Twee motorfietsryers sterf in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee motorfietsryers is dood nadat hulle deur ‘n bakkie getref is by die Winklespruit-afrit op die N2-noord in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het omstreeks 19:00 Saterdagaand plaasgevind.

Volgens Botha het die twee motorfietsryers in die pad gelê met paramedici se aankoms op die toneel. Hy sê albei is vermoedelik op slag dood weens veelvuldige beserings.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.