitgetrap, en as jy net ‘n oomblik nie dink nie, waarborg ek dat jy op die middelman gaan beland. Dit is nou as jou voertuig 100% padvaardig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.