Twee dood, ses gewond in taverne-skietery

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Twee mense is dood en ses ander gewond toe ʼn skietery Donderdagaand by ʼn taverne in Malamulele in Limpopo uitgebreek het. Die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, het nou gevra dat ʼn “hoëvlakondersoek” na die voorval van stapel gestuur word.

Volgens kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het ongeveer agt mans die taverne ingegaan en lukraak losgebrand. Twee mense is op die toneel dood verklaar terwyl ses beseerdes na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

“Verskeie patroondoppies wat van ʼn pistool afkomstig is, het op die misdaadtoneel gelê,” het Ledwaba gesê.

“Daar word verder beweer dat die verdagtes in twee dubbelkajuitvoertuie van die toneel gevlug het. Die motief vir die skietery is in hierdie stadium onbekend.”

Hadebe het die “sinnelose misdaad” veroordeel en die polisie opdrag gegee om die skuldiges so gou moontlik vas te trek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Misky ·

Drank en vuurwapens is ‘n gevaarlike kombinasie kommissaris. Geen “hoëvlakondersoek” nodig wat hulpbronne onnodig uitput en daar inelkgeval dadels van gaan kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.