Twee gou vas ná moord op polisiebeampte

Argieffoto: SAPD

Twee verdagtes is binne 24 uur nadat ’n polisiebeampte doodgeskiet is, in hegtenis geneem.

Die adjudant-offisier, wat nie aan diens was nie, is Donderdagaand in Eldoradopark, Gauteng, doodgeskiet.

Twee verdagtes, 35 en 40 jaar oud, is in Eldoradopark in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel het, het kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, gesê. ’n Span, bestaande uit lede van die Valke, die honde-eenheid en die Johannesburgse metropolisie, was by die inhegtenisneming betrokke.

“Die motief vir die moord moet nog vasgestel word,” het Muridili gesê en bygevoeg dat verdere ondersoek intussen ingestel word om vas te stel of die verdagtes moontlik aan ander misdade verbind kan word.

Die beampte was glo besig om met iemand te gesels toe een van die verdagtes nader gekom en op hom losgebrand het. Die beampte is op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie skietwonde aan sy bolyf opgedoen het.

Genl. Khehla John Sitole, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Ek doen ’n beroep op die ondersoekspan om ’n sterk saak teen die verdagtes in die hof voor te lê sodat hulle swaar gestraf kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Nou hoekom moet ons so lank wag vir moordenaars van plaasmoorde wat duidelik ‘n boodskap vir ons stuur mmmmm

AndrewL ·

Nou hoekom lees die Persheks nie dat daar oogetuies was nie? Hmmm?

Persheks Adri ·

Hulle is treurig as daar plaasmoorde is Andrew, maar spring as daar ‘n uniform dood gaan dis die punt wat ek wil maak. Sleep voete vir die boere jy weet

Nico ·

Die verdagtes word vinning aan gekeer omdat die polisieman is terwyl die ander sake jare neem om af te handel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.