Twee lank tronk toe na hulle man agtervolg, skiet

Argieffoto

Twee mans is tot gesamentlike 76 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle meer as drie jaar gelede ʼn man van die OR Tambo-lughawe agtervolg en by ʼn huis in Oaklands in Johannesburg geskiet het.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, sê die mans , Kenneth Ngwenya en Eve Ndlovu, het op 2 Februarie 2017 die slagoffer van die lughawe, waar hy sy suster opgelaai het, na ʼn huis in Oaklands in Johannesburg agtervolg.

“Toe die man en sy suster by die huis aankom, is hulle deur twee gewapende mans genader wat hulle beveel het om op die grond te lê terwyl hulle hul persoonlike besittings gebuit het.

’n Skoot het afgegaan en die man is in sy bors getref. Die mans het daarna van die toneel gevlug.”

Die twee mans is agt dae na die voorval vasgetrek. Hulle is aangekla van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede sowel as die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

“Die aantal voorvalle waar motoriste vanaf die lughawe na hul bestemmings agtervolg en beroof is, het tydens die 2017-’18-boekjaar veral begin toeneem.”

Muridili sê ʼn gesamentlike operasionele span by die OR Tambo Internasionale Lughawe het ingegryp en sedertdien het die soort voorvalle ’n konstante afname begin toon. Geen gevalle is die afgelope paar maande gerapporteer nie.

“Die skuldigbevinding en vonnisoplegging van hierdie twee mans sal misdadigers wys dat sulke misdaad nie geduld word nie.”

Enige soortgelyke misdaad kan by die polisie gerapporteer word deur die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Natuurlik sal daar nie in die afgelope paar maande nie enige gevalle wees nie…

Casper ·

Logies,want daar was nie vlugte vir die afgele amper sewe maande nie en dus nie passassiers nie.Dit is nou hoe daar gevonnis moet word en niks word gelyklopend uitgedien nie.Dankie judge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.