Twee in hof oor gesteelde polisieboot

Argieffoto.

Twee mans het Maandag in die landdroshof in Vryburg verskyn vir die besit van gesteelde goedere.

Bernard Hugo (35) en Albertus van Zyl (38) is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn polisieboot en ander gesteelde goedere in hul besit gevind is. Dit kom nadat die polisie op inligting gereageer het oor beweerde gesteelde goedere wat in ʼn werkswinkel by die Vryburg-skouterrein gestoor word.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die verdagtes met verskeie gesteelde goedere in hul besit aangetref. Hulle kon nie bevredigende antwoorde verskaf toe hulle daaroor uitgevra is nie,” sê kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Die goedere sluit in ʼn rubber polisieboot, twee grassnyers en agt sonpanele met batterye. “Sommige van dié goedere is boonop as gesteel aangemeld ná ʼn huisbraak wat glo op 23 Januarie in Warrenton plaasgevind het,” sê Tselanyane.

Die polisie het op die goedere beslag gelê. Die twee se hofsaak is uitgestel tot 3 Februarie vir ʼn formele borgtogaansoek. Hulle verskyn ook Dinsdag in Warrenton se landdroshof op twee aanklagtes van diefstal en huisbraak.

  • Die berig het per abuis ‘n foto bevat van die Vryburg-rugbyklub se logo. Maroela Media vra om verskoning vir die oorsig. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

johan twee ·

Hoekom is hulle nie vermeende rowers nie en hoe dat hulle name dadelik bekend is . Borgtog en datums mooi uitgesorteer dit verskil vir my van ander gevalle.

johan ·

As daar nou een ding is wat my erg de joos in maak is dit my mense wat skelm is,ek ken nie al die feite nie maar sou hulle skuldig bevind word moet die reg sy gang gaan en die sa tronk glo ek nie is jou speelmaat nie.

Gatvoll ·

Hoekom kry jy eers na meer as n week n hof datum vir n borg aansoek en as jy swart is kry jy dadelik borg van n baie klein bedrag ongeag die oortreding wat jy van beskuldig word. Bv. Dis drie wat kastig die motorfiets wou koop die verkoper doodgesteek het met n mes drie dae later aangekeer is en dadelik op borgtog van R500-00 weer vrygelaat is. Ons regstelsel is totaal
rassisties en behoort by die menseregte kommiesie aangekla te word. Soek net ewewigtigheid vir alle rasse.

SêMaarNetEen ·

Ek het dit ook opgemerk en vreemd gevind dat dit nie “vermeende diewe of rowers” is nie en die name sommer direk bekend gemaak. Hoe verskil dié saak van ander gevalle? Hul is nog nie eens skuldig in hof bevind nie.

Elaine Krige ·

Hallo SêMaarNetEen. Die mans het reeds in die hof verskyn, daarom dat hul name genoem word. Maroela Media publiseer altyd die name van vermeende ootreders nadat hulle in die hof verskyn het, mits ons kennis dra van die name natuurlik. Ek hoop dit werp lig op die onderwerp. Mooi aand.

Peetjie ·

Ek is jammer maar ek het geen greintjie simpatie met die manne nie… As jy lang vingers het, moet vat wat jou kant toe kom…

P ·

Ek stem saam Peetjie. Het hulle nou gedink hulle gaan skot vry daarvan afkom. Is nogal lagwekkend ai foeitog die twee’tjies het nou probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.