Twee leerders geskors ná boelievideo die lig sien

(Argieffoto)

Twee leerders aan ʼn KwaZulu-Natalse hoërskool is geskors nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe ʼn ander leerder geboelie word.

Volgens die provinsiale departement het die voorval by Matole High School plaasgevind. Die video wat wyd op sosiale media versprei is, wys hoe ʼn meisie ʼn ander meisie onder meer slaan en skop. Twee leerders is intussen in verband met die voorval geskors.

“Die skoolbeheerliggaam is opdrag gegee om die dissiplinêre proses binne sewe skooldae af te handel. Die leerder wat die slagoffer van die boelies was, kry tans berading. Daar is ook berading beskikbaar gestel vir ander leerders wat deur die voorval geraak word,” het die departement gesê.

Die slagoffer word bygestaan om ʼn klag by die polisie aanhangig te maak. Die departement poog intussen om die video van sosiale media verwyder te kry.

“Ons wil graag ʼn beroep op lede van die publiek doen om nie die vernederende video te versprei nie aangesien dit net meer skade aan die slagoffer se waardigheid sal aanrig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Agge nee ·

O nee a a. Hierdie video is so wyd en syd gedeel, dat hulle groter kans staan om die wind in ‘n sif te vang. Dit was op ons hoofdegroep in die Limpopo en sover ek kan vasstel, het ongeveer elke tweede onderwyser dit al gesien en gedeel. Ek was so gewalg deur hierdie voorval, dit voel vir my ons maak geen vordering in die opvoeding van ons leerders nie. Lewensoriëntering is ‘n vrugtelose poging.

Danie ·

En daai aanvaller gaan die grootste geraas maak wanneer sy eendag ‘n pak slae ontvang.

Dries ·

Dis omdat die gewildste tv programme deesdae “realiteits”-reekse is waar mense (gewoonlik vroue) mekaar heeltyd gryp en klap wanneer hulle nie saamstem oor goed nie. En dit word as vermaak gesien. Dit help ook nie dat ‘rolmodelle’ op sosiale media hulle ‘vyande’ soms so aanval nie, ek dink maar aan die gewilde Cardi B en Niki Minaj. Sulke gedrag behoort veroordeel te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.